►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Radebe oor “paar wittes beheer SA ekonomie”

Minister in die Presidensie en kandidaat vir ANC-presidentskap Jeff Radebe het by 'n ANC saamtrek in Port Shepstone gesê die SA ekonomie “is in die hande van 'n paar wit mense, hoofsaaklik mans en dat derhalwe radikale ekonomiese transformasie nodig is. Die meeste van ons mense het nog nie ekonomies gevorder nie. Baie mense is ontevrede aan die gebrek aan transformasie in die ekonomie, wat weer ekonomiese groei belemmer, ongelykheid vermeerder en die meeste van ons mense marginaliseer.” Intussen is dit 'n feit dat die eggenote van Radebe, Bridgette, gereken word as een van die rykste vroue in die land. Sy is o.m. 'n direkteur van Sappi, voorsitter van Nabera Mining (Pty) Ltd, stigter en voorsitter van Mmakau Mining (Pty) Ltd, direkteur van die Leadership Foundation met uitgebreide mynbelange, voorsitter van die SA Minerals Development Association, president van die SA Mining Development Association, ‘n direkteur van Cast Mining and Construction (Pty) Ltd, voorsitter van International Women’s Forum SA en stigter van die New Africa Mining Fund. Sy is 'n suster van Patrice Motsepe, mynmagnaat en een van die drie rykste mans in SA, terwyl sy 'n sleutelrol speel in die formulering van die nuwe Mynbouhandves en ander nasionale wetgewing.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top