► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Moord en Verkragting (46)

Met dat dit met Suid-Afrika as land so sleg gaan soos nooit in die geskiedenis, is so baie mense in die land desperaat vir goeie nuus en dit is presies wat die Springbokke vir hulle in die afgelope Rugby WB gebring het. Dit gaan nie soseer oor die wen nie, maar die kliniese en professionele wyse waarop die Bokke met Rassie Erasmus as argitek dit gedoen het.

Die strategie van Erasmus in opbou tot en tydens die toernooi was meesterlik en het hy uiteindelik met ʼn baie fikse span die teenstanders op die hoogste vlak op ʼn streep uitoorlê. Ons kon nie help om saam te juig toe die twee anderskleurige vleuels die veldtog van die Springbokke skitterend afgerond het nie.

Op tuisbodem het die sege van die Bokke mense oor alle volks-, rasse- en klassegrense verstommend verenig, maar dit is ongelukkig so dat sake tans oordryf word tot ʼn punt waartoe van rugby en spesifiek die goue wêreldbeker ʼn afgod gemaak word. Daar is groot waardering vir die getuienis van sommige soos die kaptein Siya Kolisi dat dit alles die genade van die Here is, maar ʼn groot deel van die massa gaan, meesal uit onkunde, oorboord en maak van die situasie afgodediens.

Die grootste sondebok in die situasie is egter die liberale media en spesifiek ook die hoofstroom Afrikaanse media, wat die aangeleentheid tot histeriese proporsies opblaas. Vir hulle is dit ʼn geleentheid om te probeer wys dat die kunsmatige mengelmoes van Suid-Afrika, wat andersins klaaglik misluk het, tog kan werk.

Ironies is dit dat tydens die WB toernooi en in die afloop in die o.a. die volgende plaasgevind het:

  • Terreuraanval by Marloth Park langs Kruger Wildtuin, Nederlandse vrou Alberta van der Meer (74) en Belgiese man Koen Colliers (53) in aanval deur vyf swart mans wreed vermoor deur versmoring met lappe en chemiese middel in hul monde geprop.
  • Rina Spangenberg (86), weerlose bejaarde weduwee van Warrenton in haar huis oorval, verkrag en doodgeslaan.
  • Anton Pitout (42) by Normandien, Newcastle, deur bende swart aanvallers oorval en met knopkieries en ander voorwerpe byna doodgeslaan, maar oorleef.
  • Graaff-Reinet, lyk van Julian Lukas (63) in kombers buite haar huis gevind.
  • Wesley Sweetnam (30), sakeman en landloopatleet van Noordhoek, Kaapstad, tydens rooftog in sy huis doodgeskiet.
  • Plaasaanval te Zandfontein, Brits, Noordwes, gewapende aanvallers vergiftig honde, sny bande van voertuig stukkend en rand huisbewoners aan.
  • Plaasaanval by Middelburg, Mpumalanga, egpaar oorval deur onbekende aantal aanvallers, aangerand voertuig en huissleutels geroof.
  • Plaasaanval by Bultfontein, Gauteng, twee gewapende aanvallers op kleinhoewe, een werker aangerand en ander een verkrag.
  • Plaasaanval by Stella, Noordwes, slagoffers oorval deur onbekende getal aanvallers, voertuig en vuurwapens geroof, maar teruggevind in opvolgoperasie.

Dit is ‘n geweldige uitdaging om te midde van hierdie aardskuddende gebeure en botsende emosies Christelik nugter en ewewigtig te bly.

Ditsem Nuus het in besit gekom van ʼn videogreep hoe Nigeriese dwelmsmouse in feitlik elke stad in die land ook blanke meisies, sommige so jonk as 12 jaar, in hul mag kry deur geforseerde dwelminspuitings en hulle dan op gewetenlose wyse as seksslawe misbruik. Dit is 'n uiters skreiende praktyk en iets wat die blanke in SA nog nie vantevore beleef het nie.

Dit is kom neer op ‘n klad op die naam van die Afrikanervolk en het Ditsem Nuus 'n passie dat die situasie spoedeisend verbreek moet word. Derhalwe is begin om ‘n landswye projek genaamd Operasie Brandhout van stapel te stuur

om meisies en vroue uit hierdie barbaarse greep te verlos.

