Die plaas Vluytjeskraal-Noord, groot 284 ha en aangrensend aan die noordekant van Orania, is in 2011 deur ‘n groep sakelui van Orania aangekoop teen ‘n bedrag van R18 miljoen. Met ‘n hoë kop aan die westekant en aan die oostekant ‘n 1,2 km oewer aan die Oranjerivier, beskik die eiendom oor besproeiingsregte.
Terwyl die grond grootliks winsgewend vir die verbouing van mielies en koring aangewend word, het dit groot ontwikkelingspotensiaal, wat insluit residensieël en toerisme. Met die druk wat daar tans op Orania is om voorsiening te maak vir die vestiging van al hoe meer Afrikaners, is 'n projek om die eiendom as ‘n agri landgoed ontwikkel, tans besig om momentum te kry – meer besonderhede elders op hierdie bladsy.
Die O/21 Bokkietoernooi wat in Maart jaarliks al 'n instelling in Orania geword het, is besig om in ’n sportfees met unieke karakter te ontwikkel. Benewens 'n langnaweek van rugby en netbal, gaan daar aktiwiteite en saamkuiergeleenthede wees soos musiek deur Jan Rhaap en Ricus Nel, Mej. Sprankelbokkie, ‘n aand van Cantus en 'n sokkie.
Die rugby en netbal met elk ses streekspanne skop Vrydag 22 Maart af, met die finale rugby en netbal Maandagoggend 25 Maart. Vir verder in die toekoms word beoog om uit te brei na sporte soos krieket en hokkie.
Vir meer besonderhede, kontak Jeske van der Walt by081 251 9617 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Gedwonge velkleurkwotas in sport, in besonder in rugby, krieket, atletiek en netbal, word op 6 Maart 2019 in die Arbeidshof deur Solidariteit betwis. In die aanloop tot die saak het Solidariteit en AfriForum spesifieke kwotapersentasies vir verskeie sportsoorte ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) bekom.
Hierdie inligting het ontbloot dat die bedoeling met kwotas veel verder strek as spankeuses en dat dit selfs die rassesamestelling van afrigters, raads- en komiteelede en ondersteuningspersoneel behels. Opsommend kom dit voor of die sportowerhede op ʼn sentrale wyse die rassesamestelling van alle werknemers in die werksomgewing van sport wil reguleer.
Die respondente in die hofsaak is die SA Rugbyunie (SARU), Krieket SA (KSA), Atletiek SA (ASA) en Netbal SA (NSA), asook die Minister van Sport. In hul hofstukke voer Solidariteit aan dat indien die beplande Transformasiehandves van die regering goedgekeur sou word, dit die Minister van Sport, Tokozile Xasa, bykans onbeperkte mag oor sport sal gee. As voorbeeld hiervan is die moontlikheid dat indien ʼn sportsoort nie aan kwotavereiste voldoen nie, die befondsing van die betrokke sportsoort opgeskort kan word
Solidariteit sê indien hul hofsaansoek slaag, sal dit ʼn einde bring aan die politisering van sport en sal die fokus kan verskuif na die ontwikkeling en ontginning van die talente van alle atlete en spelers.
Op 6 April 1652 het Jan van Riebeeck en sy vrou Maria en hul geselskap met hul drie seilskepe, die Dromedaris, Reijger en De Goede Hoop in Tafelbaai anker gegooi en het hulle voet aan wal gesit. Van Riebeeck het in opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) na die Kaap gekom om vir Nederland ʼn halfwegstasie op die seeroete na die Ooste te stig.
Die gelowige Van Riebeeck het met voet aan wal ʼn openbare gebed gedoen en so die Evangelie aan die suidpunt van Afrika geplant – ʼn planting wat sou groei tot die Kaapkolonie, die Unie van Suid-Afrika en uiteindelik die Republiek van Suid-Afrika. Dit was ook die planting waaruit die Afrikanervolk gebore is en wat die leiding geneem het tot die ontwikkeling van Suid-Afrika as by verre die voorste staat op die vasteland.
