Print this page

SAID-katnes deur Nugent-kommissie oopgevlek

Ewe opspraakwekkend is die getuienis wat voor die Nugent-kommissie van ondersoek na die SA Inkomstediens (SAID) tydens die bestuurskap van geskorste kommissaris Tom Monyane.  Daaruit blyk dit dat Zuma op gedwonge wyse in September 2014 vir Monyane, 'n voormalige hoof van die SA Korrektiewe Dienste en met geen ouditeurservaring nie, plek gemaak het by die SAID as kommissaris. 

Dit is gedoen met die uitsluitlike doel dat Monyane die SAID moes korrupteer en omskep in 'n misdaadnet ten einde om ongemagtigde transaksies te kanaliseer en belastingontduiking vir bepaalde begunstigdes te bewerkstellig.  In die proses het Monyane ontslae geraak van spesialiseenhede in die SAID wat ongerymdhede ondersoek en aan die kaak stel.   Dit het meegebring dat die SAID ongelooflik geërodeer is en wanfunksioneel gemaak is, met bv een van die gevolge dat die stelsel van e-Filing in die SAID binne twee jaar ineen kan stort indien dit nie dringend opgegradeer word teen sowat  R1 miljard nie.

Inmiddels het regter Nugent in ‘n voorlopige verslag aan pres. Ramaphosa gesê dit was ‘n ramp om Monyane aan te gestel het en dat aanbeveel word dat hy so spoedig moontlik afgedank word. Samevattend wil dit voorkom op hierdie stadium uit die verskillende prima facie getuienisse voor die Zondo- en  Nugent-kommissies dat Jacob Zuma i.t.v. omvang van misdaad waarskynlik die grootste krimineel in die SA geskiedenis is.

Gradeer die artikel
(0 stemme)