►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Seriti oor wapenaankope gedaag

Die burgerreggroepe Corruption Watch (CW) en die Right2Know Campaign (R2K) het aangedui dat hulle die verslag van die Seriti Kommissie van Ondersoek oor die beweerde massakorrupsie met die wapenaankope deur die SA regering gedurende die sowat eerste 15 jaar van die nuwe bedeling ná 1994 in die Noord-Gautengse afdeling van die Hooggeregshof in September vanjaar gaan betwis. Vroeër het die Seriti-kommissie bevind ná ‘n ondersoek van drie jaar teen ‘n koste van meer as R100 miljoen dat daar geen noemenswaardige korrupsie met die wapentransaksies van miljarde rand plaasgevind het nie. Volgens die voornemende applikante is die doel van die hofaansoek nie om ‘n nuwe ondersoek aan te vra nie, maar te versoek dat bevind word dat die verslag nie aan die mandaat van die kommissie voldoen het nie. Volgens CW en R2K was die Seriti ondersoek uiters gebrekkig en onreëlmatig en het dit nie agter die kap van die byl gekom van wat na bewering een van die grootste gevalle van korrupsie was in die geskiedenis van SA.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top