Print this page

Vrystaat net ʼn dop

In ʼn sekere sin is van ʼn regeringsadministrasie in die Vrystaat net ʼn dop oor nadat voormalige Ace Magashule en sy trawante 2009 tot 2017 daarmee klaar is. Die lys van korrupsie en diefstal van staatsgeld kan ʼn paar boeke vul. Enkele van hierdie “monumente” is die volgende:

  • Die omstrede Estina suiwelplaas waarin die Vrystaatse regering sowat R220 miljoen belê het, is pas verbeurd verklaar aan die staat omdat daar niks op die plaas aangaan en daar feitlik geen bates op is nie.
  • Die omstrede visteelprojek by Gariepdam tussen die VS-regering en Chinese en waarin meer as R1 miljard belê is, het nog nie ʼn enkele vis opgelewer nie.
  • Te Trompsburg is die Albert Nzula Distrikshospitaal teen sowat R380 miljoen gebou, maar na sowat agt jaar word tans met uiters beperkte fasiliteite slegs 30 pasiënte daar behandel.

Tans is Magashule sekretaris-generaal van die ANC en spreek dit boekdele van wat verwag kan word van die organisasie en van vervolging vir die massiewe korrupsie.

Gradeer die artikel
(0 stemme)