Vir meer besonderhede, skakel 071 558 0855 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Die skrikwekkende afmetinge wat die moordsyfer in Suid-Afrika aanneem, is in 'n verslag van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) verlede maand aan die orde gestel en waarin aangedui word dat die jongste SAPD misdaadstatistiek tesame met vorige statistiek toon dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 mense vermoor is en 1 miljoen verkragtings plaasgevind het. Dit beteken oor die afgelope 25 jaar gemiddeld sowat 20 000 moorde per jaar oftewel 1 670 per maand of nagenoeg 55 per dag.

Wat die tragiek van hierdie statistiek des te erger maak, is 'n terugflits op TV van die Rugby Wêreldbekereindstryd in 1995 op Ellispark en die euforie op die gesigte van die toeskouers en mense in die strate. Almal reken dat met die nuwe staatkundige bedeling het vir SA die paradys as’t ware aangebreek, maar min het kon dink dat mettertyd gaan 'n halfmiljoen landsburgers vermoor word, talle van hulle op die mees gruwelike wyse.

Normaalweg wil 'n koerant nie sulke negatiewe nuus publiseer nie en word die volle impak eerder half verdoesel. Dit is die neiging in die hoofstroommedia in die land en daaroor kan gevra word, is dit om mense te sus, of het mense net gewoonweg algaande meer gevoelloos geword?

Nietemin, hier kom 'n uiters tragiese toneel na vore – 'n toneel wat vir blanke landsburgers en spesifiek vir Afrikaners nog ontstellender word indien dit verder ontleed word. Dit blyk naamlik dat van die groot getal moorde op blankes dit na raming in 95% van gevalle deur swartmense gepleeg word, terwyl aan die ander kant die persentasie wit op swart moorde onbeduidend klein is.

Sonder om ras 'n faktor te maak, is dit wat die harde feite toon: Volgens statistiek van TLU SA vanjaar vrygestel, is 1 125 plaasaanvalle tussen 1990 en 1999 aangemeld, 1 407 plaasaanvalle in 2000 – 2009 (styging van 22%) en 2 616 plaasaanvalle vanaf 2010 – 2 019 (toename van 60%) – in totaal 5 148 plaasaanvalle. In hierdie aanvalle, baie waarvan noodlottig was, was dit bykans 100% swart op wit, terwyl in 'n klein getal dit swart op wit was en feitlik 0 wit op swart.

Volgens die organisasie ToekomsVonk was daar vanjaar vanaf 1 Januarie tot 30 September 350 plaasaanvalle en 41 plaasmoorde in SA, met die oudste slagoffer 96 jaar en was daar gemiddeld 4 aanvallers per voorval, met in een geval 20 aanvallers. Die swart-wit ratio bly min of meer dieselfde.

Tot hier is net met plaassyfers gedeel, maar deurentyd gaan ook moorde en aanvalle in dorpe en stede op blankes onverpoosd voort, 'n idee waarvan verkry kan word indien gelet word op die volgende lys gepubliseer deur South Africa Today News van moorde net in September en vroeg Oktober 2019 in stede en dorpe in soverre kennis gedra word:

  • Gert Pretorius van Vryheid, KZN - doodgeskiet en sy bakkie gekaap nadat hy na 'n lokasie gelok is onder voorwendsel van klandisie vir sy aluminiumonderneming.
  • Galoopy van Staden, sakeman van Meyerton, Gauteng - doodgeskiet deur 'n kaper, moontlik ook onder voorwendsel van voorgenome klandisie.
  • Shaun Krull, - boer op sy plaas in Oos-Kaap doodgeskiet.
  • Miemie Frost (72), bejaarde vroueboer op haar plaas in Bethlehem, Vrystaat, haar lyk in plaaslike begraafplaas gestort.
  • Tiaan van die Wes-Kaap - sy van onbekend, maar sy lyk is in 'n park met meswonde gevind.
  • Wynand Labuschagne (27), doodgeskiet deur rowers in sy woonstel in Brentwood Park, Kemptonpark.
  • John Barnard (83), Gouritsmond, Suid-Kaap, afgetrede predikant, in sy huis vermoor.
  • Peter Henson (80), in sy huis in Sedgefield, Wes-Kaap vermoor.
  • Karen Turner (31), doodgesteek in 'n gastehuis in Hluleka Wildreservaat, Oos-Kaap, terwyl sy en haar man Matthew geslaap het; sy was 3 maande swanger en hul 23 maande oue seun Hayden was ook in die kamer; Matthew kritiek maar oorleef steekaanval.
  • Florence Dilworth (55) van Durban gesteek en wreedaardig geslaan nadat sy niksvermoedend 'n taxi wou haal oppad kerk toe, maar wat inderwaarheid gekaapte voertuig was; haar lyk langs die pad gevind.
  • Barbara Joubert, naak en erg geslaan naby Daspoort-tonnel in Pretoria gevind, kort daarna in hospitaal oorlede.
  • Ryno Eagar van Witbank, met mes doodgesteek.
  • Christiaan Peens van Klerksdorp, skynbaar deur taxi doodgery, lyk eers 3 maande later naby ongelukstoneel gevind.
  • Gary Goslin (56), in sy huis met goeie veiligheid in Elandia, Klerksdorp, vermoor gevind.
  • Jeanette van Wyk (83) van Schweizer-Reneke, sterf aan hartaanval veroorsaak deur erge skok van inbrekers in haar wooneenheid in verswakte-afdeling van ouetehuis.
  • Delores Ireland (77), vasgebind en verwurg aangetref in haar huis Bluff, Durban.
  • Frik Roodt (66) , doodgeskiet tydens huisroof in sy huis in Empangeni, KZN.
  • Rina Groenewald (69), naakte liggaam verwurg gevind in haar oumawoonstel Henley-on-Klip, Gauteng.
  • Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping.
  • Agnes Elaine Burns (91) in Rosemary Landton (87) vermoor in aftree oord in Port Elizabeth, 5 verdagtes 4 mans en vrou in hegtenis, vrou versorger by oord.

Hierdie lys sluit uitdruklik nie die aantal plaasmoorde in wat gedurende dieselfde tydperk plaasgevind het nie en wat in 'n afsonderlike lys beskikbaar is – 'n lys wat grusame detail van dieselfde aard bevat. Die punt wat gemaak word, is dat 'n slagting deurlopend plaasvind, verreweg swart op wit en dat dit om verskeie redes toegelaat word om grootliks ongehinderd voort te gaan.

Derhalwe die volgende punt in die ontleding: Kan hierdie situasie inderdaad gesien word as 'n terreurveldtog? Wat is die agenda hieragter? Is hierdie in effek 'n onverklaarde burgeroorlog?

'n Derde punt in die ontleding is die menslike drama wat in hierdie situasie afspeel: Hoeveel leë plekke is nie gelaat aan gesinstafels, in families en in vriendekringe nie?   Hoeveel trauma lê nie opgesluit in hierdie voorvalle nie? Hoe diep lê die fisiese en emosionele letsels waarvan herstel moet word? Wat is die skade aan die ekonomie, aan gemeenskappe aan dierelewe, aan die natuur, ens.?

Die ontleding bring in die vierde plek 'n diepere ironie na vore en dit is om te let op bv. die huidige rasseherrie rondom die kop van die blanke Springbokrugbyspeler Eben Etzebeth. Nadat hy en vriende met bruin mense by ʼn kuierplek in ʼn onderonsie betrokke was en geen bewerings nog gestaaf is nie, word hy te midde van 'n mediabohaai deur die MRK by die Gelykheidshof aangekla van rassisme - dít terwyl nie in een enkele van die gevalle hierbo genoem, rassisme genoem is of 'n menseregtesaak aanhangig gemaak is nie.

Die ontleedmes kan selfs nog dieper ingelê word om, in die vyfde plek, te toon dat blanke mans deur o.a. Afrikaanse akademici uitgekryt word as die eintlike rassiste in die land. So het bv. prof. Anton van Niekerk van Stellenbosch in ʼn koerantrubriek die skuld vir rassewrywing in die land vierkantig op die skouers van spesifiek blanke mans geplaas. Dit is opgevolg in ʼn koerantbrief deur prof. Willie Esterhuyse ook van Stellenbosch waarin hy o.m. verklaar: “Wit rassisme is ʼn historiese, politieke, teologiese en sosio-ekonomiese verskynsel en ʼn werklikheid. Alle moontlike morele, politieke en maatskaplike kanonne moet daarop losgetrek word.”

Aan die hand van hierdie ontleding kan ten slotte gevra word, waarheen stuur hierdie situasie – die toekoms van Suid-Afrika as 'n land – uiteindelik af? Wat is die wyer implikasies? Wat gaan spesifiek die Afrikaner as volk doen met hierdie feite op die tafel? Dit is alles vrae wat tydsgebonde beantwoord moet word, want die patroon gaan onverpoosd voort en gaan die feite vir November en verdere maande waarskynlik dieselfde wees.

Die nuustoneel in SA die afgelope 10 dae is gekenmerk deur die Staatsrede van pres. Cyril Ramaphosa met die opening van die 6de Parlement, die kritiek en insette van opposisiepartye daarop en weer die repliek van Ramaphosa. Behalwe dat die radikales in die ANC ‘n slag geslaan het met die aanwysing van staatskapers en korrupte politici as voorsitters van Parlementêre portefeuljekomitees, is die politieke debat gekenmerk deur die toespraak van VF Plus leier Pieter Groenwald en die reaksie van die staatspresident daarop.

Groenewald het naamlik vir Ramaphosa uitgedaag om iets te sê oor die wreedheid van aanhoudende plaasmoorde en hom selfs genooi na ‘n begrafnis van ‘n slagoffer van ‘n plaasmoord, maar Ramaphosa swyg steeds soos die graf.

Wat sê dit? Dat Ramaphosa weet van die koverte betrokkenheid van regeringselemente by plaasmoorde – dus van medepligtigheid? Hierdie implikasie, wat nie ligtelik gemaak word nie, sny diep - ook vir die bepaling van die toekomskoers van die Afrikaner in hierdie land.

Die afgelope maand sedert die verkiesing op 8 Mei het aanvalle op plaasmense gepaard met koelbloedige moorde oorhand toegeneem en volgens syfers van TLU SA en AfriForum was daar in SA vanaf 1 Januarie tot en met 31 Mei 2019 184 plaasaanvalle en 20 plaasmoorde. Vir die tydperk sedert 1990 het dit die totaal op 2 453 moorde te staan gebring - 436 plaasmoorde in Gauteng, 381 in KZN, 352 in Mpumalanga, 334 in Noordwes, 311 in die Vrystaat, 233 in Limpopo 209, in die Oos-Kaap, 124 in die Wes-Kaap en 73 in die Noord-Kaap.

Al vir jare word gevra: Waar gaan dit eindig? Wat daaromtrent te doen? Steeds word gesê: So kan dit nie aangaan nie!

Die grusaamheid waarmee die aanvalle en moorde gepleeg word, verstom telkens en lankal word aanvaar dat dit in werklikheid terreur is, rassisme van die eerste graad en dat daar gekoördineerde beplanning agter sit wat nasionaal en internasionaal tot in die hoogste kringe strek. Pas het op ‘n mediakonferensie van AfriForum ‘n blanke vroulike slagoffer getuig: “Ons is gemartel vir vier ure. Ons is daardie nag gejag soos wilde diere. Ons is vasgebind, geskiet en verkrag.”

Dit is teen hierdie agtergrond dat die volgende uittreksel uit ‘n mediaverklaring van Front Nasionaal n.a.v. die sluipmoord op wynboer Stefan Smit van Stellenbosch die waarheid raakvat:

“Pas nadat Cyril Ramaphosa president geword het, in Februarie 2017, lewer hy sy eerste Staatsrede waarin hy onteiening van eiendom sonder vergoeding as regeringsbeleid bekend maak. Minder as ‘n maand daarna, in Maart 2017, begin die EFF met grondbesettings in Gauteng en verklaar sekere gebiede in die land as ‘prioriteitsgebiede’. Stellenbosch Distrik word vermeld. In Oktober van daardie jaar word Joubert Conradie vermoor op sy plaas by Kanonkop, sowat 14 km vanaf Stellenbosch. Dit lei tot die landwye Swart Maandag protesaksie.

“Tussen Maart en Augustus 2018 begin inwoners van Kayamandi digby Stellenbosch om onwettig hulle plakkershutte op te slaan in die wingerde van Louisenhof, die plaas van Stefan Smit. Hy moet hom herhaaldelik na die hof wend om die hutte te laat verwyder.

“In Junie 2018, dieselfde periode waarin die onwettige besetting van Stefan Smit se grond plaasvind, word Jeff Zettler, die aarbeiboer, aan die ander kant van Stellenbosch, minder as 20 km van Louisenhof af, vermoor. Op 25 Augustus 2018, te midde van Stefan Smit se stryd om die plakkers van sy grond af te hou, berig IOL en ander nuusagentskappe dat baie grond in Stellenbosch skielik in die mark is en dat grondpryse skerp gedaal het.

“Op 9 April 2019 nooi die boere van Stellenbosch vir pres. Cyril Ramaphosa om hulle toe te spreek op die landgoed, Beyerskloof. Dié gesprek word afgesluit deur ʼn emosionele verklaring waarin Ramaphosa bestempel word as die ‘gesalfde leier’ en ʼn man wat ten volle vertrou en gerespekteer moet word. Die vergadering is stapfastand van die woonhuis op Louisenhof.

“En by daardie woonhuis word Stefan Smit op ʼn soel Bolandse Sondagaand koelbloedig om die lewe gebring.

“Die skuld van sy dood kan voor die deur van veel meer as drie gemaskerde mans gelê word.

Die president en regering van Suid-Afrika moet ook in die bank staan. Dis hulle wat die duiwel losgelaat het met hulle beleid van onteiening sonder vergoeding, wat elke rondloper en geweldenaar laat dink dat daar maar gevat kan word na hartelus.

“Die radikale politici in Suid-Afrika wat links en regs uitlatings maak oor watter grond geprioritiseer moet word vir onteiening en met haargevulde uitsprake hulle volgelinge aanhits teen blankes, staan ook met Stefan Smit se bloed aan hulle hande. Hulle wie se uitsprake volgens die MRK nie haatspraak is nie.

“Die Afrikanerpolitici wat nog steeds die volk mislei met valse ondernemings en beloftes oor hoe die Nuwe Suid-Afrika verbeter kan word om minderhede te beskerm. Ons is slim genoeg om te weet dat dit in der ewigheid nie kan gebeur nie, maar hulle is slim genoeg om te weet dat jy die breë massa so maklik mislei met die gesigte en stemme van celebrities en soetklinkende ondernemings.

“Die mede-boere van Stefan Smit, wat ʼn Kommunis en oud-terroris om die nek geval het, wel wetende wat sy beleid is en hom tot ‘gesalfde’ verklaar het. Wat het hulle van hierdie kruiperige vertroue gekry anders as om hulself af te vra: Wie van ons is die volgende? Ook hulle moet in die bank verskyn.

“Ook ek moet myself afvra: As ek kyk na my keuses en my gebrek aan betrokkenheid… staan ek nie ook in die beskuldigdebank nie?”

In aansluiting by hierdie mediaverklaring dien die volgende grafiese vertelling op sosiale media hier herhaal te word, in omtrent die formaat van ʼn eietydse profesie:

“Van ons wou vlieëniers word. Party polisiemanne, brandweermanne, dokters, maanreisigers... Ag, noem maar op. Ons het met sterre in ons oë gedagdroom. Alhoewel ons verskillende drome gehad het, was daar ʼn gemeenskaplike faktor: Óm belangrik en beroemd te wees en eendag ’n verskil te maak.

“Toe ons hoërskool toe is, het baie hul drome tydelik opsygeskuif vir die groot roeping in ons lewe: Die Army. Ek onthou hoe ons met jeugweerbaarheidsperiodes toegespreek is deur manne in uniform met stukke gechroomde voëlmis en selfs ʼn piksteel of twee op hul skouers. Ek onthou die video’s wat ons gewys is van die rooi gevaar en van nonne wat eers verkrag en toe keelafgesny is.

“Almal wou dadelik recces of 32 Bataljon of bats join. Ons is vertel as die kommuniste, terroriste en geel mannetjies oorvat, gaan hulle dieselfde met ons ma's, meisies en sussies doen. Geen Boerseun sou so iets ooit toelaat nie. Baie van ons het aktiewe diens gaan doen en ek het seker van my beste buddies gemaak in die Weermag en later in die Polisie.

“Ek onthou nog as ons vir ʼn pas huistoe was en ʼn ou oom en tannie laai jou by die belenryna af, het die oom gewoonlik gevra net voor hy wegry: Boetie, skiet tog vir my ʼn tir wanneer jy weer kontak slaan.

“Ons het ons deel gedoen, maar ek het dag vir dag gesien hoe verdof die liggies van drome en ideale uit blanke jong soldate se oë - oë wat nie meer aan ʼn 18- of 19-jarige behoort het nie, maar aan ’n ou afgeleefde man. ʼn Jagter, ʼn realis...

“Ek het ook die glasige oë gesien van menige jongman wat die hoogste prys betaal het. Ek het die oë gesien van jongmanne wat vuur getrek het. Ek het die oë van ʼn bang kind daar gesien. Ek het die oë van ʼn malman daar gesien.

