►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

MRK beskuldig van dubbele standaarde en rassisme

Oor die ooglopende dubbele standaarde en rassisme wat by die Menseregtekommissie (MRK) sigbaar is, sê die Afrikanerbond in ʼn mediaverklaring o.m.: “In die afgelope paar dae was daar voorvalle waar die MRK nie eers die saak ondersoek het nie, maar spoedeisend gereageer het. Op Dinsdag 2 Oktober het die Hot 91.9 FM-aanbieder Sasha Martinengo 'n sekere mening uitgespreek oor Julius Malema en op Donderdag 4 Oktober het die MRK reeds 'n verklaring uitgereik om dit te veroordeel.

“In die geval van mnr. Kessie Nair wat op 16 September 2018 rassistiese kommentaar teen pres. Cyril Ramaphosa op sosiale media gemaak het, het die MRK op 22 September 2018 gereageer waarin hulle die voorval sterk veroordeel het. Hulle het ook gesê: ‘Ons doen dringend 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om dit nie te verdra of om hierdie uitsprake te duld nie.’

“Let op die spoedige hantering van die MRK in hierdie gevalle. Kan dit wees omdat sommige politici aan die ontvangkant was?

“Op 7 Augustus het die Afrikanerbond 'n klag by die SAMRK aanhangig gemaak teen die Vrystaatse LUR, Mathabo Leeto, wat in die Vrystaat Wetgewer gesê het. ‘Wit Suid-Afrikaners is verkragters sedert Jan van Riebeeck aangekom het.’ En ook ‘die grafte van wit Suid-Afrikaners moet opgegrawe word sodat hulle liggame aanspreeklik gehou kan word.’

“Dit is nou amper twee maande later en die MRK skitter in hulle afwesigheid. Nie 'n woord van hulle nie, behalwe 'n ontvangserkenning.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top