► Beurtkrag: pres. CR en Eskom sê skuld vir Vlak 4 is sikloon in Mosambiek en Zimbabwe wat kraglyne met Cabora Bassa ontwrig ► MTN swig voor druk van Panyaza Lesufi en andere en onttrek borgskap vir Afrikaans is Groot oor deelname van Steve Hofmeyr ► Black Business Council (BBC) kondig voorneme aan om nuwe bank vir swart entrepreneurs te stig in samewerking met Reserwebank, vir verder fondse beoog pensioengeld onder bestuur van OBK ► Eerste pad van herwinde plastiek afval word tans by Jeffreysbaai gebou deur Kouga Munisipaliteit in samewerking met Skotse maatskappy MacRebur, word gesê is goedkoper as teer, maar hou langer – volg hierdie skakel ► Fooi van kurator SizweNtsalubaGobodo vir likwidasie van FBS Bank is R21,6 miljoen ► Vermoede op sosiale media dat skietery van Moslems in Christchurch, Nieu-Zeeland, vooraf beplan om simpatie vir Moslems in Nieu-Zeeland en Australië op te wek vir groter immigrasie na die twee lande soos in infiltrasie in Europa ► Nog kommentaar op sosiale media wys daarop dat Moslems wêreldwyd die grootste enkele vervolgers en moordenaar van Christene is, Somalië, Libië, Pakistan, Jemen, Iran, Sirië, Irak, Saoedi-Arabië, Egipte, Oesbekistan, Nigerië, Turkye en vele ander lande – besoek www.opendoors.org.za ► Pas verneem skietery in Utrecht, Nederland, op trem, een persoon gedood, skieter nog op vrye voet, nuus besig om te breek ► In Algerië tree pres. Abdel Aziz Bouteflika (82) ná 20 jaar af en word nuwe kabinet met Noureddine Bedoui aangewys, maar duisende betogers eis vrye verkiesing ► Luister hoe word Die Stem gisteraand by 'n konsert in Vlaandere, België, gesing in simpatie met blanke Suid-Afrikaners ►

Rassediskriminasie (68)

Die afgelope twee weke was waarskynlik die bloedigste nog in die toenemende terroristiese aanslag teen blankes in SA sedert 1994, met vier wreedaardige plaasmoorde en verskeie ander blankes in dorpe en stede in hul huise en werkplekke vermoor. Voorverlede Saterdag is Jeffrey Zetler (62), eienaar van Mooiberg Strawberry Farms naby Stellenbosch, verskaffers van aarbeie landswyd en aan uitvoermark, in sy kantoor met ‘n mes doodgesteek. Sy maatskappy het 1 000 werknemers in diens en is een van die mees vooraanstaande landboubedrywe in die Wes-Kaap en selfs in die land.

Dieselfde naweek is by Hartbeespoort Peter Dawson (65) in sy huis om middernag deur drie aanvallers summier doodgeskiet toe hy, volgens hulle, te veel gepraat het. Sy dogter, wat 'n ooggetuie was, het daarin geslaag om te ontsnap en ver gehardloop om hulp te gaan ontbied.

Naby Rustenburg is Kallie Schoonraad (47) en sy gesin op 23 Junie om 20:00 in hul plaashuis naby Shylock, deur vyf gewapendes oorval en is Kallie doodgeskiet en sy gesinslede aangerand. Op die plaas Leeuwfontein, Roodeplaat, Gauteng is

Jonty Jacobs (28) twee keer geskiet in 'n nagaanval en is hy in ‘n kritieke toestand in die hospitaal oopgeneem.

By Vanstadensrus in die suidoos-Vrystaat is Choppie Bruwer (78) en sy vrou Marian (68) dood met kopskote en vasgebind op stoele in hul plaashuis aangetref. Hulle was net 'n jaar getroud.

Die afgelope sowat 120 uur is nog sewe plaasaanvalle aangemeld, nie een waarvan sover bekend noodlottig was nie. Betroubare inligting vanaf een of enkele bronne is egter skaars en derhalwe moet na inligting uit verskillende oorde gekyk word en moet dit ook eers geverifieer word.

