►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Sakeman in sy huis vermoor

Jannie Lombaard (50), eienaar van die Shell-diensstasie in Leeudoringstad, is verlede Dinsdagaand in sy huis deur ses aanvallers doodgeskiet. Na berig word het die aanvallers Lombaard van die vulstasie af tot in sy huis gevolg, waar hulle hom na 'n worsteling doodgeskiet het.

Sy 82-jarige pa, Henk, die enigste ander inwoner van die huis, is ernstig aangerand met sy wangbeen gebreek en wonde aan sy gesig en kop. 'n Onbekende bedrag kontant en die rewolwer van Lombaard jnr. is geroof.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top