►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Voortrekker-kinders uitgeskel in Tshwane Metroraad

Die Voortrekkers het versoek dat 'n groepie kinders van die beweging ʼn raadsitting ‘van die Tshwane Metroraad bywoon ten einde meer te wete te kom van funksionering van plaaslike bestuur en om die prosedures en waarde van ʼn raadsitting self te ervaar. Die versoek is toegestaan en tydens die betrokke sitting het die speaker verskillende groepe en individue verwelkom, maar toe sy aankondig dat ʼn groep Voortrekkers die sitting bywoon, het pandemonium losgebars.

Sy het vooraf kortliks die aktiwiteite en doelwitte van Die Voortrekkers as kultuurorganisasie bekend gemaak en toe begin om die kinders individueel welkom te heet. Sy het duidelik genoem dat die Voortrekkerbeweging hom aktief beywer vir gesonde verhoudinge tussen alle kultuurgroepe in die land, maar ʼn stroom besware is geopper deur sprekers van die EFF en die ANC, terwyl opmerkings geskreeu is, soos “Rassiste”, “Gaan terug skooltoe”, “Julle is rassiste en julle ouers leer julle rassisme”.
 
Die burgemeester het die situasie probeer kalmeer en die kinders beskerm teen die luide rassistiese opmerkings en blatante haatspraak, maar  die groep kinders was uiteindelik verplig om die raadsaal te verlaat. Die ironie is dat minute voor die voorval ʼn groep bestaande uit slegs swart busbestuurders toekennings ontvang het wat deur almal aanvaar is. Toe die blanke kinders egter verskyn, is gevra waarom daar nie kinders van ander groepe tussen hulle is nie.
 
Mokerhou teen Afrikaans by US
'n Mokerhou teen Afrikaans is gevél toe die Kaapstadse hooggeregshof die aansoek van die groepering Gelyke Kanse met koste van die hand gewys het dat die huidige taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch (US) gehandhaaf mot  word.  In reaksie het VF Plus in 'n mediaverklaring gesê: “Die hofuitspraak minag nie net internasionale voorskrifte nie, maar ook die SA Grondwet wat die regte van taal van minderhede verskans.
 
“Artikel 6(2) van die Grondwet lui o.m. die staat moet ‘praktiese en daadwerklike maatreëls tref’ om die status van al die land se tale te verhoog en hul gebruik te bevorder. “Daar is sowat sewe miljoen Afrikaanssprekers in die land en in die Wes-Kaap is feitlik die helfte van die inwoners Afrikaanssprekend. Daar is vier universiteite in die provinsie, terwyl Afrikaans net by een op klein skaal gebruik word.
 
“Die ANC-regering en persone wat lou staan teenoor Afrikaans het gesamentlik daartoe meegehelp dat Afrikaans op instellings van hoër onderwys nou feitlik in totaliteit van die tafel gevee is. “Daar kan met reg gevra word waar is Afrikaans volgende in die visier.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top