Hierdie berig fokus ook net op plaasaanvalle, terwyl bekend is dat daar in dorpe en stede deurlopend aanvalle op blankes in hul huise en werkplekke is. So bv. is in die afgelope tyd te Parys Pierre Lotz (77), oud-direkteur van onderwys in Gauteng, in die nag in sy huis só deur drie aanvallers geslaan dat hy gesterf het.

Groot ontevredenheid heers in blanke geledere omdat nóg pres. Cyril Ramaphosa nog enige ander regeringsleier enige simpatie of ongelukkigheid met hierdie moorde uitgespreek het nie. Op sosiale media word wyd die gevolgtrekking gemaak dat hierdie stilte beteken stilswyende goedkeuring van die situasie wat nie anders beskou kan word as terrorisme en uiterse rassisme teen blankes nie.

Die twee veroordeelde mans in die sg. doodskissaak, Willem Oosthuizen en Theo Jackson, het ook in die Appèlhof 'n bloutjie geloop om te appelleer teen hul tronkstraf van onderskeidelik 14 en 11 jaar. Die twee is verlede jaar in die Hooggeregshof skuldig bevind aan aanranding, poging tot moord, menseroof en intimidasie en die regter het hul optrede bestempel as “vernederend, walglik en teen die gees van die Grondwet”.

Die Hooggeregshof het ook beslis dat hulle mag nie appelleer nie, 'n beslissing wat deur die Appèlhof gehandhaaf is, met die bevinding dat daar “geen redelike vooruitsigte op sukses is nie en ook geen dwingende rede hoekom hulle mag appelleer nie. Intussen loop die man wat hulle in die doodskis wou indwing, Victor Mlotshwa, vry en sonder 'n sigbare skeet rond.

Volgens 'n skriftelike antwoord van Minister van Staatsdiens en Administrasie, Ayanda Dlodlo op 'n Parlementêre vraag van die VF Plus, blyk dit dat daar nog geen afplatting in sg. regstellende aksie is ondanks die feit dat demografiese teikens in die staatsdiens lank reeds bereik is.

Blankes met 7,5% in die staatsdiens is tans 1,4% onderverteenwoordig, waar dit vier jaar 8,8% was. Bruines is met 0,3% onderverteenwoordig alhoewel hul situasie effe verbeter het oor die laaste vier jaar, en Indiërs met 2,5% is presies reg.

Daarenteen is die verteenwoordiging van swartes wat 79,2% van die bevolking uitmaak, tans met 2,2% oorverteenwoordig in die staatsdiens op 81,4%.

Vodacom het bekendgemaak dat dit sy aandeelhouding i.t.v. swart ekonomiese bemagtiging in SA met 20% gaan uitbrei, wat beteken dat R17,5 miljard beskikbaar gestel word vir nuwe swart aandeelhouers. Dit word beplan om dit te doen deur die aandeelhouding van Vodacom YeboYethu dienooreenkomstig uit te brei.

Volgens die HUB van Vodacom Shameel Joosub sal die uitbreiding geskied deur Royal Bafokeng Holdings (RBH), Thebe Investment Corporation en Yebo Yethu in 'n groter SEB groepering saam te voeg vir 'n nuwe 10-jaar termyn. As sulks sal dit die vorige Yebo Yethu aandeelhouding t.w.v. R7,5 miljard vervang en waardeur 102 000 swart beleggers en 8 500 huidige en voormalige Vodacom SA werknemers begunstig is.

Groot ontsteltenis heers oor die Haatspraak-wetsontwerp wat deur die Kabinet goedgekeur is en tans in die Parlement ter tafel is. Wyd word gemeen dat die wetsontwerp in wese daarop gemik is om kritiek teen swartmense te keer en dit te kriminaliseer met die dreigement van tronkstraf, asook dat dit dieselfde effek kan hê t.o.v. bv. teenkanting teen homoseksualisme.

