► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Moordsyfer in SA: Ontleding nog meer skrikwekkend

Die skrikwekkende afmetinge wat die moordsyfer in Suid-Afrika aanneem, is in 'n verslag van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) verlede maand aan die orde gestel en waarin aangedui word dat die jongste SAPD misdaadstatistiek tesame met vorige statistiek toon dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 mense vermoor is en 1 miljoen verkragtings plaasgevind het. Dit beteken oor die afgelope 25 jaar gemiddeld sowat 20 000 moorde per jaar oftewel 1 670 per maand of nagenoeg 55 per dag.

Wat die tragiek van hierdie statistiek des te erger maak, is 'n terugflits op TV van die Rugby Wêreldbekereindstryd in 1995 op Ellispark en die euforie op die gesigte van die toeskouers en mense in die strate. Almal reken dat met die nuwe staatkundige bedeling het vir SA die paradys as’t ware aangebreek, maar min het kon dink dat mettertyd gaan 'n halfmiljoen landsburgers vermoor word, talle van hulle op die mees gruwelike wyse.

Normaalweg wil 'n koerant nie sulke negatiewe nuus publiseer nie en word die volle impak eerder half verdoesel. Dit is die neiging in die hoofstroommedia in die land en daaroor kan gevra word, is dit om mense te sus, of het mense net gewoonweg algaande meer gevoelloos geword?

Nietemin, hier kom 'n uiters tragiese toneel na vore – 'n toneel wat vir blanke landsburgers en spesifiek vir Afrikaners nog ontstellender word indien dit verder ontleed word. Dit blyk naamlik dat van die groot getal moorde op blankes dit na raming in 95% van gevalle deur swartmense gepleeg word, terwyl aan die ander kant die persentasie wit op swart moorde onbeduidend klein is.

Sonder om ras 'n faktor te maak, is dit wat die harde feite toon: Volgens statistiek van TLU SA vanjaar vrygestel, is 1 125 plaasaanvalle tussen 1990 en 1999 aangemeld, 1 407 plaasaanvalle in 2000 – 2009 (styging van 22%) en 2 616 plaasaanvalle vanaf 2010 – 2 019 (toename van 60%) – in totaal 5 148 plaasaanvalle. In hierdie aanvalle, baie waarvan noodlottig was, was dit bykans 100% swart op wit, terwyl in 'n klein getal dit swart op wit was en feitlik 0 wit op swart.

Volgens die organisasie ToekomsVonk was daar vanjaar vanaf 1 Januarie tot 30 September 350 plaasaanvalle en 41 plaasmoorde in SA, met die oudste slagoffer 96 jaar en was daar gemiddeld 4 aanvallers per voorval, met in een geval 20 aanvallers. Die swart-wit ratio bly min of meer dieselfde.

Tot hier is net met plaassyfers gedeel, maar deurentyd gaan ook moorde en aanvalle in dorpe en stede op blankes onverpoosd voort, 'n idee waarvan verkry kan word indien gelet word op die volgende lys gepubliseer deur South Africa Today News van moorde net in September en vroeg Oktober 2019 in stede en dorpe in soverre kennis gedra word:

