► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Moord op blankes onverpoosd voort

Elke dag sterf blankes in SA aan die hand van swart mense – dit is 'n feit, met verreweg die meeste gevalle wat nie eens in die media gerapporteer word nie. Daarby kom gevalle van verkragting van blanke vroue deur swart mans ook al hoe meer voor – weereens suiwer feite. In teenstelling hiermee vind geen gevalle van swart mense wat sterf aan die hand van blankes voor nie en dieselfde geld verkragting van swart vroue deur blanke mans. Slegs enkele van die jongste gevalle is 'n UV student Sean Kroon (18) wat in 'n gewapende roof op 'n studentehuis in Universitas, Bloemfontein doodgeskiet is; 'n 71-jarige oujongnooi van Griekwastad wat in haar huis oorrompel, besteel en herhaaldelik verkrag is; die omgewingskenner Dave Pepler en 'n student Handré Basson (20) wat op 'n staproete buite Stellenbosch oorval, ernstig aangerand en beroof is; 'n boer Edwin Mapstone (53) van Thornville, KZN, en sy vrou Jean is op 31 Maart in hul slaapkamer oorval, hy doodgeskiet en sy ernstig met meswonde beseer; nog 'n boer is by Shaka’s Kraal aan die KZN Noordkus aangeval en ernstig gewond; op 21 Maart is Eddie McQuire (79) dood verwurg aangetref op 'n hoewe by Broederstroom. so gaan die lys aan – Google self of volg hierdie skakel: https://southafricatoday.net/tag/farm-attack/
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top