► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

Besoekers aan Wes-Kaap gewaarsku

Op sosiale media word binnelandse besoekers aan die Wes-Kaap gewaarsku dat misdaad ook daar gedy en dat hulle nie hul waaksaamheid moet verslap nie. Voorvalle van misdaad word aangehaal wat nie in die gewone media gerapporteer word nie, soos ‘n bende swart vroue met messe wat verlede week in die damestoilette van die Tygervallei Sentrum op inkopiegangers toegeslaan het en hulle van hul beursies, selfone, horlosies en juweliersware beroof het.

Voorts word vertel van 'n bejaarde Switserse egpaar wat verlede maand in die Kaap vakansie gehou het en op hul laaste dag op Noordhoekstrand deur 'n swart rower met 'n mes aangeval en beroof is. Albei het in die intensiewe sorgeenheid met ernstige meswonde beland. Mense wat dit gesien gebeur het en hulle te hulp gesnel het, het die Polisie en ambulans gebel, maar slegs laasgenoemde het reageer. Later het die Polisie ontken dat hulle ooit ontbied is.

Wat wel in die media gerapporteer is, is van die 87-jarige Mett Smuts wat deur ‘n halfoop motorvensterruit van haar hangertjie beroof is en wat daarna skynbaar van skok en trauma gesterf het. Dit is duidelik dat geweldsmisdaad ook in die Wes-Kaap so die norm geword het dat slegs die oortjies van die seekoei die media haal.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top