Twee jaar later op 6 April 1954 het Van Riebeeck tesame met ander ʼn plegtige gelofte aan God afgelê, ’n gelofte waarvan die bewoording steeds tot die Afrikaner van vandag spreek. Dit is waarom die Afrikaner 6 April herdenk as Stigtingsdag – en so behoort dit te wees solank as wat dit God behaag om die Afrikanervolk in Suid-Afrika in stand te hou.
Met wat tans gebeur in die Suid Afrikaanse sportwêreld vanaf laerskole vlak op tot by internasionale vlak, is sportkwotas ooglopend besig om demotiverend in te werk op deelnemers in verskillende sportkodes. Hoe, vra ʼn ouer, verduidelik jy aan ʼn 8-jarige seun dat hy nie vir ‘n plek in sy sportspannetjie kwalifiseer omdat sy vel wit is nie?
Op senior vlak stroom hoogs talentvolle sportlui na oorsese velde waar hulle eerder dik salarispakkette kies bo die onsekerheid of hulle ʼn kwotaplek gaan maak in hul nasionale kleure. Die mees illustrerende jongste geval is die sterbouler Duanne Nel.
Nadat swart en bruin snelboulers beseer is, het hy uiteindelik in die afgelope meerdaagse toetsreeks teen Pakistan sy kans as instaanbouler gekry en het hy so gedy in internasionale kompetisie, dat hy as Speler van die Reeks aangewys is. Steeds is hy egter nie seker is van sy plek in die Proteaspan nie en daarom het hy “met die moeilikste besluit wat ek nog moes neem” gekies om in die fleur van sy loopbaan op ouderdom 26 eerder ʼn Kolpak-kontrak te aanvaar met die Engelse graafskap Yorkshire teen R2,7 miljoen per seisoen vir drie jaar.
Nel sluit aan by Rilee Rossouw wat vroeër dieselfde paadjie geloop het en in so ʼn uitmuntende kolwer ontpop het dat hy tans beter geag word as meeste van die kolwers wat waarskynlik vir die Proteas gekies gaan word vir die komende Wêreldbeker.
Op die rugbyfront het die drie talentvolle Du Preez-broers van die Haaie, Robert, Jean-Luc en Dan, ook waarskynlik vir dieselfde redes kontrak geteken met die Engelse klub Sale vir drie jaar. Sodoende het hulle hul kanse waarskynlik geknou om vir die Springbokke later vanjaar vir die Wêreldbeker gekies te word. Springbokafrigter Rassie Erasmus het hoeka bevestig dat sy kwotasievoorskrif vir die Wêreldbeker 50% is.
Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.
1 Joh.5:4
Dit is met huiwering dat ons onder redaksionele kommentaar hierdie prentjie inbring, maar ag dit tog nodig om die realiteite van die dag te erken. Dit is naamlik die volgende lys van enkele misdade – tereg bestempel te word as terrorisme – wat die afgelope maand onder aandag van Ditsem Nuus gekom het:
Besef ons hoeveel trauma, ontwrigting en smart lê agter hierdie aanvalle? Gaan dit maar net by ons verby en hoop ons ons is nie volgende nie?
Al hierdie aanvalle was swart op wit. Ons mag nie haat nie, maar daar is iets soos plig tot regsvergelding.
Met die ongelooflike getuienisse van korrupsie en diefstal van miljarde der miljarde rand wat soos in uit 'n rolprent daagliks op nasionale televisie vanuit die Zondo-kommissiesittings stroom, kom die volgende vrae onwillekeurig op:
Ons vra weer: Het dit tyd geword vir Afrikaners om op te staan, polities-inkorrek dinge by die naam te noem en daadwerklike teenaksie neem?