“Ek het die oë van helde gesien, maar ook die oë van manne wat eenvoudig nie verder kon nie. Dan het ek die oë gesien van manne wat ʼn uur of wat later ʼn einde aan hul lewens gemaak het. Hulle oë is die vensters na ʼn mens se siel. Dis waar. Tot op ʼn punt waar daar nie meer ʼn siel was om te sien nie.... daai duisend voet staar....

“Drank was daar volop en ekself het my skeefgesuip om te probeer cope. Ek was op baie begrafnisse in die laat 80s, vroeë 90s. Te veel! Vader hoor my. Ek het gesien hoe ma's, meisies, vrouens en pa's inmekaar sak by ʼn oop graf. Ek het gesien hoe klein kindertjies na hul pappas roep en agter die kiste in die graf wil afspring.

“Dit breek ʼn man en doof die laaste lig in jou oë. Ek onthou die absolute verslaentheid en woede toe ons land verkoop is in 94 aan die kommuniste, terroriste, barbare en die geel skreefoë.

“Vandag 20 jaar later bly ons in die Nuwe Suid-Afrika. Dit wat daai offisiere met die pikstele en gechroomde voëlmis op die skouers destyds voorspel het, het waar geword. Ons vrouens, meisies, sussies word verkrag en gemartel. Jong babas word in die kop geskiet.

“Die demone van gister lê nog in baie van ons mans se oë. By van die mans het daar nooit weer ʼn liggie begin flonker nie. Ek sien weer oral oor die land begrafnisse. Hierdie keer staan baie van ons mans langs oop grafte en kyk hoe sak vermoorde geliefdes se kiste weg in ʼn gat.

“Die witman was nog nooit die terroris en die aanstoker nie. Maar ek sien weer in baie van die pa's, broers, mans en seuns se oë daai selfde uitdrukking wat jy gesien het kort voor ʼn kontak. Haat, afsku, woede. En ek weet uit ondervinding: Pasop barbare! Julle maak ʼn monster wakker wat julle nooit kan stop nie.... Die vensters na die siel lieg nooit nie....

“Daar is niks so gevaarlik soos ʼn gewonde buffelbul, of ʼn man wat niks het om te verloor nie…..”

Suid-Afrika is vanoggend geskok en nogmaals verafsku deur die gruwelike moord op Stefan Smit, die boer van Louisenhof by Stellenbosch, gisteraand. Drie gemaskerde mans het om ongeveer 20:00 gisteraand op Louisenhof opgedaag en die boer vermoor.

Daar is egter heelwat meer agter hierdie saak as bloot net nog ‘n plaasmoord.

1)    Pas nadat Cyril Ramaphosa president geword het, in Februarie 2017, lewer hy sy eerste Staatsrede waarin hy onteiening van eiendom sonder vergoeding as regeringsbeleid bekend maak. Minder as ‘n maand daarna, in Maart 2017, begin die EFF met grondbesettings in Gauteng en verklaar sekere gebiede in die land as “prioriteitsgebiede” vir sulke beoogde besettings. Stellenbosch Distrik word vermeld. In Oktober van daardie jaar word Joubert Conradie vermoor op sy plaas by Kanonkop, sowat 14 kilometer vanaf Stellenbosch. Dit lei tot die landwye “Swart Maandag” protesaksie.

2)    Tussen Maart en Augustus 2018 begin inwoners van Kayamandi digby Stellenbosch om onwettig hulle plakkershutte op te slaan in die wingerde van Louisenhof, die plaas van Stefan Smit. Hy moet hom herhaaldelik na die hof wend om die hutte te laat verwyder.


3)    In Junie 2018, dieselfde periode waarin die onwettige besetting van Stefan Smit se grond plaasvind, word Jeff Zettler, die aarbeiboer, aan die ander kant van Stellenbosch, minder as 20 kilometer van Louisenhof af, vermoor.

4)    Op 25 Augustus 2018, te midde van Stefan Smit se stryd om die plakkers van sy grond af te hou, berig IOL en ander nuusagentskappe dat baie grond in Stellenbosch skielik in die mark is en dat grondpryse skerp gedaal het.