  • Gert Pretorius van Vryheid, KZN - doodgeskiet en sy bakkie gekaap nadat hy na 'n lokasie gelok is onder voorwendsel van klandisie vir sy aluminiumonderneming.
  • Galoopy van Staden, sakeman van Meyerton, Gauteng - doodgeskiet deur 'n kaper, moontlik ook onder voorwendsel van voorgenome klandisie.
  • Shaun Krull, - boer op sy plaas in Oos-Kaap doodgeskiet.
  • Miemie Frost (72), bejaarde vroueboer op haar plaas in Bethlehem, Vrystaat, haar lyk in plaaslike begraafplaas gestort.
  • Tiaan van die Wes-Kaap - sy van onbekend, maar sy lyk is in 'n park met meswonde gevind.
  • Wynand Labuschagne (27), doodgeskiet deur rowers in sy woonstel in Brentwood Park, Kemptonpark.
  • John Barnard (83), Gouritsmond, Suid-Kaap, afgetrede predikant, in sy huis vermoor.
  • Peter Henson (80), in sy huis in Sedgefield, Wes-Kaap vermoor.
  • Karen Turner (31), doodgesteek in 'n gastehuis in Hluleka Wildreservaat, Oos-Kaap, terwyl sy en haar man Matthew geslaap het; sy was 3 maande swanger en hul 23 maande oue seun Hayden was ook in die kamer; Matthew kritiek maar oorleef steekaanval.
  • Florence Dilworth (55) van Durban gesteek en wreedaardig geslaan nadat sy niksvermoedend 'n taxi wou haal oppad kerk toe, maar wat inderwaarheid gekaapte voertuig was; haar lyk langs die pad gevind.
  • Barbara Joubert, naak en erg geslaan naby Daspoort-tonnel in Pretoria gevind, kort daarna in hospitaal oorlede.
  • Ryno Eagar van Witbank, met mes doodgesteek.
  • Christiaan Peens van Klerksdorp, skynbaar deur taxi doodgery, lyk eers 3 maande later naby ongelukstoneel gevind.
  • Gary Goslin (56), in sy huis met goeie veiligheid in Elandia, Klerksdorp, vermoor gevind.
  • Jeanette van Wyk (83) van Schweizer-Reneke, sterf aan hartaanval veroorsaak deur erge skok van inbrekers in haar wooneenheid in verswakte-afdeling van ouetehuis.
  • Delores Ireland (77), vasgebind en verwurg aangetref in haar huis Bluff, Durban.
  • Frik Roodt (66) , doodgeskiet tydens huisroof in sy huis in Empangeni, KZN.
  • Rina Groenewald (69), naakte liggaam verwurg gevind in haar oumawoonstel Henley-on-Klip, Gauteng.
  • Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping.
  • Agnes Elaine Burns (91) in Rosemary Landton (87) vermoor in aftree oord in Port Elizabeth, 5 verdagtes 4 mans en vrou in hegtenis, vrou versorger by oord.

Hierdie lys sluit uitdruklik nie die aantal plaasmoorde in wat gedurende dieselfde tydperk plaasgevind het nie en wat in 'n afsonderlike lys beskikbaar is – 'n lys wat grusame detail van dieselfde aard bevat. Die punt wat gemaak word, is dat 'n slagting deurlopend plaasvind, verreweg swart op wit en dat dit om verskeie redes toegelaat word om grootliks ongehinderd voort te gaan.

Derhalwe die volgende punt in die ontleding: Kan hierdie situasie inderdaad gesien word as 'n terreurveldtog? Wat is die agenda hieragter? Is hierdie in effek 'n onverklaarde burgeroorlog?

'n Derde punt in die ontleding is die menslike drama wat in hierdie situasie afspeel: Hoeveel leë plekke is nie gelaat aan gesinstafels, in families en in vriendekringe nie?   Hoeveel trauma lê nie opgesluit in hierdie voorvalle nie? Hoe diep lê die fisiese en emosionele letsels waarvan herstel moet word? Wat is die skade aan die ekonomie, aan gemeenskappe aan dierelewe, aan die natuur, ens.?

Die ontleding bring in die vierde plek 'n diepere ironie na vore en dit is om te let op bv. die huidige rasseherrie rondom die kop van die blanke Springbokrugbyspeler Eben Etzebeth. Nadat hy en vriende met bruin mense by ʼn kuierplek in ʼn onderonsie betrokke was en geen bewerings nog gestaaf is nie, word hy te midde van 'n mediabohaai deur die MRK by die Gelykheidshof aangekla van rassisme - dít terwyl nie in een enkele van die gevalle hierbo genoem, rassisme genoem is of 'n menseregtesaak aanhangig gemaak is nie.

Die ontleedmes kan selfs nog dieper ingelê word om, in die vyfde plek, te toon dat blanke mans deur o.a. Afrikaanse akademici uitgekryt word as die eintlike rassiste in die land. So het bv. prof. Anton van Niekerk van Stellenbosch in ʼn koerantrubriek die skuld vir rassewrywing in die land vierkantig op die skouers van spesifiek blanke mans geplaas. Dit is opgevolg in ʼn koerantbrief deur prof. Willie Esterhuyse ook van Stellenbosch waarin hy o.m. verklaar: “Wit rassisme is ʼn historiese, politieke, teologiese en sosio-ekonomiese verskynsel en ʼn werklikheid. Alle moontlike morele, politieke en maatskaplike kanonne moet daarop losgetrek word.”

Aan die hand van hierdie ontleding kan ten slotte gevra word, waarheen stuur hierdie situasie – die toekoms van Suid-Afrika as 'n land – uiteindelik af? Wat is die wyer implikasies? Wat gaan spesifiek die Afrikaner as volk doen met hierdie feite op die tafel? Dit is alles vrae wat tydsgebonde beantwoord moet word, want die patroon gaan onverpoosd voort en gaan die feite vir November en verdere maande waarskynlik dieselfde wees.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top