► MRK besluit om sy hoof van regsdienste Buang Jones te ondersoek en te verbied om weer met media te praat oor sy voortydige en rassistiese kommentaar oor Eben Etzebeth-saak ► Volgens die organisasie ToekomsVonk was daar vanaf 1 Januarie vanjaar tot 30 September 350 plaasaanvalle en 41 plaasmoorde in SA, oudste slagoffer 96 jaar, gemiddeld 4 aanvallers per voorval, met in een geval 20 aanvallers ► Volgens syfers van Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga is daar tans 1 126 openbare enkelmedium Afrikaanse skole in die land, teenoor 1 279 in 2017; 1 112 openbare skole dubbelmedium in Afrikaans en Engels, dus tans 2 238 skole wat onderrig in Afrikaans ► Universiteit van Vrystaat weier om erflating te aanvaar vir ’n “blanke, behoeftige, talentvolle student”; hooggeregshof in Bloemfontein staan aansoek van FNB toe dat “blanke” uit die testament geskrap word ► NG Kerk Algemene Sinode besluit om formulering van beleid oor selfdegeslagverhoudings van heel vooraf te begin ► Terwyl sommige banke takke sluit, kondig FNB aan dat dit vanjaar 7 takke gaan open in Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Wes-Kaap ► Ter viering van 70-jaar van Kommunisme in China vertoon Chinese weermag in Beijing skrikwekkende interkontinentale wapentuig – sien videogreep ► Ditsem Nuus besig om spesiale fokus saam te stel getiteld Tuisskoling: Oplossing vir onderwyskrisis in die land – enige diensverskaffer of rolspeler in die bedryf wat inset wil maak, skakel 082 773 2150 of advertensies@ditsem.net ► Projek VatVyf kry reaksie op beplande projek Operasie Brandhout om blanke Afrikanermeisies en -vroue in Nigeriese seksslawehandel in die land te probeer bevry, nog medewerkers / ondersteuners / finansiering benodig – skakel 053 207 0127 of epos projekvatvyf@gmail.com – sien videogreep ►
×

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 42

Mensehandel floreer in SA

Volgens syfers wat onlangs deur internasionale bronne soos die LexisNexis Human Trafficking Awarenes Index, die WFF Global Slavery Index en die Walk Free Foundation vrygestel is, floreer mensehandel oftewel “hedendaagse slawerny” in Suid-Afrika.

Dit blyk verder dat ook blanke Suid-Afrikaners in toenemende mate as slagoffers hiervan ingetrek word. Na betroubare raming is daar jaarliks in SA meer as 100 000 slagoffers van mensehandel, waarvan die meeste meisies onder die ouderdom van 18 jaar is.

Die kategorieë waarin mensehandel plaaslik sowel internasionaal hoofsaaklik voorkom, is prostitusie, seksslawerny, gedwonge huwelike en kinder- en volwasse arbeid. Internasionaal is die meeste slagoffers van mensehandel meisies tussen die ouderdomme van 5 en 15 jaar en volgens UNICEF, die VN Organisasie vir Kinders, word ongeveer 1,2 miljoen kinders jaarliks in mensehandel opgeslurp. Die helfte hiervan is afkomstig uit Afrika, met na raming sowat 30 000 kinderprostitute in Suid-Afrika alleen.

In SA word meisies hoofsaaklik vir kommersiële seksuele uitbuiting ontvoer, terwyl seuns hoofsaaklik vir straatverkope en kinderarbeid misbruik word. Daar is ook sterk oorgrensverkeer van persone vir doeleindes van mensehandel tussen SA en sy buurstate, veral Mosambiek, Swaziland, Zimbabwe, Zambië, ens., terwyl florerende mensehandel ook tussen SA en verskeie Verre Oosterse lande soos Thailand, Viëtnam, Kambodja, ens, plaasvind.

Lande in globale konteks wat egter die grootste sondebokke met mensehandel is, is Indië China, Pakistan, Oesbekistan en Rusland – gesamentlik is hierdie lande verantwoordelik vir ingeveer 61% van die nagenoeg 35,8 miljoen slawe in die wêreld. Vanweë die troebel en gekamoefleerde aard van die onderwerp stem syfers nie altyd ooreen nie, maar dit blyk betroubaar dat mensehandel die afgelope tyd met ongeveer 40% per jaar toeneem.
In SA is veral Nigeriërs betrokke by mensehandel en word in die praktyk gevind dat toenemend blanke meisies ook in hul kloue beland. Dit is gewoonlik meisies met problematiese huislike agtergrond wat met dwelms eksperimenteer en dan al dieper ingetrek word. Meesal word die meisies gevange geneem en word onder dwang met sterker dwelms ingespuit totdat hulle verslaaf is en dan word hulle tot prostitusie gedwing deur hul hanteerders.

Verdere redes waarom blanke meisies uiteindelik in prostitusienetwerke en mensehandel verval, is die “kultuur” van sogenaamde kuierplekke of klubs waar deur tieners hewig gedrink en losse sedes bedryf word, groepsdruk op skool en dan ook die kwessie van finansiële oorlewing onder toenemende blanke armoede.

In die strate van stede soos Pretoria, Bloemfontein, Johannesburg, Kaapstad, Durban, ens. is voorbeelde van ook blanke meisies in prostitusie en mensehandel gereelde verskynsels. Uit 'n blitsopname wat Ditsem Nuus gemaak het, wil dit voorkom asof die persentasie van blanke meisies en vroue in hierdie opsig tot so veel as 25% van alle gevalle kan beloop. Indien in ag geneem word dat blankes slegs ongeveer 8% van die totale SA bevolking uitmaak, dan wil dit lyk asof die persentasie blanke meisies in prostitusie en mensehandel relatief hoog is en dat hulle trouens in hierdie verband geteiken word.

Aan die positiewe kant is daar egter ook mense en instansies wat spesifiek werk om meisies uit die kloue van mensehandel en dwelmmisbruik uit te kry, soos bv. Projek Thessa van die Torings van Hoop-bediening in die middestad van Bloemfontein, asook die bediening van die CRC-kerk in Bloemfontein en elders in die land. Sukses is egter moeilik om te behaal, terwyl eintlik slegs die spreekwoordelike spits van die ysberg aangespreek word.

'n Verdere ligpunt in SA is egter dat in 2013 vir die eerste keer doelontwerpte wetgewing aanvaar is ter bestryding van mensehandel, nl. die Wet op Voorkoming en Bestryding van Handel in Persone. Die wet, wat voorsiening maak vir 'n maksimumstraf van R100 miljoen of lewenslange gevangenisstraf of albei in geval van skuldigbevinding, verskaf 'n wetlike raamwerk waarbinne die nodige wetstoepassing gedoen kan word.

Daar word gesê dat mensehandel die snelgroeiendste misdaad in die wêreld is en dat dit sodanige afmetinge aangeneem het dat slawerny vandag in die wêreld groter is as ooit te vore in die geskiedenis.

Hoe dit ookal sy, die publiek word aangemoedig om betrokke te raak by die bekamping van hierdie verskriklike en groeiende euwel. Wat nodig is, is Christelike vrywilligers wat bereid is om opgelei te word binne bestaande bekampingstrukture, terwyl daar 'n groot nood is vir finansiële ondersteuning aan instansies wat betrokke is by die bestryding van die euwel. In hierdie verband kan te Bloemfontein vir Esmé van Torings van Hoop geskakel word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top