► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►

Moord en Verkragting (43)

‘n Bekende Vrystaatse vrou wat haar lewe aan liefdadigheid gewy het, Annatjie du Preez (89) van Heilbron, is vermoor in haar huis aangetref. Twee kluissleutels, ‘n bankkaart en die huurgeld wat sy onlangs vir ‘n plaas naby Senekal ontvang het, is vermis. Du Preez is vermoedelik dood aan verwurging en daar was kneusings aan haar gesig en agterkop.

Sy was die weduwee van Tienie du Preez, voormalige direkteur van onderwys in die Noord-Vrystaat en burgemeester van Heilbron, wat in 2008 oorlede is. Annatjie du Preez was 58 jaar ‘n bestuurslid van die OVV (later die VVA) en het 40 jaar in die hoofbestuur gedien. Sy het onlangs gehelp om die Hervormde kerk in die dorp te restoureer en was ‘n ondersteuner van Die Voortrekkers. 

Bladsy 4 van 4
Go to top