5)    Op 9 April 2019 nooi die boere van Stellenbosch vir Cyril Ramaphosa om hulle toe te spreek op die landgoed, Beyerskloof. Dié gesprek word afgesluit deur ‘n emosionele verklaring waarin Cyril Ramaphosa bestempel word as die “gesalfde leier” en ‘n man wat ten volle vertrou en gerespekteer moet word. Die vergadering is stapfastand van die woonhuis op Louisenhof.

En by daardie woonhuis word Stefan Smit op ‘n  soel Bolandse Sondagaand koelbloedig om die lewe gebring.

Die skuld van sy dood kan voor die deur van veel meer as drie gemaskerde mans gelê word.

Die president en regering van Suid-Afrika moet ook in die bank staan. Dis hulle wat die duiwel losgelaat het met hulle beleid van onteiening sonder vergoeding, wat elke rondloper en geweldenaar laat dink dat daar maar gevat kan word na hartelus.
Die radikale politici in Suid-Afrika wat links en regs uitlatings maak oor watter grond geprioritiseer moet word vir onteiening en met haargevulde uitsprake hulle volgelinge aanhits teen blankes, staan ook met Stefan Smit se bloed aan hulle hande. Hulle wie se uitsprake volgens die MRK nie haatspraak is nie.
Die Afrikanerpolitici wat nog steeds die volk mislei met valse ondernemings en beloftes oor hoe die Nuwe Suid-Afrika verbeter kan word om minderhede te beskerm. Ons is slim genoeg om te weet dat dit in der ewigheid nie kan gebeur nie, maar hulle is slim genoeg om te weet dat jy die breë massa so maklik mislei met die gesigte en stemme van “celebrities” en soetklinkende ondernemings. Ook hulle moet vanmore antwoord gee vir wat gisteraand op Louisenhof gebeur het, want ten koste van hierdie boer (en soveel ander) het hulle nog 5 jaar van tydmors vir eie belang gekoop.
Die mede-boere van Stefan Smit, wat ‘n Kommunis en oud-terroris om die nek geval het, wel wetende wat sy beleid is, en hom tot “gesalfde” verklaar het. Wat het hulle van hierdie kruiperige vertroue gekry anders as om vanmôre hulleself te vra: Wie van ons is die volgende? Ook hulle moet vanmôre in die bank verskyn.

Louisenhof het die potensiaal om die Slagtersnek van ons dag te word in ons volk se vryheidstryd. Dis te betwyfel of dit sal gebeur. Ons gaan ook nie deur die moord op Stefan Smit tot opstand en terugveg aangespoor word nie, want ons wil nie regtig nie. Ons is tevrede om maar net ons simpatie te betuig en verder te kla. So lank as wat ons nog ons luukses en geriewe, ons braaivuurtjie, ons rugbywedstryd op TV, ons dubbelkajuitbakkie het en die verskoning kan aanvoer dat ons enigiemand sal volg wat eerste leiding neem, is die moord op Louisenhof  niks anders as nog ‘n gruwelike voorval nie. Dis niks anders as maar nog ‘n boom wat uit ons bos gekap word nie. En daarom moet elkeen van ons vanoggend onsself afvra: As ek kyk na my keuses en my gebrek aan betrokkenheid…staan ek nie ook vanoggend in die beskuldigdebank nie?

Front Nasionaal betuig hiermee ons opregte meelewing met die Smit gesin van Louisenhof. Stefan was die vierde geslag op Louisenhof. Ons treur saam met julle.

Die burgerregte-organisasie AfriForum besoek die VSA om steun te werf teen grondgrype en plaasmoorde in Suid-Afrika. Ernst Roets, adjunk-hoof van AfriForum en Mariandra Heunis, ma van drie kinders en wie se man Johann voor sy gesin doodgeskiet is, vorm deel van die afvaardiging, wat verteenwoordigers van die Amerikaanse Senaat en Huis van Verteenwoordigers in Washington ontmoet.

Heunis deel nie net haar verhaal nie, maar bied ook ‘n perspektief en insig van hoe slagoffers deur plaasaanvalle getraumatiseer word. Haar verhaal is des te meer relevant in die lig van die ontkenning van pres. Ramaphosa vroeër in die VSA dat plaasmoorde in SA bestaan. Sy ontkenning kom neer op ’n skending van die waardigheid van duisende slagoffers wat self op plase aangeval is of wat geliefdes op hierdie manier aan die dood moes afstaan.

