►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Malema aanhoudende haataanstigter

In 'n mediaverklaring sê die VF Plus: “Die Menseregtekommissie (MRK) moet verantwoordelikheid neem vir die opruiende rassistiese uitsprake, haatspraak en opsweping tot geweld van die EFF-leier Julius Malema weens die MRK se jarelange versuim om teen hom op te tree, selfs na verskeie formele klagtes teen Malema ingedien. Malema het pas weer neerhalend verwys na adv. Paul Pretorius SC, hoof van die regspan wat adjunk-hoofregter Raymond Zondo aangewys het as deel van die regterlike kommissie van ondersoek na staatskaping. Malema het gesê dit is jammer dat ʼn ‘wit man’ in die posisie aangewys is.

“Veral rondom die uiters sensitiewe grondkwessie maak Malema gereeld in Parlementêre debatte die uitlating dat wittes swartes vermoor en hul grond gesteel het.

“Sover terug as die aanloop tot die 2014-verkiesing het die VF Plus verskeie klagtes van haatspraak deur Malema ingedien by die MRK, die Openbare Beskermer (OB) en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aangesien daar wetlike voorskrifte is waaraan politieke partye moet voldoen.

“Sulke uitlatings is verdelend en het die potensiaal om ʼn bloedbad te veroorsaak indien mense in groot getalle gehoor gee daaraan. Dit is daarom verstommend dat die MRK nie teen Malema optree nie terwyl dit bekend is dat hulle vinnig optree en swaar strawwe oplê in gevalle waar wittes rassistiese uitsprake gemaak het.”

Inmiddels het die DA ook pas ‘n klag teen Julius Malema by die Gelykheidshof gelê oor die volgende haatspraak t.o.v. NMB burgemeester Athol Trolip: We are going to remove a mayor of PE, we are going for your white man in PE. We are going to cut the throat. This is not because he stole the money or anything, but to teach you a lesson for not supporting the motion on expropriation of land without compensation.

 

 

Op openbare saamtrekke gaan Malema en sy ondersteuners klakkeloos voort om die slagspreuk Kill the Boer, kill the farmer te dreunsing en dit sonder dat die MRK tans ‘n vinger verroer om dit as haatspraak te behandel.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top