►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Oorle’ “apartheid” Net handige stok om Afrikaner-erfenis te kriminaliseer

Die afgelope tyd gons dit behoorlik oor of sg. apartheid nou wel ʼn misdaad teen die mensdom was, soos wat die VN in die sewentigerjare verklaar het. Die jongste polemiek het begin met ʼn uitlating van oud-pres FW de Klerk oor die kwessie en die vuur wat daaroor uit swart politieke geledere gespuug is en steeds voortwoed.

Lustig saam in die koor sing die liberale hoofstroommedia en hul meelopers. So bv. word geagiteer dat “Afrikaners ‘n eed moet aflê teen apartheid” en dat “alle onregte van die verlede en hede in die land nóú uitgewis moet word”. Terselfdertyd verklaar een van die protoganiste, prof. Anton van Niekerk van die Universiteit van Stellenbosch in ʼn artikel dat “apartheid wás ʼn sistematiese misdaad teen apartheidslagoffers”.

In die Parlement sê pres. Ramaphosa dat “die goedpraat van apartheid grens aan hoogverraad”, terwyl swart politieke aktiviste daarop aandring dat De Klerk in die openbaar verskoning vra dat hy ooit apologeties was oor “apartheid”. Dus word ʼn hele georkestreerde narratief van stapel gestuur om apartheid te verdoem tot misdaad teen die mensdom en daarmee eintlik te verklaar dat die geskiedenis en erfenis van die Afrikaner ʼn misdaad teen die mensdom was.

Gebaseer op feite ontbreek dit aan woorde om die leuenagtigheid en belaglikheid van hierdie narratief te beskryf. Die waarheid is dat geen volk nog soveel gedoen vir ander volke en soveel gespandeer het op ontwikkeling van ander volke as wat die blanke Suid-Afrikaner en spesifiek ook die Afrikaner vir die Xhosas, Sotho’s, Zoeloes, Tswanas, Pedi’s en ander burgers van kleur in die land gedoen het nie. Wat die destydse regering onder dr. HF Verwoerd vir swartmense i.t.v. die beleid van afsonderlike ontwikkeling gedoen het, verdwerg eenvoudig mindere gevalle van apartheid en diskriminasie wat daarmee gepaard gegaan het.

Ditsem Nuus het Mei verlede jaar ʼn artikel getiteld Verhale van drie vlae gepubliseer en waarin 'n feitelike en statistiese vergelyking getref is tussen die geskiedenisse van onderskeidelik die vorige landsvlag, die huidige landsvlag en die Kommunistiese hamer-en-sekel. Hierdie vergelykende studie repudieer die totale leuen van die huidige narratief en toon, heel ironies, dat dit eintlik die ANC-bewind is wat om basies die volgende redes eerder in die beskuldigdebank hoort:

  • Oor die lyding wat hulle gewone burgers in die land oor die hele bevolking spektrum aangedoen het deur die moordsyfer op te laat skiet na meer as 20 000 per jaar, plus ander geweldsmisdaad wat handuit ruk.
  • Diefstal en korrupsie van miljarde der miljarde rand in belastingbetalergeld, ongekend in die geskiedenis van SA – na raming R3 triljard oftewel R3 000 000 000 000.
  • Die staatskas met sowat R3,5 trilard in die rooi, wat beteken daaglikse rentebetaling van R1,5 miljard.
  • Meer rasdiskriminerende wetgewing op die wetboek as wat daar ooit, andersom, in die vorige bedeling was.
  • Toelating van die barbaarse wreedaardigheid teen blankes tydens plaasmoorde en –aanvalle, ongetwyfeld voortsetting van die sg. Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR).
  • Groter werkloosheid en ellende in die land as ooit tevore insluitende swart, blank en bruin.
  • Platval van munisipale dienslewering op feitlik elke dorp en stad met o.a. ontneming van ʼn basiese reg soos drinkwater in krane, ens.
  • Die bekendstelling vir die eerste keer van die konsep van staatskaping in die land, insluitende voormalige staatshoof Jacob Zuma wat sy ampseed verbreek het en met die implikasie van hoogverraad.

 

 

Nog 'n klug omtrent apartheid, is die verklaring in 1973 deur die VN Algemene Vergadering dat “apartheid 'n misdaad teen die mensdom is”. Die feitelike agtergrond hiervan was dat die mosie voorgestel is deur die destydse Kommunistiese Sowjet-Unie – een van die grootste vertrappers van menseregte in die geskiedenis van die mensdom. Dit is gesteun deur 'n aantal Kommunistiese satellietstate, 'n aantal Afrikalande en enkele Islamitiese state. Geen Westerse moondheid van belang of die VSA het daarvoor gestem nie, hoewel hulle polities-korrek buite stemming gebly het.