Na aanleiding van media berigte en politieke uitsprake die laaste week, die volgende:
Suid Afrika het reeds in ʼn kommunistiese staat verval. Kom ek verduidelik.
1) Die staat, dikteer oor hoe besigheid in die land gedoen word.
2) Die staat, dwing deur wetgewing, streng Arbeidswetgewing af, soos BEE/AA. Dus, kan private maatskappye, nie hul eie beleid van produktiewe besigheid, toepas nie, en moet dus aandeelhouers en werknemers aanstel, om die demografie van die land te weerspieël. Deur dit te doen, word hoogs kundige mense weggewys, omdat hulle a.g.v. hul velkleur, nie kwalifiseer vir poste, aangesien die AA kwotas dan nie bereik kan word nie. Word die kwotas nie bereik nie, staar privaat maatskappye hoë boetes in die gesig.
3) Mededinging word hierdeur gestriem, en daarom sal entrepreneurs eerder die land verlaat, hul idees in ander lande gaan vestig, en hul produkte dan uitvoer na SA!
4) A.g.v. regeringsbeleid, word ongeskikte kandidate in poste aangestel, maar moet dikwels gebruik maak van kundige konsultante, wat teen hoë koste gekontrakteer word.
5) Streng wetgewing word in werksplekke ingestel, waar die werkers gekontroleer word, en streng teen opgetree word, sou hulle misstappe begaan, terwyl hul bestuurders nie aan dieselfde etiese kodes onderwerp word nie. Dit lei tot verkeerde besluite, nepotisme, bedrog. Word die bestuurders uitgevang, kry hulle ʼn goue handdruk, en word dikwels net geskuif na ʼn ander staatsdepartement, sonder enige gevolge vir hul optrede. Hofsake, sloer vir jare, en kom dikwels tot geen konklusie nie, terwyl die persone ʼn lewe van weelde geniet.
6) Terwyl die arm bevolking voortploeter in ellende, lewe regerings amptenare en ministers in weelde, en is nie blootgestel aan enige verantwoordelikheid of aanspreeklikheid nie!
7) Die regering lê beslag op alle geld, hetsy publieke geld (pensioene), SOE gelde (Transnet, Eskom, Danel, ens.) wat die SOE's laat steier, omdat hulle nie hul verpligtinge kan nakom nie. Wie weet dat die ANC 47% besit van Hitachi, wat tans Medupi en Kusile bou?
8 ) Die regering is besig om wetgewing te verander, om alle eiendomme in SA te nasionaliseer. Ja, nie net plase nie, ook jou huis, jou beleggings, en roerende bates!
9) Die regering wil ʼn staatsmediesefonds tot stand bring. Dit beteken dat mediese fondse sal uitfaseer, privaat hospitale sal oorgeneem word, en jy sal saam die res van die arm mense in ʼn ry gaan sit om ʼn dokter te sien. Privaat hospitale, sal weldrae in dieselfde toestand as staatshospitale wees.
10) Die regering wil nou die Reserwebank nasionaliseer. Onthou dat banke by die Reserwebank geld leen. Jy leen weer by jou bank om ʼn huis te koop. Let op, dat jou huis aan jou bank behoort, tot dit klaar betaal is. So ook jou kar! En jou bank, behoort aan die Reserwebank, solank jou bank hom geld skuld. Dus, word die Reserwebank genasionaliseer, neem die regering dus alle bates van die bank oor. Dit sluit jou huis/plaas in wat nog ʼn verband het. En alle uitstaande lenings wat jy het. Die regering kan dus beslag op jou huis lê, indien jy nie al jou skuld op een slag kan delg nie.
Dit, mense, is kommunisme!
Sien by hierdie videogreep hoe blanke vrou vertel hoe sy elke oggend koerante verkoop in Pretoria
Met die ongelooflike getuienisse van korrupsie en diefstal van miljarde der miljarde rand wat daagliks voor die Zondo-kommissie uitstroom, kom die vraag onwillekeurig op:
Het dit tyd geword vir Afrikaners om op te staan? Of moet 'n Amerikaanse Arabier soos in hierdie videogreep dit vir hulle doen?
