Print this page

Bosasa: Rasselektiewe inhegtenisname

Nadat voor die Zondo-kommissie die mees skrikwekkende getuienis oor korrupsie in die SA geskiedenis aangehoor is het die valke as die vervolgings arm van die regering toegeslaan en vyf blanke, hoofsaaklik handlangers/fluitjieblasers, in hegtenis geneem, maar die eintlike organiseerders/ontvangers/ringleiers loop onaangeraak rond. Die vyf wat op 6 Februarie in hegtenis geneem is, is Angelo Agrizzi (voormalige bestuurshoof van Bosasa en die groot fluitjieblaser), Patrick Gillingham (voormalige finansiële hoof van die DKD), Andries van Tonder (voormalige finansiële hoof van Bosasa), Frans Vorster (voormalig Bosasa-werknemer) en Carlos Bonifacio (huidige hoofrekenmeester van Bosasa).

Op 7 Februarie is Linda Mti (voormalige hoof van die DKD) ook in hegtenis geneem, maar daar is nog geen teken dat die groot name wat in die getuienis pertinent uitgewys is, soos Jacob Zuma, Gavin Watson, Nomvula Mokonyane, Dudu Myeni, Gwede Mantashe en andere ook gegryp gaan word nie. Die feit dat tot nou slegs blankes, met een swarte as ‘n enkele uitsondering, aangekla word, is uiters verdag en dui op blatante rassisme deur die Valke en hul toutjietrekkers.

Gradeer die artikel
(0 stemme)