Apartheid het ‘n handige stok geword waarmee die hele tyd rondgeloop word om blankes mee by te kom, om as verskoning te gebruik vir ongelooflike dubbele standaarde en om die verlede van SA blankes te kriminaliseer. Selfs wanneer die ANC tragies kort val in dienslewering, dan word die skuld gepak op nagevolge van “apartheid”.

Meer nog, waar blankes in groot groepe saamkom om hul kulturele erfenis uit te leef, dan word dit gesien as “apartheid”. Indien daar te veel wit gesigte in enige groep is en nie verteenwoordigend geag word van die “demografie” nie, dan word dit uitgekryt as ʼn nuwe vorm van apartheid.

Blykens uitlatinge op sosiale media en informele gesprekke is baie regsinnige Afrikaners hartlik keelvol vir hierdie aaklige rondswaai van “apartheid”. Trouens, hulle blyk só keelvol te wees dat hulle nou vra, gee vir ons ʼn nuwe apartheid, waar ons êrens eenkant op ons eie grondgebied kan konsolideer, ons eie lewe lei en kan begin werk aan ons eie staat. Hulle vra dit in vreedsaamheid en beloof om nie in te meng in die sake van die oorblywende bevolkingsverstrengelde Suid-Afrika nie.

Hulle vra net geleentheid om vreedsaam en in goeie buurskap hul eie ding te doen en dit in uiteindelike soewereine onafhanklikheid en vryheid. Hierdie regsinnige Afrikaners is moeg daarvoor om as melkkoei te dien van die huidige mislukkende staat en as die sondebok daarvoor uitgemaak te word.

Die vraag op hierdie stadium is of hierdie teenreaksie van regsinnige Afrikaners op die blatante wanaanwending van die woord “apartheid”gaan lei tot die opwelling van 'n golf van Afrikaner-nasionalisme – 'n golf wat sou kan voortrol tot Afrikanervryheid? Dit beteken die wesenlike is: Is daar nog genoeg murg in Afrikanerpype?

Gradeer die artikel
(0 stemme)

227 opmerkings

  • FsbxAnego - Donderdag, 21 Januarie 2021

    viagra walmart newest viagra dsicount viagra [url=http://genericrxxx.com/]average age for viagra[/url] ’

    Report
  • JbdcAnego - Donderdag, 21 Januarie 2021

    whats better cialis viagra or levitra cheap viagra south africa viagra in sydney [url=http://llviabest.com/]purchsse viagra online[/url] ’

    Report
  • Fbdhfeept - Woensdag, 20 Januarie 2021

    best place to buy generic cialis cialis 20 mg from canada cialis [canada] [url=http://21cialismen.com/]cialis in uk[/url] ’

    Report
  • AqbvAnego - Dinsdag, 19 Januarie 2021

    cheap generic viagra online australia viagra side effects on teenagers 100mg viagra price [url=http://acialaarx.com/]viagra 100 uk[/url] ’

    Report
  • LcxAnego - Dinsdag, 19 Januarie 2021

    viagra in peru viagra what dosage? canada pharmacy viagra [url=http://genqpviag.com/]how to get viagra toronto[/url] ’

    Report
  • JvcbxNailL - Maandag, 18 Januarie 2021

    cialis price compare order cialis online no prescription australia cialis southafrica [url=http://phrcialiled.com/]levitra or cialis which is better[/url] ’

    Report
  • KlioKigo - Sondag, 17 Januarie 2021

    generic viagra viagra online order viagra in australia 50 mg viagra for sale viagra in hamburg 100 mg pfizer viagra no prescription viagra generic cheap online viagra australia buy viagra new york buy viagra without a prescription best price viagra online viagra no prescription viagra sildenafil viagra sales astralia viagra paypal uk

    Report
  • Nlbxfeept - Saterdag, 16 Januarie 2021

    cialis, levetra, viagra for less shopping generic viagra buy viagra without prescription viagra australia online viagra for sal viagra alternatives in india viagra minn viagra sof tabs overnight delivery 24 hour viagra delivery viagra for sale ireland addicted to viagra viagra loest prise viagra for sale in new zealand viagra buyviagraonline

    Report
  • Fgnhfeept - Vrydag, 15 Januarie 2021

    discount viagra viagra free sample viagra free trial online viagra online without prescription how can i get free viagra female viagra wiki best price on generic viagra ? buying viagra in australia viagra 100mg online buying inexpensive viagra generic viagra 100 mg torrejon de ardoz viagra difference between viagra ordering generic viagra online viagra subsitute over the counter

    Report
  • CAMub - Saterdag, 09 Januarie 2021

    my website you could check here source http://ontours.ru/

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top