►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Rassediskriminasie (76)

In een van die sterkste uitsprake nóg oor rassekwotas het die Appèlhof op 2 Desember 2016 bevind dat rassekwotas ongrondwetlik en irrasioneel is. Dit was in ‘n saak waarin die Minister van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling en die Meester van die Hooggeregshof die appèllante was, terwyl Solidariteit, verskeie verenigings wat namens besorgde insolvensiepraktisyns opgetree het en die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) die respondente was. Die saak het gehandel oor ʼn beleid oor die aanstelling van insolvensiepraktisyns wat die Minister Februarie 2014 in die Staatskoerant gepubliseer het en wat erge bepalings bevat het oor onbillike kwotas vir verskillende rasse in die werksplek. In reaksie sê Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit: “Dit is ʼn baie ernstige aanklag teen ʼn regering wat wil hê dat rassisme deur wetgewing tot misdaad verklaar moet word.” In hul uitspraak het regters Mathopo, Mpati, Swain en Van der Merwe bevind dat hierdie beleid en stelsel ongrondwetlik en irrasioneel is en het dit onwettig en ongeldig verklaar. ʼn Kostebevel is teen die Minister en die Meester.”

In ‘n mediaverklaring sê die Vereninging van Regslui vir Afrikaans (VRA): “Dit het tot ons kennis gekom dat die National Forum wat tans aandag gee aan die samestelling van die Legal Practice Council (LPC) wat kragtens die Legal Practice Act 28 van 2014 tot stand moet kom, oorweeg om by die Minister van Justisie aan te beveel dat die LPC ooreenkomstig streng ras- en geslagskwotas saamgestel moet word. Terwyl ons van mening is dat die samestelling van nasionale liggame soos die toekomstige Legal Practice Council die demografie van die land moet verreken, is ons sterk gekant teen die idee dat ʼn rasse- of enige ander kwota as beginsel aangewend word in die samestelling en verkiesing van die LPC. Sodanige kwotastelsel is klaarblyklik strydig met die Wet self en met die Grondwet en druis in teen die vrye uitoefening van keuse in ʼn demokratiese verkiesing. Instede daarvan behoort ʼn gesonde en buigsame formule eerder as gewraakte kwotas aangewend te word.” Vir meer besonderhede, kontak Tiaan van Dyk van die VRA by 082 825 8876.

Sedert pres. Jacob Zuma met die ASNC 105-jarige viering in Soweto op 8 Januarie aangekondig het dat die ANC deur die regering vanjaar radikale ekonomiese transformasie gaan versnel deur die aanvaarding en toepassing van die Wetsontwerp op Onteiening, is daar opvallende angstigheid onder talle swartmense dat die tyd vir grondgryp en uitdrywing van blankes uit die hoofstroom ekonomie aangebreek het. Zuma het sy aandrang herhaal by ‘n verdere ANC-viering te Burgersfort, Limpopo, op 22 Januarie en bygevoeg: “Die ANC is aan die mense se kant en God aan die ANC se kant. Ons kan nie verloor nie.” Wat duidelik hierdeur aangeblaas word, is ‘n haatveldtog teen blankes en in effek propagering van die beweerde regverdiging vir ‘n burgeroorlog.

Dit is ongelooflik om te ervaar hoe DStv kanaal 405 van ANN7 wat onder eienaarskap van die veelbesproke Gupta-familie is, feitlik 24/7 haatspraak teen blankes pomp. In nuus en kommentaar word voortdurend gewys op die sg. immoraliteit van “white monopolistic capitalism” wat die rede sou wees vir die verontregting van swart mense in die land ook veral oor die afgelope 22 jaar. Dit word uitgesaai aan die hand van onderhoude wat TV-aanbieder Sindy Mabe met paneellede voer en waar ‘n paneellid dikwels tot 15 minute per spreekbeurt kry om erge haatspraak teen blankes uit te rammel, soos dat swart mense onmiddellik grond en eiendom van blankes moet oorneem sonder vergoeding en die blankes uit die land verdryf. Een van die paneellede wat gereeld gebruik word, is die verbete swart aktivis Andile Mngxitana, wat deur en deur kwalifiseer om vir haatspraak aangekla te word. 

Na berig word, is Vodacom van plan om aandele ter waarde van sowat R15 miljard van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) oor te koop en dit in ‘n afsonderlike swart bemagtigingsmaatskappy te noteer. Vodacom wil blykbaar ‘n gedeelte van die belang van die OBK van 12,4% in homself terugkoop en word onderhandelinge daaroor tans gevoer. Indien die transaksie realiseer, kan dit een van die grootste SEB-transaksies nóg in SA wees. Die markwaarde van Vodacom op die JSE word op sowat R225 miljard geraam. Verlede jaar het MTN ‘n SEB transaksie geloods ter waarde van R9,9 miljard. In reaksie op die jongste Vodacom-aankondiging, sê Solidariteit dit het ʼn skrywe aan Vodacom gerig waarin meer duidelikheid gevra word oor die voorgenome transaksie, een van die grootstes van sy soort in die SA geskiedenis en wys dan daarop dat Vodacom reeds in 2008 ʼn SEB-transaksie ten bedrae van R7,5 miljard aangegaan het t.b.v. YeboYethu Limited. Volgens Solidariteit “sluit hierdie tipe transaksies klaarblyklik persone wat nie as swart geklassifiseer word nie, uit sekere SEB-aandeleskemas uit en dit kan met die oneweredige toekenning van aandele volgens ras in werknemersaandeleskemas (ESOPs) gepaard gaan - iets waaroor Solidariteit bekommerd is.”

Terselfdertyd het pres. Zuma in sy toespraak van 8 Januarie die toon aangegee dat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) maksimaal versnel gaan word, met as speerpunt die totale verkrygingspakket (“procurement”) van die regering – nasionaal, provinsiaal, plaaslik en staatsmaatskappye – ter waarde van sowat R500 miljard per jaar en wat uitsluitlik vir SEB aangewend staan te word. Dit is benewens die wetgewing en projekte ter waarde van miljarde rand wat die Dept. van Handel & Nywerheid oftewel dti en ander staatsinstansies tans ter bevordering van SEB implementeer. Al hierdie geld kom uit die staatskas d.w.s is belastingbetalergeld, waartoe blankes maklik meer as die helfte direk en indirek bydra. Saam in hierdie SEB-veldtog is ook die privaatsektor en veral die mynboubedryf waar miljarde in SEB-programme gestort word, waarvan slegs twee onlangse voorbeelde is ArcelorMittal SA ‘n R2,27 miljard fonds geskep het  en Murray & Roberts R314 miljoen vir hul program opsygesit het. Die primêre doel met die hele SEB-dryf is duidelik om die blanke uit die landsekonomie te kry, behalwe as belastingbetalers.

Bladsy 6 van 6
Go to top