► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Moontlik miljoene weg by Mangaung Metro

Volgens vrae wat die DA in die Mangaung Metro Munisipaliteit gevra het, wil dit voorkom of miljoene rand by die munisipaliteit verduister kon gewees het. Hoewel presiese syfers moeilik verkrygbaar is, lyk dit asof die Metro vir Bloemwater ongeveer R560 miljoen skuld – geld wat deur belastingbetalers betaal is, maar nie deur die Metro oorbetaal is vir die doel waarvoor dit ontvang is nie. Intussen sukkel die Metro met kontantvloei soveel so dat talle dienste nie gelewer kan word nie, leweransiers nie betaal kan word nie en instandhouding nie gedoen word nie.

Dit laat weer die vraag opkom: Waar is die watergeld? Intussen rantsoeneer Bloemwater die Metro weens die agterstallige betalings, met die gevolg dat inwoners nie die water of al die water kry waarvoor hulle betaal het nie.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top