► Beurtkrag: pres. CR en Eskom sê skuld vir Vlak 4 is sikloon in Mosambiek en Zimbabwe wat kraglyne met Cabora Bassa ontwrig ► MTN swig voor druk van Panyaza Lesufi en andere en onttrek borgskap vir Afrikaans is Groot oor deelname van Steve Hofmeyr ► Black Business Council (BBC) kondig voorneme aan om nuwe bank vir swart entrepreneurs te stig in samewerking met Reserwebank, vir verder fondse beoog pensioengeld onder bestuur van OBK ► Eerste pad van herwinde plastiek afval word tans by Jeffreysbaai gebou deur Kouga Munisipaliteit in samewerking met Skotse maatskappy MacRebur, word gesê is goedkoper as teer, maar hou langer – volg hierdie skakel ► Fooi van kurator SizweNtsalubaGobodo vir likwidasie van FBS Bank is R21,6 miljoen ► Vermoede op sosiale media dat skietery van Moslems in Christchurch, Nieu-Zeeland, vooraf beplan om simpatie vir Moslems in Nieu-Zeeland en Australië op te wek vir groter immigrasie na die twee lande soos in infiltrasie in Europa ► Nog kommentaar op sosiale media wys daarop dat Moslems wêreldwyd die grootste enkele vervolgers en moordenaar van Christene is, Somalië, Libië, Pakistan, Jemen, Iran, Sirië, Irak, Saoedi-Arabië, Egipte, Oesbekistan, Nigerië, Turkye en vele ander lande – besoek www.opendoors.org.za ► Pas verneem skietery in Utrecht, Nederland, op trem, een persoon gedood, skieter nog op vrye voet, nuus besig om te breek ► In Algerië tree pres. Abdel Aziz Bouteflika (82) ná 20 jaar af en word nuwe kabinet met Noureddine Bedoui aangewys, maar duisende betogers eis vrye verkiesing ► Luister hoe word Die Stem gisteraand by 'n konsert in Vlaandere, België, gesing in simpatie met blanke Suid-Afrikaners ►

Rassediskriminasie (68)

Die SA Menseregtekommissie (MRK) het onlangs sy bevinding op die klag van haatspraak en aanhitsing tot rassehaat wat die Volksraad en die HNP op 21 Januarie 2016 teen pres. Jacob Zuma by dié instelling gelê het, bekendgemaak Die klag is aanhangig gemaak na aanleiding van Zuma se uitlating dat die blankes die grond van Suid-Afrika by die Swartes sou gesteel het. Na ‘n beredenering van 12 bladsye het die MRK o.m. bevind: “Upon an in-depth consideration, the Commission is satisfied that the statement is unlikely to cause the serious and significant hurt or harm to White persons as required by the law, and it is further unlikely to promote or propagate hatred. On this basis, the Commission is unable to find that the statement in question constitutes hate speech. In the circumstances of the current complaint, the Commission is unable to make a finding of a human rights violation, and will accordingly proceed to close its file herein.” Die Volksraad het gesamentlik teen die bevinding geappelleer, maar die MRK het gereageer dat dit weens werksdruk ‘n geruime tyd sal duur voordat die appèl oorweeg sal word.

In die moordklagsaak van Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) te Coligny, het landdros Magaola Faso hulle op borgtog van R5 000 elk vrygelaat en gesê: “Die dood van Matlhomola Mosweu (16) verdeel die gemeenskap van Coligny op 'n rassegrondslag, maar die hof kan nie deur openbare mening gyselaar gehou word nie. Die fundamentele funksie van die hof, of daar openbare optrede oor 'n saak is of nie, is om uitvoering aan geregtigheid te gee, toegepas ingevolge gevestigde wetlike riglyne en die Grondwet. Nie een van die beskuldigdes het vorige veroordelings of hangende sake teen hulle nie en die staat het in hierdie stadium nie 'n sterk saak teen hulle nie.”

'n Mediaverklaring van die VF Plus lui: “Die ANC se beweerde plan om die regbank radikaal te transformeer, moet op elke wyse moontlik teengestaan word. Luidens 'nberig in die Sunday Times blyk dit dat die ANC meen regters is ‘ teen-revolusionêr’ en dat die Geregtelike Dienstekommissie (GDK) sy werkwyse moet aanpas met die aanstelling van regters. Hierdie voorneme van die ANC moet ten sterkste veroordeel word. Dit is duidelik dat die ANC nie daarvan hou dat die regbank hom tot verantwoording roep soos telkemale in die onlangse verlede gebeur het nie. Dit raak
duidelik dat die ANC nie glo in die oppergesag van die reg nie, maar in die oppergesag van die ANC.”

Ná 'n jarelange hofstryd deur Solidariteit en AfriForum om die amptelike transformasieteikens oftewel raskwotas vir SA sportkodes uit Minister van Sport Fikile Mbalula te kry, het laasgenoemde dit uiteindelik verlede week drupsgewys bekendgemaak. Sover vasgestel kan word, is dit soos volg: ?Rugby nasionaal senior mans: Spanne moet 45% gekleurd wees, maar 30% van die spelers moet swart (d.w.s. nie bruin of Indiër nie) wees. ?Rugby vroue: Spanne moet 80% gekleurd wees. ?Sokker nasionaal: Spanne moet 75% swart en 25% gekleurd (bruin en Indiër) wees. ?Krieket nasionaal: Spanne moet 60% gekleurd wees, terwyl 27% van die span swart moet wees. ?Atletiek bestuurstruktuur nasionaal: 100% swart. Meer betroubare besonderhede is egter nie op hierdie stadium beskikbaar nie, maar bogenoemde kan as betroubaar gereken word. Die prentjie in elk geval wat na vore kom, is om blankes sover moontlik uit SA sport te druk.

Solidariteit veldtog teen dubbelstandaarde by rassisme Solidariteit het ’n reuseveldtog geloods oor die volgende drie maande teen dubbelstandaarde in die toepassing van rassisme in SA met die oog op uiteindelik ʼn gemotiveerde voorlegging aan verskeie forums, soos die Internasionale Menseregtekommissie. 'n Verslag hieroor gaan opgestel word en ook 'n konferensie aangebied word. ’n Massaklag, waarin tienduisende Suid-Afrikaners gaan vra dat alle vorme van rassisme in Suid-Afrika oor dieselfde kam geskeer word, gaan ook deel uitmaak van die veldtog. Aan die einde van die veldtog gaan die klag by die Parlement, die SA Menseregtekommissie (SAMRK), die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO), die VN se Kommissie vir Menseregte, asook die VN Komitee vir die Uitwissing van alle Vorme van Rassediskriminasie (CERD) ingedien word. Volgens Solidariteit is Suid-Afrikaners moeg vir die dubbelstandaarde wat in die land geld wanneer dit by ras kom met veral politici en mense in gesagsposisies wat rassespanning aanwakker. Meer besonderhede by dr. Dirk Hermann by 082 461 8485.

Die SA Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) het bekendgemaak dat meer as 300 beurse beskikbaar is vir Matrieks wat vir geoktrooieerde rekenmeester wil gaan studeer. Aansoeke vir die Thuthuka Bursary Fund is oop tot 30 April 2017, maar dit geld slegs vir swart en bruin aansoekers. