►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Bekende hartchirurg gedreig met tronk

Die bekende hartchirurg dr. Susan Vosloo is in Durban twee keer deur lede van die eThekwini metropolisie van die pad getrek, geterroriseer om omkoopgeld te betaal vir 'n gewaande verkeersoortreding en gedreig om 'n naweek in die tronk opgesluit te word. Dit het gebeur terwyl sy die stad besoek het om die 27ste kongres van die SA Oorplantingsvereniging (SATS) by te woon.

Die eerste voorval het plaasgevind toe sy op pad na haar hotel was en by 'n rooi verkeerslig gewag het toe die metropolisie langs haar intrek met flitsende ligte en loeiende sirene. Sy was onbewus van enige verkeersoortreding. Die aggressiewe beamptes het haar 'n asemtoets laat doen, maar dit was negatief. Sy is nogtans gedreig met arrestasie, waarop omkoopgeld geëis is. 'n Geskokte Vosloo het R100 oorhandig, waarna sy toegelaat is om te vertrek.

Later die aand het sy met 'n vriend teruggekeer na die plek van die voorval en het hulle weer dieselfde metrovoertuig teengekom. Weer is hulle met aggressie behandel, 'n asemtoets laat doen en van rassisme beskuldig, maar tog toegelaat om ongedeerd te vertrek. Hulle het die voorvalle die volgende dag by die SAPD-stasie Durban Sentraal gaan aanmeld, waar hulle, volgens hulle, professioneel en beleef behandel is.

'n Dag voor die voorval in Durban is Vosloo op 'n glansgeleentheid in Kaapstad aangewys as die Sake-ambassadeur van die Jaar van die Kaapstadse Sakekamer en Die Burger

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top