Print this page

Afrikanerbond oor implikasies van Bell Pottinger

In 'n mediaverklaring sê die Afrikanerbond die volgende oor die implikasies van die rol van die Britse skakelfirma Bell Pottinger in SA: “Dit is met ongeloof wat mens die laaste ruk kennis neem van die onderduimse werk waarmee die Bell Pottinger Groep in Londen bygedra het tot ongekende rassepolarisasie in SA. ‘n Vreemde groep individue in SA waaronder die Gupta-familie, die Zuma-familie en spesifiek dan Duduzane Zuma, asook die opperste fanatieke BLF leier Andile Mngxitama, het almal ter wille van eie belange dit goedgedink om ʼn rasgedrewe agenda in SA te bevorder en daarvoor is die Bell Pottinger maatskappy vanuit Londen aangewend.

“Terwyl die maatskappy sukkel om sy eie beeld te herstel, is enorme skade in SA aangerig. Vanuit die SA perspektief waar ʼn rasgedrewe agenda die gesprek van die laaste paar jaar bepaal het, het Bell Pottinger olie op die vuur gegooi.

“Vrae moet dus gevra word oor die fondse wat die Guptas en die Zumas aan die groep betaal het om die onderduimse werk in SA te verrig. Die Oakbay betalings alleen aan Bell Pottinger beloop na raming meer as R20 miljoent. Dit sluit in minstens 100 000 Britse pond wat Oakbay maandeliks betaal het, maar uitgesluit die betalings deur Duduzane Zuma gemaak.

“Die logiese verdere stap vir Bell Pottinger sou wees om die R20 miljoen plus wat onregmatig vanuit SA betaal is vir hul onderduimse werk, na Suid-Afrikaners terug te kanaliseer in die vorm van brugbou-inisiatiewe tussen Suid-Afrikaners.” 

Gradeer die artikel
(0 stemme)