In 'n mediaverklaring veroordeel die vakbond Solidariteit die wetsontwerp ten sterkste en sê dat die toepassing daarvan kan lei tot ʼn onderdrukking van grondwetlike regte en die vermoë van burgers om hul politici aanspreeklik te hou vir wangedrag. “Die wetsontwerp is eenvoudig hopeloos te breed geformuleer en sal noodwendig tot arbitrêre en onregmatige toepassing lei, terwyl dit denkbaar is dat dié wet, sou dit aanvaar word, enige individu tronkstraf kan oplê bloot omdat die persoon afwyk van die heersende party se ideologie,” aldus Solidariteit.

Die vakbond Solidariteit het ʼn deurbraak behaal in sy dispuut by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) teen Sasol oor blankes wat uitgesluit is van sy nuwe bemagtigingskema, Khanyisa, toe die KVBA bevind het dat werknemers wel mag staak oor rasuitsluiting. Dit volg nadat Sasol aan die einde van verlede jaar bekendgemaak het dat sy bestaande werknemerbemagtigingskema, Inzalo, wat op 18 Mei 2018 ten einde loop, vervang gaan word met ʼn nuwe bemagtigingskema, Khanyisa, wat egter glad nie voorsiening maak vir blanke werknemers nie.

Die nuwe skema bestaan uit twee fases waarvan die tweede fase slegs vir werknemers van die aangewese groep geld. Sasol het egter gesê dat om blankes deel van Khanyisa te maak, indruis teen die wese van betekenisvolle transformasie. Solidariteit het daarenteen in sy dispuut by die KVBA aangevoer dat blanke werknemers wel mag staak om soortgelyke voordele te bekom.


Die kommissaris het egter bevind dat Solidariteit se dispuut as ʼn saak van gemeenskaplike belang geklassifiseer moet word en dus verder deur die KVBA ondersoek moet word. Hierdie bemiddelingsproses moet nog plaasvind, maar minstens het die KVBA beslis dat ras tot dusver in die dispuut nie 'n rol mag speel nie. Vir meer besonderhede, skakel Deon Reyneke by 082 772 1926.

Die Wetsontwerp vir Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak word steeds deur die regering en sy meelopers in die Parlement met 'n passie gedryf. Die eerste weergawe van die wetsontwerp is in 2016 gepubliseer en is wyd en eenstemmig in openbare kommentaar gekritiseer. Daar is o.a. gesê dat die wetsontwerp kan die einde van vryheid van spraak in SA beteken.

Die wetsontwerp het o.m. bepaal dat negatiewe kommentaar of kritiek op die staatspresident gekriminaliseer word en wat by skuldigbevinding kan lei tot tronkstraf vir tot en met 10 jaar. Genadiglik het die oorweldigende openbare kommentaar impak gehad en is 'n tweede weergawe van die wetsontwerp gepubliseer met aansienlik sagter bepalings, maar nogtans bevat dit kriminalisering van kritiek ongekend in SA. So bv. wys die Vryemark Stigting daarop dat in die Grondwet vier gronde diskriminasie of te wel haatspraak vervat is, nl. ras, etnisiteit, geslag en godsdiens, maar in die nuutste wetsontwerp word 15 gronde gestel, insluitende ouderdom, kultuur en godsdiens.

Die wetsontwerp maak darem heelwat voorsiening vir uitsonderings of vrystellings, maar dat dit is steeds 'n drakoniese wetsontwerp is, is gewis. Derhalwe behoort dit met alle mag beveg te word ten einde te keer dat SA in 'n Kommunistiese bestel omskep word.

Vir die publiek om kommentaar teen die wetsontwerp te lewer, stuur epos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Besoek ook www.justice.gov.za

AfriForum het verlede week sy Plaasveiligheidsassessering bekend gestel as hulpmiddel vir mense in plattelandse gebiede om hulself en hul eiendomme te beveilig. Dit volg ná sowat 110 plaasaanvalle en -moorde landswyd reeds vanjaar.

