►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Dryf om Afrikaners te kriminaliseer

Daar is tans in die volgende opsigte kennelik 'n dryf onderweg om alles van die Afrikaner in die land te kriminaliseer:

  • Dit het vanjaar begin met die betogings teen Hoërskool Overvaal in Vereeniging, waar dit inderwaarheid gegaan het oor die ontkenning van die reg van Afrikaners om die skool van hul keuse te bedryf.
  • Die Grondwethof het in die saak van die Universiteit van die Vrystaat beslis dat t.o.v. Afrikaans daar nie 'n reg tot moedertaalonderrig op tersiêre vlak is nie.
  • Dit is opgevolg met die verklaarde voorneme deur die ANC-regering, die EFF en ander swart politieke radikalisme om grond in die land sonder vergoeding te onteien – uitdruklik gemik op blankes / Afrikaners, onder die strydkreet die grond is gesteel en moet gratis teruggegee word en dat sg. apartheid 'n misdaad teen die mensdom was.
  • Tans word 'n verbete veldtog gevoer teen die private koshuis De Goede Hoop vir Tuks-studente wat verklaar dat hulle slegs Afrikaans en Christelik is. Vir hierdie standpunt is hulle deur die UP-owerheid geskors uit kampusbedrywighede. In dieselfde asem loop die Sonop Manskoshuis ook deur omdat dit nie sg. genoegsaam transformeer nie.
  • Pas het die Nelson Mandela Stigting 'n aansoek by die Gelykheidshof ingedien om die vertoon van die ou landsvlag tot haatspraak, onregverdige diskriminasie en teistering te verklaar en sodanige vertoning te kriminaliseer.
  • By 'n onlangse Varsitybeker-wedstryd tussen die Shimlas en die Universiteit van Johannesburg op Shimlapark, Bloemfontein, het videomateriaal opslae gemaak van twee blanke mansstudente wat tydens die speel van die volkslied gesit het met die eerste deel, maar toe opgestaan en hul pette afgehaal het met die tweede deel. Die UV het 'n ondersoek na die voorval gelas.
  • Ook sopas word in 'n voorlopige verslag van 'n taakspan van die Dept. van Kuns en Kultuur aanbeveel dat omdat dit aanstoot gee, standbeelde van sg. koloniale en apartheidsfigure vanaf prominente openbare plekke verwyder word en in sg. temaparke geplaas word. Dit is nie duidelik presies watter standbeelde almal in die visier is nie.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Piet Roodt - Maandag, 05 Maart 2018

    Dit is duidelik dat die radikale EFF en ANC die blankes wegwens. Hulle besef nie dat as dit nie vir die blankes was nie, hulle steeds buite die modderhut in n kombers gesit het en kyk hoe die vrouens met skoffelpikke die lappie mielies aan die lewe probeer hou, terwyl n brandmaer koei twaalfuur in die middag nog in die kraal gestaan en herkou het.
    Dis mos nie polities korrek om sekere waarhede uit te spel nie. Kyk hoe lekker het ou Ace Magashule gespog oor die swart kinders se vermoee om wiskunde te doen. Terwyl die slaagsyfer 30% is !! Ons blankes sal ons slapgattigheid en weerbarstigheid moet los en probeer saamstaan om hierdie sosialistiese aanslae te weerstaan.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top