Die burgemeester van die Mangaung Metro Munisipaliteit Olly Mlamleli (vroulik) het tydens 'n begrotingsdebat in die metroraad gesê: “Our budget is for the poor and you are black because you are poor and poor because you are black. White people are white because they are cheaters and cheaters because they are white. White people are also rich because they are white. White people have stolen the land of black people.” Die DA het daarop aangedring dat Mlamleli haar stelling terugtrek en het haar 'n “rassis” genoem, waarop sy aanvanklik geweier het om terug te trek, maar dit wel later op aandrang van die speaker gedoen het, hoewel nie in soveel woorde nie. Inmiddels het AfriForum vir Mlamleli by die MRK aangekla vir rassisme en haatspraak.
Die vakbond Solidariteit het ʼn reusevergoeding namens twee van sy lede in die Dept. van Korrektiewe Dienste (DKD) bekom nadat hulle oor die hoof gesien is vir betrekkings weens die DKD se regstellende aksie-beleid. Mnre. Marren en Twala het elkeen bykans R 200 000 as vergoeding ontvang weens onregmatige diskriminasie teen hulle. Hierdie reusebedrag is meer as die norm en Solidariteit is verheug oor die sukses. Nie een van die twee het die kortlys vir die poste gehaal waarvoor hulle aansoek gedoen het nie, ten spyte van die feit dat hulle die mees geskikte kandidate vir die vakante poste was.
Die SA regering is oor sy diskriminerende praktyke met regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging deur Solidariteit formeel aangekla by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO), ander liggame van die VN in Genève, die Internasionale Menseregtekommissie en die VN Komitee vir die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie (CERD). In 'n verklaring sê Solidariteit: “Ons is almal moeg vir ras en die dubbele standaarde wat geld by die hantering daarvan. Die tyd om daaroor stil te bly, is verby. Ons mag nie toelaat dat minderhede, en spesifiek wit mense, deurlopend gekriminaliseer word nie. Dubbele standaarde in die hantering van ras is nie net verkeerd nie; dit is boonop gevaarlik. Die doel van ons veldtog is om te wys dat die keiser kaal is sodat die situasie genormaliseer kan word. Die regering se stelsel van rassekwotas bevorder nie nie-rassigheid soos vereis deur die Grondwet nie, maar het eerder nuwe rassisme tot gevolg. Dit het niks met regstelling te doen nie, maar alles met ras en dit lei tot geïnstitusionaliseerde rassisme.”
Die SA Menseregtekommissie (MRK) het onlangs sy bevinding op die klag van haatspraak en aanhitsing tot rassehaat wat die Volksraad en die HNP op 21 Januarie 2016 teen pres. Jacob Zuma by dié instelling gelê het, bekendgemaak Die klag is aanhangig gemaak na aanleiding van Zuma se uitlating dat die blankes die grond van Suid-Afrika by die Swartes sou gesteel het. Na ‘n beredenering van 12 bladsye het die MRK o.m. bevind: “Upon an in-depth consideration, the Commission is satisfied that the statement is unlikely to cause the serious and significant hurt or harm to White persons as required by the law, and it is further unlikely to promote or propagate hatred. On this basis, the Commission is unable to find that the statement in question constitutes hate speech. In the circumstances of the current complaint, the Commission is unable to make a finding of a human rights violation, and will accordingly proceed to close its file herein.” Die Volksraad het gesamentlik teen die bevinding geappelleer, maar die MRK het gereageer dat dit weens werksdruk ‘n geruime tyd sal duur voordat die appèl oorweeg sal word.
In die moordklagsaak van Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) te Coligny, het landdros Magaola Faso hulle op borgtog van R5 000 elk vrygelaat en gesê: “Die dood van Matlhomola Mosweu (16) verdeel die gemeenskap van Coligny op 'n rassegrondslag, maar die hof kan nie deur openbare mening gyselaar gehou word nie. Die fundamentele funksie van die hof, of daar openbare optrede oor 'n saak is of nie, is om uitvoering aan geregtigheid te gee, toegepas ingevolge gevestigde wetlike riglyne en die Grondwet. Nie een van die beskuldigdes het vorige veroordelings of hangende sake teen hulle nie en die staat het in hierdie stadium nie 'n sterk saak teen hulle nie.”