Onder die jongste gevalle – wat eintlik terroriste-aanvalle op plaasbewoners is – is Martin Louw, bekende boer en plaasbestuurder van Tulbagh wat op 14 Maart op sy plaas doodgesteek is. Die twee aanvallers het met huisware gevlug.

Op 23 Maart is 'n 44-jarige ma van drie kinders om middernag op 'n plaas in die distrik Hankey, Oos-Kaap, deur 'n inbreker gewond, toe verkrag en toe gedwing om hom met haar motor na die kitsbank te neem om geld te trek. Die vrou en haar kinders is erg getraumatiseer. Haar man was weg op 'n jaguitstappie. 'n 30-jarige verdagte is oor die voorval in hegtenis geneem.

Inmiddels sê AfriForum in 'n mediaverklaring oor hul Plaasveiligheidsassessering: “Dit bied ’n instrument aan die landelike gemeenskap om te meet hoe veilig hulle is en ook wat hulle kan doen om veiliger te wees. Ons kan reeds die helfte van die stryd wen deur voorbereid te wees en seker te maak dat elkeen doen wat hul kan om veiliger te wees.”

Die assessering kan bekom word deur ’n versoek te stuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

By die onlangse jaarkonferensie van die sg. B-BBEE Commission te Gallaghar Konvensiesentrum in Midrand het Minister van Handel en Nywerheid Rob Davies gesê alle staatsondernemings en staatsdepartemente is verplig om die Broad-Based Black Economic Empowerment (B-BBEE) Act te implementer – dit is nie opsioneel nie maar verpligtend. Hy het gesê dat uit die 195 voldoeningsverslae wat die kommissie ontvang het was hoogs teleurstellend slegs agt van staatsondernemings en geen van die SETA’s nie.

Die betrokke wet is baie streng dat besigheid slegs direk of indirek na swartmense gekanaliseer moet word, maar in die praktyk word probleme met frontmaatskappye, skynvoorstellings en bloot nie-voldoening ondervind. Daarom word beplan om die skroewe deur verifikasie-agentskappe en ander moniterende instansies skerper aan te draai.

Die voorbladberig in die Maart 2018 uitgawe van Ditsem Nuus getiteld Dreigende grondgryp gemik op volslae Kommunisme handel oor die beplande onteiening van grond sonder vergoeding. Die artikel lui o.m. soos volg:

“Indien 'n nugter ontleding gedoen word van die verklaarde voorneme van pres. Cyril Ramaphosa namens die ANC om grond in SA te onteien sonder vergoeding, soos dit op voorstel van die EFF deur die Parlement bekragtig is, dan blyk dit wat eintlik ten doel is, is die omskepping van die land in 'n volslae Kommunistiese staat. Dit het aardskuddende implikasies, maar wat lê in werklikheid hierdie kritieke saak ten grondslag?”

In antwoord op hierdie vraag word verskillende stelle relevante feite onder die loep geneem en word o.a. tot die volgende gevolgtrekking gekom:

“Grondgryp is 'n groteske verneukspul ten einde SA in 'n Kommunistiese staat te omskep en wel as eiendom van die eintlike meesters, die NWO. Daarom moet grondgryp nooit as 'n gegewe aanvaar word nie, trouens daar is geen alternatief as om dit met alle mag te beveg nie. Bevegting vorm die prop in die gat om te keer dat SA in Kommunistiese chaos en ‘n bloedbad verval en dat die wonderlike gawe van vryheid totaal verlore gaan.

“Daar is Christelike opdragte en regte wat hoër is as die grondgrypwette van 'n korrupte regering en getalstirannie en derhalwe moet dit oorskryf word met alle nodige morele, wetlike, ekonomiese en, as dit moet, militêre vermoë. Hierdie verpligting bring die Afrikaner / Boer waarskynlik te staan voor die grootste uitdaging in sy ganse geskiedenis.”

Om die volledige artikel te lees, kliek op hierdie skakel.

Bladsy 2 van 5
Go to top