►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Nuwe regulasies vir skerper SEB

Volgens nuwe regulasies pas afgekondig deur Minister van Handel en Nywerheid Rob Davies in die Staatskoerant van 9 Junie 2017 word die vereistes vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) aansienlik uitgebrei en word die drempel van besighede en transaksies wat vir SEB moet registreer, drasties verlaag vanaf R100 miljoen tot R25 miljoen. Ook moet alle sg. breë-gebaseerde swart ekonomiese bemagtigingstransaksies binne 15 dae geregistreer word met volle opgawe van detail. Die regulasies is ook met terugwerkende krag, terwyl swaarder strawwe voorgeskryf word vir oortredings. Die nuwe regulasies tesame met ander verwante wetgewing maak dit al hoe moeiliker vir blanke sakelui om besigheid te doen sonder SEB en dit aan die hand van 'n ingewikkelde telkaart. Die nuwe regulasies is verwelkom deur die sg. Broad-Based Black Economic Empowerment Commission (B-BBEE Commission). Sakelui word aangeraai om hulself op hoogte te stel van die nuwe regulasies – vir meer besonderhede, gaan na https://bbbeecommission.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Explanatory-Notice-1-of-2017-B-BBEE-Transactions-Registration.-13-June-2017.pdf
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top