Volgens Roets, word daar nie van die VSA verwag om SA se probleme op te los , maar om in die openbaar standpunt in te neem teen ongeregtighede wat tans in SA plaasvind, ten einde sodoende druk op die SA regering uit te oefen om op te tree ter oplossing van die krisis. Die skakeltoer word in die komende week in New York voortgesit, met fokus op veral die media in die VSA.

Inwoners van die Wes-Kaapse dorpie Vredendal leef in vrees nadat ’n bejaarde vrou met ’n mes doodgesteek is in haar woning.

Martie Louw (77) is verlede Vrydag wreed in haar huis vermoor tydens ’n huisrooftog. Louw se lyk is deur haar skoonseun, Wilhelm Stemmet, gevind nadat sy nie bereik kon word nie. Daar was blykbaar geen gedwonge toegang tot haar huis nie. Louw is die tweede inwoner van Vredendal wat in minder as twee maande in haar huis vermoor is.

Volgens die vermoorde se skoondogter, het Louw einde Januarie na Vredendal verhuis nadat sy van haar handsak in ’n winkelsentrum in Blaauwberg beroof is.

’n 33-jarige man het gister in die landdroshof op aanklag van moord verskyn. Hy is Saterdag aangekeer met Louw se juweliersware in sy besit.

Inwoners sê die moorde maak hulle bang omdat Vredendal nog altyd ’n veilige dorp was en geen misdaad voorgekom het nie. Van hulle meen ook daar behoort ’n buurtwag in elke straat gestig word en dat elke buurt ’n WhatsApp-groep moet kry om mekaar te waarsku.

Die hofsaak na die opspraakwekkende sluipmoord op Louis Siemens (54), voormalige besturende direkteur van die CityMed Daghospitaal in Bloemfontein  op 10 Mei vanjaar, het reeds aan die lig gebring dat Siemens sedert 2015 omkoopgeld van sowat R5,6 miljoen betaal het in 'n poging om 'n lisensie van die Vrystaatse Dept. van Gesondheid te verkry vir uitbreidings aan die hospitaal.  Dit blyk dat Siemens vasgevang was in 'n web van omkopery wat strek vanaf voetsoolvlak tot op die hoogste regeringsvlak in die provinsie. 

Twee van die beweerde drie huurmoordenaars van Siemens is reeds inhegtenis geneem, terwyl nog gesoek word na die derde, wie se identiteit aan die Polisie bekend is.  Uit getuienis wat in die voorlopige hofsaak gelewer is, blyk dit dat die huurmoordenaars die moord die dag vooraf ter plaatse ingeoefen het en dat Siemens toe die volgende dag in die parkeergarage van die Preller Plein winkelsentrum doodgeskiet is.

Hoewel slegs bespiegelings op hierdie stadium, wil dit voorkom asof daar in die Vrystaat die afgelope jare ‘n yslike omkoopnetwerk tot stand gekom het waardeur staatstenders en – goedkeurings slegs verkry kon word indien mega omkoopbedrae betaal word aan 'n vertikale ketting van begunstigdes.

Nadat Louis Siemens (54), besturende direkteur van CityMed daghospitaal, in die Preller Plein parkeergarage trompop doodgeskiet is, sloer die ondersoek na die saak steeds. Hoewel dieselfde dag ʼn bekende tussenganger in sakekringe, Kibi Stanley Bakili (36), dieselfde dag in hegtenis geneem is vir die moord, het dit lank gevat voordat in September ʼn speurder van die SAPD en hofordonnans ook in hegtenis geneem is.

Dit is bekend dat Siemens vir ongeveer vier jaar gesukkel het om ʼn lisensie vir uitbreiding aan die CityMed daghospitaal te bekom by die Vrystaatse Dept. van Gesondheid en dat hy klaarblyklik ten einde laaste in totaal sowat R6 miljoen aan omkoopgeld aan Bakili oorbetaal het. Blykbaar het dit nog steeds nie die gewenste resultate gelewer nie en moes Siemens skynbaar in die proses met sy lewe boet.

Daar word berig dat die moord slegs die oortjies van die seekoei is van ʼn massiewe omkoperynetwerk in die Vrystaat en wat strek tot op die hoogste regeringsvlak in die provinsie. Skynbaar moet miljoene rand in omkoopgeld van hande verwissel voordat sekere staatstenders toegeken word en is vrees vir die oopvlek hiervan die rede waarom die ondersoek na die Siemens-moord so sloer.

Bladsy 1 van 4
Go to top