►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Rassistiese dubbele standaarde

Ongelooflike rassistiese dubbele standaarde

Die ongelooflike dubbele standaarde wat in terme van beweerde rassisme in SA tans toegepas word, blyk veral uit die misdaadverhaal in die land.. Die gruwelikste swart geweld op wit haal kwalik die hoofstroomnuus, terwyl dit internasionaal weergalm indien 'n blanke sy vinger lig teen 'n anderskleurige, of selfs net met woorde impliseer.

Enkele voorbeelde tot dusver vanjaar: Op 4 Januarie word 'n 88-jarige blanke vrou te Maretsane in Noordwes aangeval, haar heup afgeslaan, een arm gebreek en albei arms potblou geslaan soos wat sy verskeie houe probeer keer het. Sy het wonderbaarlik oorleef en is in die hoësorgeenheid opgeneem.

Volgens Maroela Media berig het op Vrydag 12 Januarie in Ermelo 'n man (55) en sy vrou omstreeks 22:00 na 'n kafee in 'n stil buurt gestap toe 'n motor met drie mans by hulle stilgehou het, hulle met 'n vuurwapen aangehou het en vir die man gesê het: “Run or we will kill you”. Toe die man hom teensit, is hy in sy been geskiet, die vrou in die motor gedwing en is met haar weggery.

Later is die vrou 2 km buite die dorp langs 'n grondpad na ‘n plakkerskamp ernstig beseer in die gras gevind. Agt van haar tone was afgekap en sy het 'n skedelfraktuur opgedoen. Sy is hospitaal toe geneem en het ná 'n lang operasie oorleef.

Albei hierdie gevalle het omtrent nie die hoofstroomnuus gehaal nie en het nie 'n haan daarna gekraai nie, maar toe die EFF volgens hul eie vertolking gemeen het “monkey” verwys na swart mense, het amok en verwoesting losgebars en is winkels geplunder en malls totstilstand gedwing.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Janacift - Dinsdag, 31 Maart 2020

    Comprar Cialis En Andalucia [url=http://cialibuy.com/#]Cialis[/url] Get Wellbutrin Xl No Prescription Cialis Cheapeast Generic Progesterone Best Website Worldwide On Line

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top