► Gister 16 Junie is Jeugdag amptelik in SA gevier ter herdenking van die Sharpville-opstand in 1960, maar dit is ook die herdenking van 16 Junie 1900 toe Lord Roberts proklamasie onderteken het vir inwerkingstelling van beleid van verskroeide aarde wat tot die lyding en dood van sowat 30 000 Boervroue, -kinders en bejaarde mans gelei het – kyk hierdie video ► Vir presies hoe die Anglo-Boere-oorlog 1899 – 1902 verloop het en hoe die Britse oormag die lyding van vroue en kinders misbruik het om die Boerekrygers tot oorgawe te dwing, volg hierdie skakel ► Ambassadeur vir SA in Denemarke Zindzi Mandela skel SA blanke burgers op Twitter uit vir “cowards” en “land thieves” en sê dr. Chris Barnard “learned the basics of heart surgery from his black gardener” ► AfriForum vra Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerkinge Naledi Pandor om Zindzi Mandela onmiddellik terug te roep en af te dank ► Furore oor Twitter-geskel van Zindzi Mandela omdat sy veronderstel is om alle Suid-Afrikaners te dien en sy betaal word met belastinggeld van alle Suid-Afrikaners ► Volgens konsepwetgewing tans voor Parlement Broad Based Black Economic Empowerment Amendment Bill word begunstiging van blanke vroue uitgehaal omdat hulle in die praktyk van die sg. benadeelde groepe die vinnigste in die SA ekonomie vorder – volg hierdie skakel vir meer besonderhede ► Met spanning in Midde-Ooste rondom Iran skiet goudprys op na $1 350/ons, hoogste in 14 maande ► Vakunie Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) kondig aan dat dit met onderhandelinge vir lone in platinumbedryf later vandeesmaand gaan vra vir basiese salaris van R17 000; AMCU verteenwoordig sowat 60 000 lede ► Berig dat SABC slegs salarisse betaal en nie meer enige diensteheffings aan Stad van Johannesburg en City Power betaal nie, vraag of SAUK volgende maand nog in bedryf sal wees ► Vragmotorbestuurder Bernard Groenewald wat by Touwsrivier so deur aanvallers met brandbomme bestook is, is in hospitaal aan sy wonde oorlede ► Die Voortrekkers o.l.v. dr. Danie Langner onthul op plaas naby Parys nuwe standbeeld van Die Penkop tesame met twee borde met name van 2 466 seuns tussen ses en 16 jaar wat dié oorlog oorleef het ► EPR veiligheidsbeampte, Christo Myburgh, te Krugersdorp oorval op perseel deur drie gewapende aanvallers vermoedelik zamas zamas en drie keer geskiet ► Vind by hierdie skakel passievolle pleidooi vir moedertaalonderrig, ook in Afrikaans, deur Johnell Pelser op sosiale media ►

Moord en Verkragting (42)

Die duisende blanke Suid-Afrikaners wat die afgelope 24 jaar vermoor is sedert die ANC-bedeling in 1994 in werking getree het, neig om 'n mens afgestomp te maak, maar jy kry perspektief indien die volgende harde feite in ag geneem word:

  • In meer as 95% van die gevalle is die moorde deur swartes gepleeg.
  • In vergelyking was daar bitter min moorde van blank op swart.
  • Die moorde was nie net op plase nie – wat die meeste aandag trek – maar meer blankes is op dorpe en in stede vermoor as op plase. Die totale syfer kan na raming sowat 6 000 beloop, d.w.s. bykans 1 per dag oor 24 jaar.
  • Meer as 90% van hierdie mense is in hul huise of op hul persele vermoor, d.w.s. onskuldige burgerlikes wat òf besig was met hul huishoudelike lewe, of geslaap het, of gewerk het.
  • Meer as 90% van die moorde was blatante en onverhoedse aanvalle en in feitlik geen gevalle het die moordenaars uit noodweer opgetree of was hulle enigsins onder dwang om te moor nie, soos bv. uit honger vir kos, of wat ookal, nie.
  • Die grusaamheid van die moorde verstom 'n mens – gepaard met marteling, verkragting, lykskending, barbaarse geweld, te erg om in woorde te beskryf.

Om 'n idee te kry van wat slagoffers al moes deurmaak en die trauma wat dit vir hul naasbestaandes tot gevolg moes gehad het, sien hierdie videogreep – maar wees gewaarsku, dit is nie vir sensitiewe kykers nie.

Wat is die oplossing? Daarop kan met baie woorde geantwoord word, maar een ding is seker, dit moet stop. Die bloed roep om bloed en die tyd vir verrekening het al lankal aangebreek.

Derhalwe is effektiewe aksie nou noodsaaklik. Na ons mening lê die sleutel daarin dat die Afrikaner dringend moet saamstaan en selfbeskikking daadwerklik opeis en opneem en in hierdie proses só met die ANC-bewind skakel, dat die Afrikaner self verantwoordelikheid vir sy lot neem. Dit kan nie meer by die regering of by enige iemand anders gelaat word nie.

Na volgehoue druk oor bykans 11 jaar deur die VF Plus, het die SAPD in antwoord op die soveelste Parlementêre vraag statistiek oor plaasaanvalle in die land sedert 2007 bekendgemaak. Uit die antwoord blyk dit dat daar 2012-18 ‘'n totaal van 3 059 plasaanvalle was, oftewel gemiddeld 509 per jaar en waartydens 338 mense vermoor is, oftewel gemiddeld 56 per jaar, d.w.s. minstens 1 per week

Wat die provinsies betref was die meeste aanvalle in die tydperk in Noordwes met 722 aanvalle en dan Gauteng met 644 aanvalle. Die meeste moorde in hierdie tydperk was egter in Gauteng met 69 moorde en Noordwes en KZN elk met 61 moorde.

In kommentaar sê die VF Plus: “Indien die syfers vergelyk word met ander beskikbare bronne, blyk dit redelik betroubaar. Dit is jammer dat daar onder die administrasie van oud-president Jacob Zuma ʼn sluier hieroor getrek is.”

Japie en Emma van den Berg en Jan Snyman2

In wat nie anders beskryf kan word as terreur nie, omdat daar geen provokasie, selfverdediging of betekenisvolle roof by betrokke is nie, was daar die afgelope paar dae nog twee terreurgevalle van swartes teen blankes. In die eerste geval is die afgelope Saterdagoggend Japie van den Berg (75) en sy vrou Emma (74) op hul plaas Noord-Langeveld in die distrik Hertzogville deur ses aanvallers oorval en erg aangerand. A.g.v. die blitsige optrede van die boereveiligheidstruktuur in samewerking met die SAPD is vyf van die aanvallers spoedig aangekeer.

In die tweede geval is die 28-jarige Jan Snyman van Hluhluwe in KZN deur 'n swart kollega sewe keer met 'n mes noodlottig gesteek omdat laasgenoemde ontevrede was oor sy salaris by hul gesamentlike werkgewer. Snyman was twee maande getroud.

Volgens 'n verslag van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD) aan die Parlement blyk dit dat talle lede van die SAPD wat in interne verhore skuldig bevind is aan verkragting en moord, slegs geskrewe of mondelinge waarskuwings of boetes ontvang het. Vir direkte insae in hierdie verslag, volg hierdie skakel.

Dit blyk dat 'n total van 150 SAPD-lede in hierdie verband in dissiplinêre verhore skuldig bevind is, maar slegs vermanings of ligte strawwe opgelê is. In 'n mediaverklaring sê die DA dat dit geskok is oor hierdie onaanvaarbare toedrag van sake en dat Minister van Bheki Cele aangesê sal word om voor 'n Parlementêre Portefeuljekomitee te verskyn en te kom verduidelik.

Inmiddels het die organisasie Corruption Watch in 'n voorlegging aan die Parlement aangedui dat dit sedert 2012 'n totaal van 1 165 klagtes oor korrupsie in die SAPD ontvang het, wisselende van mindere misdaad tot halsmisdade. Om hierdie verslag te sien, kliek hier.

Nog 'n terroriste-aanval op 'n plaas het op 19 Maart 2018 plaasgevind toe 'n plaasbestuurder (40) op die plaas Brandenburg sowat 5km vanaf Ladybrand aangeval en met messe doodgesteek is en sy vrou (39) verkrag is. Die aanvallers het met die motor en selfone van die egpaar gevlug, maar na 'n ongeluk met die motor te voet verder gevlug, vermoedelik na Lesotho toe.

Die vrou, wat vasgebind was, het daarin geslaag om los te kom en 4 km deur sonneblomlande gehardloop om hulp te ontbied. Die egpaar het drie kinders, ʼn dogter van 14 en twee seuns van 11 en 7 onderskeidelik.

Die name van die egpaar word weerhou hangende die ondersoek na die seksuele misdaad wat gepleeg is.

Volgens statistiek van die Transvaalse Landbou Unie (TLU) was daar einde Februarie 2018, 42 aanvalle en ses moorde op plase. Op 14 Februarie is Athol Harvey (80) en sy vrou Colleen (78) op hul plaas Weltevrede naby Spitskopdam in die Noord-Kaap aangeval, aangerand en beroof. Drie weke later het Athol aan sy beserings beswyk.

Net in die laaste week van Februarie is twee bejaardes wreed vermoor - die 72-jarige me. Hentie van der Vyver wat in haar plaashuis naby Ermelo oorval en verwurg is en die 68-jarige Hannes Christie van Coligny wat met vermoedelik ʼn byl doodgekap is.

Tot dusver in Maart is die land geruk deur die teregstelling van die 72-jarige Dirk Steenkamp net buite sy plaashuis by Vredefort op Sondagoggend 4 Maart. Steenkamp was 'n gerekende leierboer en gemeenskapsleier.

Verlede jaar was daar 423 plaasaanvalle in SA waarin 82 mense vermoor is en talle in aanvalle ernstig beseer is en 'n aantal vroue verkrag is. Dit kom neer op 35,25 aanvalle per maand – meer as een per dag oftewel elke 4,3 dae 'n plaasmoord.

Die bekende wyn- en kaasmaker, Charles Back van die Fairview Landgoed in die distrik Paarl is een van die talle onskuldige blanke burgerlikes wat in die jongste tyd slagoffers was van wreedaardige aanvalle in hul wonings, meesal in die middel van die nag. Back, wat die 2017 SA Boer van die Jaar is, is egter een van die gelukkiges wat met sy lewe daarvan afgekom het. Hy is erg beseer, maar het na hospitaalbehandeling teruggekeer na sy plaas om sy getraumatiseerde gesin en werknemers moed in te praat.

Talle van die ander slagoffers landswyd is bejaardes, sommige waarvan met knopkieries voos geslaan word, met messe gesteek word, met strykysters gebrand word en vir ure gemartel word. Ander slagoffers is mense in die fleur van hul lewe, soos Riane du Toit (44) by Sutherland en Liezel Nel (41) by Nelspruit. Die jongste plaasboerslagoffer is die 73-jarige Hans Meyer wat ondanks sy siektetoestand koelbloedig op sy plaas in die Secunda-distrik tereggestel is.

Die res is te veel om hier te noem, maar sosiale media gons van al die voorvalle, wat deesdae slegs by uitsondering die hoofstroommedia haal. Nietemin, om 'n idee in beeld te kry wat aangaan, sien meegaande foto-samestelling van enkele slagoffers.

Die bekende sakeman en boer Piet Els (86) en sy lewensmaat, Rikkie Alsemgeest (66), is op 23 Januarie 2018 op Els se plaas buite Kimberley deur vier aanvallers oorval en wreed aangerand en gemartel. Albei slagoffers is met ʼn strykyster gebrand en geslaan waarna hulle vasgebind en beroof is.

In sy reaksie op die aanval, sê dr. Wynand Boshoff, Noord-Kaapse VF Plus leier: “Die vraag kom altyd na vore of ons met ‘gewone’ of politieke misdaad te doen het. In hierdie verband moet mnr. Els se status as prominente grondeienaar rondom Kimberley in ag geneem word. Politici in die Sol Plaatje Munisipale Raad het oor die afgelope maande dikwels in verband met mnr. Els na onteiening sonder vergoeding verwys, as 'n manier om grond vir goedkoop residensiële ontwikkeling beskikbaar te verkry.”

Gister is Koos Benadie (66) op die plaas Puntlyf by Bronkhorstspruit deur aanvallers doodgesteek, terwyl sy seun Allewyn in die kop gewond is. Die kluis in die huis is met 'n hoeksnyer oopgesny en leeggemaak, terwyl die yskas en vrieskas met alles daarin ook saamgeneem is. Die moordenaars het die huis geplunder en selfs vonkelwyn gedrink voordat hulle met voertuie weg is.

In wat na raming die 4 001ste plaasaanval in Suid-Afrika is sedert 1994, is mnr. IW van der Merwe op sy plaas in die distrik Ceres in die Koue Bokkeveld aangeval en 20 keer met 'n mes gesteek, sy hare afgeknip, 'n plastieksak oor sy kop getrek, sy hande en voete met kabelbinders vasgemaak en hom vir dood gelos. Hy het wonderbaarlik oorleef, maar is in 'n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem.

Die vermoede bestaan dat Van der Merwe deur ʼn groep seisoenale werkers van Lesotho aangeval is en dat hulle na die aanval gevlug het. Die Polisie is nog besig met opsporing en ondersoek.

Sedertdien die afgelope naweek is 'n 69-jarige boer naby Vyfhoek in die Potchefstroom distrik Vrydagnag in 'n worsteling met aanvallers met 'n haelgeweer in die bors doodgeskiet, terwyl dieselfde nag die pa van twee dogtertjies in sy plaashuis naby Philadelphia, noordoos van Melkbosstrand in die Wes-Kaap deur vier aanvallers doodgeskiet is. Ten tye van die uitgawe van hierdie nuusbrief was die name van die slagoffers nog nie bekend nie.

Inmiddels het Minister van Polisie Fikile Mbalula gesê die huidige stappe om boere op plase te beskerm, is voldoende en dat geen spesialiseenhede vir landelike beveiliging beplan word nie.

 

Plaasaanvalle met hul kenmerkende doodslag, ernstige beserings en diep trauma duur onverpoosd voort met in die Vrystaat die 53ste plaasaanval vanjaar toe Johnny Muller van die plaas Kimberley in die Frankfort distrik Sondagnag, 24 September 2017, in die kop en in die nek geskiet is en ernstig verwond is. Hy en sy vrou en twee kinders het teruggekom nadat hulle by vriende op die dorp geëet het en hy buite die huis deur twee aanvallers oorval is.

Nadat die gesin aangehou is en van 'n vuurwapen en ander besitting beroof is, het die aanvallers met Muller se bakkie ontvlug. Laasgenoemde is steeds in die intensiewe eenheid van 'n hospitaal in Bloemfontein.

Intussen is twee verdagtes aangekeer i.v.m. die gru-aanval verlede maand op die bejaarde Cooks-egpaar naby Potchefstroom, wat in die aanval kaal uitgetrek en aangerand is en met kookwater en warm olie gebrand is. Twee selfone, 'n rewolwer, 'n diamant- en pêrelring en ongeveer R300 kontant is tydens die voorval geroof.

Cyril Cooks, seun van die egpaar vertel: “Die aanvallers het water gekook, olie op die stoof warm gemaak en my pa daarmee gebrand. Hulle het o.m. die olie op sy gesig en rug uitgegiet en dit het diep blase gebrand. Hulle het ook plastiek gesmelt en dit oor my ma se borste en maag gedrup.” Cooks snr. is later in die hospitaal aan sy beserings oorlede.

Voorts is dr. Mariëtte Emslie, wat verlede week saam met haar man en dogter op 'n plaas naby Ellisras oorval is, steeds in die hospitaal met veelvuldige wonde. Haar lewer het geskeur toe die aanvallers haar geskiet het. Haar man, dr. Werner Emslie is in die aanval doodgeskiet. Hul dogter Barbara, wat agt onderskeidings in Matriek gehad het, is so in die aanval getraumatiseer dat sy sukkel met haar studies op universiteit.

Bladsy 2 van 3
Go to top