Op sosiale media is berig dat China ʼn lening van R33,4 miljard aan die regering toegestaan het om spesifiek Eskom te help en dat indien die paaiemente in hierdie geval enigsins agterstallig sou raak, China vir Eskom in geheel sou oorneem. Hoe waar dit is, kan ons nie sê nie, maar verder berigte lui dat China tans o.m. in die volgende gevalle in Afrika koloniseer:
Hierdie is slegs maar die oortjies van die seekoei, maar die geelligte flikker skerp en duidelik.
Ondanks al die diskriminasie teen Afrikaans as taal en die pogings van die regering en ander owerhede om Afrikaans om elke hoek en draai in te kort of af te sny, styg Afrikaans ver uit bokant enige ander taal in die land insluitende Engels. So is die meeste boeke wat in SA verkoop word, in Afrikaans en floreer die Afrikaanse uitgewersbedryf; die Afrikaans sprekende samelewing in samewerking met rolspelers in die skoolstelsel is besig om primêre en sekondêre onderwys in Afrikaans uit te bou; die Afrikaanse universiteitswese word in die private sektor weer van onder af opgebou.; die Afrikaanse media aan die regse spektrum wen al meer veld; en aanhoudend sien die een na die ander Afrikaanse film die lig.
Afrikaans is dus steeds besig om as ʼn lewenskragtige taal in gehalte van wêreldklas van krag tot krag te gaan en bewys daagliks dat dit tops is.
Die skreiende dubbele standaarde in rassisme wat tans hoogty vier in SA, is eenvoudig verstommend. So bv.:
In al hierdie gevalle piep die hoofstroommedia kwalik, terwyl die MRK dit glad nie opneem nie. Dit gaan in sekere sin maar net verby as een van daardie dinge. Maar, o wee, as 'n blanke net skeef kyk vir 'n swart persoon, dan hang die hoofstroommedia dit aan die groot klok, terwyl radikale swartes gal braak en die regering wetgewing voorlê duidelik daarop gemik om “rassisme” en “haatspraak” deur blankes te kriminaliseer en met tronkstraf strafbaar te maak.
Hierdie toedrag van sake is niks minder as onverklaarde burgeroorlog teen blanke SA burgers nie. Hoe lank gaan blankes en in besonder Afrikaners stilswyend toekyk? Het hulle 'n politieke voorhoede om vir hulle op te staan en die waarheid by die naam noem?
Uit die talle nuushooftrekke wat deur DitsemBlits hierdie week uitgestuur is, onderstreep ons die volgende as die sewe mees insiggewende:
Met die verstommende getuienis lewering oor die twee kommissies van ondersoek na staatskaping nl. die Zondo- kommissie en die Mokgoro- kommissie, kruip ook t.o.v. Eskom al meer wurms en slange uit. Hoe Eskom misbruik is om miljarde der miljarde rand te steel, is eenvoudig vreemder as fiksie.
Die vraag is egter, wat presies gaan tans aan by Eskom en in watter mate is die nasionale kragvoorsiener in staat om noodsaaklike volhoubare elektrisiteit vir die land te voorsien? Die nare waarheid is dat sou die netwerk landswyd platval, dan sou dit letterlik nag wees in Suid-Afrika, op die korttermyn altans, totdat alternatiewe kragvoorsiening in plek gestel is.
Konflikterende syfers omtrent Eskom word genoem, maar redelik betroubaar lyk dit asof die nasionale kragvoorsiener tans opgeloopte skuld het van R419 miljard, wat beteken dat dit jaarliks R45,2 miljard nodig het om hierdie skuld te diens. Die afgelope boekjaar het Eskom egter slegs R26,6 miljard gegenereer, wat weer beteken dat dit R18,5 miljard tekort het op sy skuldfinansiering.
