►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Afrikaner-erfenis geteiken om te verdwyn

Minister van Kuns en Kultuur Nathi Mthethwa het pas aanbeveel, in lyn met die aanbevelings van 'n spesiale taakgroep, dat alle standbeelde en ander kultuursimbole wat voor 1994 opgerig is, finaal uit die openbare oog verwyder moet word. Die aanbeveling is voorts dat hierdie standbeelde en simbole na sg. temaparke verskuif moet word.

Mthethwa het gepraat by Vryheidspark, Pretoria, toe hy sy voorlegging rakende die transformasie van Suid-Afrika se erfenislandskap gemaak het en het ook gesê alle “afstootlike” name uit die koloniale- en apartheidstydperk moet mee weggedoen word. Volgens hom is die “volgehoue openbare teenwoordigheid daarvan vir die meerderheid mense in die land soos om sout in 'n vars wond te sit en dat dit samehorigheid en nasiebou ondermyn”.

Hy beveel aan groter erkenning aan die geskiedenis van die swart gemeenskap aangesien “ʼn nasie wat sy geskiedenis nie ken en eer nie, soos ʼn boom sonder wortels is”.

In die lig vn hierdie aanbevelings kan verwag word dat moontlik selfs die standbeelde op die terrein van die Oorlogsmuseum en Vrouemonument in Bloemfontein in slag kan bly en dat daar moontlik drastiese veranderinge in o.m. plek- en straatname kan kom.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top