► Met meer as 80% van stemme getel in die verkiesing, staan nasionaal die ANC op sowat 57%, DA 22%, EFF 10%, IVP 3% en VF Plus 2,5%, met die res in bondel agterna ► Wat provinsies betref, is ANC loshande top in agt van die nege, met die Wes-Kaap wat steeds onder DA bly ► Algemene patrone op hierdie stadium is dat die ANC redelik gevaar het ten spyte van skandes van staatskaping en die gemors waarin die land gedompel is; DA het nie aan verwagtinge voldoen nie en is waarskynlik grootste verloorder om verskeie redes; IVP, VF Plus en EFF het almal hul mindere steun feitlik verdubbel, grootbek BLF heeltemal uit die bus met slegs sowat 8 000 stemme in totaal ► Kleiner partye maak groot bohaai oor bedrog met stemmery in die verkiesing, maar OVK sê ná deeglike ondersoek is weinig stawende bewyse gevind; luister bv. na hierdie stemgreep van Front Nasionaal en vorm jou eie mening ► Alliance Defending the Autonomy of Churches in SA (AdacSA) vandag in Pretoria se hooggeregshof vir saak om outonomie van kerke en godsdiensvryheid in SA te verdedig ► Zondo-kommissie hoor oor Transnet dat finansiële hoof van die maatskappy het mag gehad om kontrakte en tenders van tot R1 miljard alleen toe te ken ► MTN, een van die boikotters van Steve Hofmeyr, verloor in eerste kwartaal vanjaar meer as 1,3 miljoen kliënte ► Oor wie die beste skolerugbyspan in die land is, word môre in Bloemfontein bepaal wanneer Grey Kollege en Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) mekaar pak ►

Ghoemas-boikot steek Afrikaner-miernes oop

Die besluit van MultiChoice om met Ghoemas 2019 die musiekvideo Die Land te boikot omrede Steve Hofmeyr vir hulle persona non grata is vanweë sy pro-Afrikaner-uitlatings, het behoorlik ‘n miernes onder Afrikaners oopgesteek. Eers het verskeie sangers soos, Jay, Dewald Wasserfall, Ruhan Du Toit, Bok van Blerk en Bobby van Jaarsveld hulle ook aan die Ghoema aand onttrek, terwyl Demi-Leigh Moore tydens die geleentheid openlik haar misnoeë met MultiChoice uitgespreek.

Voorts gons dit behoorlik op sosiale media soos Afrikaner gesindes hul teenkanting teen MultiChoice uitspreek en ook teen Toyota omdat hulle as borg onttrek het en besluit het om eerder die multi-kulturele “beheerbare” Stellenbosch Woordfees te ondersteun. Vir ‘n voorbeeld van uitgesproke en reguit kritiek teen die Ghoemas, MultiChoice en Toyota, sien hierdie videogreep

Inmiddels word skerp vrae gevra oor die vloot van Toyota voertuie gehandelsmerk met formele ANC kleure – sien by hierdie skakel foto’s

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Lina - Dinsdag, 23 April 2019

    As die anc, of wie ook al, na jou garage toe kom en soveel vir n nuwe bakkie betaal en soveel ekstra betaal om hul kleure daarop te laat sit, en die totaal is soveel miljoen, gaan jy nee sê? En as hulle na jou garage toe kom en soveel wit bakkies koop teen soveel rand per bakkie, en dit dan vat na iemand anders om te laat spuitverf of beplak, hoe is dit my besigheid? Wat wel my besigheid is, is om verkope te toon en wins te maak. Moet nou nie dat spitefulgeid die oorsaak wees om nie besigheid te doen nie. Vat die geld, betaal jou mense, en neem die wins en steek.dit in afrikaans in. Wie is dan die wyse een?

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Related items

Go to top