Terselfdertyd het Eskom-verkope gedaal met 0,8%, wat meegebring het dat inkomste slegs met 2,7% kon styg – ver minder as wat nodig is om bedryfskoste en skuldfinansiering te dek. Gegrond op hierdie syfers word geprojekteer dat die skuld van Eskom oor die volgende drie jaar kan eskaleer na R600 miljard.
Eskom het tans 'n staatswaarborg van R350 miljard om sy finansies te dek, waarvan R337 miljard reeds opgebruik is. In die begroting vandeesweek in die Parlement is R230 miljard vir Eskom geoormerk en word dit aangewend in paaiemente van R23 miljard per jaar oor 10 jaar.
Na berig word, het Eskom tans vir 11 van sy kragstasies nie voldoende steenkool nie en moet die tekort aangevul word deur duur dieselaankope – ʼn kritieke bottelnek in die voortgesette funksionering van die kragvoorsiener. Daarby is die twee nuwe kragstasies Medupi en Kusile pas in werking gestel, maar is dit van so swak konstruksie dat onmiddellike herstelwerk van R8 miljard noodsaaklik is.
Ander verswarende feite is dat die onbetaalde skuld van munisipaliteite aan Eskom in totaal blykbaar sowat R30 miljard beloop, waarvan Soweto alleen sowat R14 miljard skuld; grootskaalse onwettige aftappings uit die nasionale kragnetwerk; ver te groot personeelkorps; patetiese wanbestuur oor meer as twee dekades; erg verouderde infrastruktuur en agterstallige instandhouding; en die miljarde rand uit Eskom waarmee die Guptas in Dubai sit.
Daar is ook op sosiale media daarop gewys dat pres. Ramaphosa en Minister van Energie Jeff Radebe getroud is met twee susters van Patrice Motsepe, eienaar van ook die grootste energiemaatskappy in die land African Rainbow Energy & Power (AREP). Van laasgenoemde is Brian Dames, vorige Eskom hoof, die uitvoerende hoof en dat dit alles inpas by die beoogde ontbondeling van Eskom. Hoeveel steek daar in hierdie en hoe speel dit uit in die praktyk?
By dit alles word op sosiale media berig dat die Chinese regering verlede jaar ʼn R33,4 miljard lening vir Eskom toegestaan het, op voorwaarde van 20 terugbetaalpaaiemente oor 10 jaar beginnende Junie 2019; in geval van wanbetaling dan neem China Eskom in geheel oor. Hoe waar is hierdie berig of gerug?
Hoe dit ookal is, volgens energiekundige Ted Blom in ‘n TV-onderhoud kan deur doeltreffende bestuur en besnoeiings by Eskom met feitlik onmiddellike effek sowat R100 miljard per jaar bespaar word, wat beteken dat Eskom binne sowat vier jaar uit sy skuldstrik kan wees. Kan deur die herindiensname van voormalige Eskom-ingenieurs en opgeleide personeel dit bewerkstellig word?
Wat gaan dus regtig by Eskom aan? Wat egter moed gee, is die openhartige getuienisse tans voor die kommissies van ondersoek en die opregte verontwaardiging onder opposisiepartye en die algemene publiek, insluitende talle swart mense en dat hieruit tog ʼn wonderbaarlike regruk-aksie sal spruit, ook vir die langtermyn.
Van Aitsa.com is die volgende selfverduidelikende media vrystelling ontvang:
“Van bestelling tot telefoonoproep, van faktuur tot nasorgdiens sonder sukkel, huppel, of haak. Aitsa.com sal internetdienste in Afrikaans aan kliënte lewer en internetkonnektiwiteit aan verbruikers deur optiesevesel- en ADSL-netwerke bied.
