►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

VBS: Grootste bankroof nog in SA

Die plundery van die VBS Mutual Bank wat pas briljant oopgevlek is deur adv. Terry Motau in sy verslag getiteld “The Great Bank Heist” waaruit blyk dat sowat R2 miljard  deur sowat 30 “begunstigdes” geplunder is, kom loshande neer op die grootste bankroof in die geskiedenis van die land.  Wat dit in kort op neerkom, is dat die bank geskep is as 100% vir swartes en dat vooraf gereël is dat munisipaliteite en staatsondernemings soveel as moontlk geld in die bank sal inbetaal as sg. beleggings, maar dat dit aan die ander kant op misdadige wyse deur die uitvoerende hoof van die bank Andile Ramavhunga na die begunstigdes gekanaliseer sal word.

In die verslag van Motau, opgestel op versoek van die Reserwe Bank Omsigtigheidsowerheid, word die korrupte transaksies in detail aangedui, terwyl die name van al die skurke ook uitgespel word.  Onder diegene is o.a. Brian Shivambu, broer van die adjunk-leier van die EFF Floyd, wat ‘n uitbetaling van R16 miljoen van die bank ontvang het; daarvan het hy aan Floyd R10 miljoen oorbetaal, waarvan Floyd weer R1,3 miljoen in die rekening van die EEF oorbetaal het.

Wie ook nog prominent in die verslag figureer, is oud-pres. Jacob Zuma en sy Nkandla-landgoed, asook die Vhembe-koning, Toni Mphephu Ramabulana, om slegs enkeles te noem.

Dus is die hele VBS-sage een massiewe misdaadprojek t.b.v. sg. swart bemagtiging. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top