►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Ondersoek na R40 miljard tender by Transnet

Die DA sê dat die aankondiging verwelkom word dat Werksmans Prokureurs aangestel is om ondersoek in te stel na 'n tender of sg. Request for Proposal (RFP) uitgereik deur Transnet vir die “the development and implementation of a holistic and sustainable non-core property solution for Transnet that achieves improved profitability”. Die RFP is op 26 April 2017 uitgereik en het gesluit op 13 Junie 2017. \ Die DA wys daarop dat die waarde van die eiendomsportefeulje van Transnet wat deur hierdie RFP gedek word, geraam word op R40 miljard – 'n omvang min of meer gelykstaande aan die berugte wapenaankopetransaksie. Sterk vermoede word uitgespreek dat Gupta a-la-staatskaping ook hier in die spel kan kom of reeds gekom het.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top