“Aitsa.com as ‘n inisiatief van Metrofibre Networx (MFN) is nie net Afrikaans nie, maar bied ook 100% onbeperkte (“uncapped”); ongevormde (“unshaped”) en ongeriemde (“unthrottled”) veselinternetpakkette vanaf R659 per maand. Aitsa.com is tans beskikbaar op die Openserve- en Metrofibre-vesel-infrastruktuur, maar sal binnekort op alle veselnetwerke beskikbaar wees.”
Vir meer besonderhede, besoek www.aitsa.com.
Jaarliks stel Ditsem Nuus as Afrikaanse koerant gebaseer te Orania, ʼn Geloftefeeskalender saam van Geloftefeeste wat nie net in SA gehou word nie, maar selfs in die buiteland. Hierdie Kalender word in die gedrukte koerant gepubliseer sowel as op die Internet en op die Facebookblad van die Kalender. Gerieflikheidshalwe is hierby die skakel na die Facebookblad en die 2018 Geloftefeeskalender.
Gesien ook die groter prentjie van die huidige omstandighede in die land en ook dié rakende die Afrikaner, word dit noodsaakliker geag as ooit tevore dat die Afrikaner as volk moet vashou aan die Gelofte van Bloedrivier, dit deurentyd onderhou en ook uitleef. Die Gelofte is nie net vir 16 Desember nie, maar behoort ook prakties in sy implikasies dwarsdeur die jaar uitgeleef te word.
As een manier van uitlewing of om dit te fasiliteer, het Ditsem Nuus die spesiale Facebookblad vir die Geloftefeeskalender geskep en word almal wat betrokke is by Geloftefeeste genooi om insette rakende hul Geloftefees en die Gelofte self op die blad te maak. Plaas gerus veral foto’s van jou Geloftefees en laat weet ook nuus omtrent beplanning vir die fees vanjaar DV.
Wat insette betref, word vriendelik die volgende gevra: Nie meer as 10 foto’s per fees nie / Geen negatiewe of neerhalende kommentaar teenoor enige iemand of groep nie / Geen rassisme nie / Geen partypolitiek nie / Bly by die Gelofte en die betekenis daarvan vir die Afrikanervolk / Goeie Afrikaanse taalgebruik / Daar mag verskillende standpunte wees, maar mag die Heilige gees gee dat daar oor die Gelofte eensgesindheid sal wees.
Ditsem Nuus behou die reg voor om inhoud van die Facebookblad te redigeer. Ons sien egter uit na lewendige, interaktiewe en informatiewe bespreking oor en rondom die Gelofte en die betekenis daarvan vir die Afrikaner.
Kom ons skep sodoende ʼn netwerk van Afrikaners bona fide oor die Gelofte en die toekoms van ons volk. Terwyl die insette van die mense met ervaring nodig is, word ook uitgesien na die betrokkenheid van die jeug.
Hoekom is Ditsem Nuus passievol oor Afrikaner Volkskap en word daarna gestreef om dit vanjaar verder te bevorder? Dit is omdat uit die Bybel blyk dat vier samelewingsverbande vir God belangrik is: Huwelike / Gesinne met ouers en kinders / Families / en dan Volke, wat soos ʼn goue draad reg deur die Bybel loop.
Daarom word die siening gehuldig dat die Afrikanervolk ook die wil van die Here is, soos wat Hy die mensdom in hierdie bedeling in ʼn verskeidenheid van volke, nasies en bevolkingsgroepe geskep het. Dit beteken dat die Afrikaner trots kan wees, maar nie meerderwaardig nie en ander etnisiteite respekteer – die liefdesbeginsel van God bo almal en jou naaste soos jouself.
Hierdie perspektief word gestel soos wat dit uit die Woord gesien word en wil daaroor nie in dogmatiese argumentering verval word nie. Kom ons bly by die Gelofte en die betekenis daarvan vir Afrikanervolk.
Ons sien uit na die deelname van bona fide belanghebbendes.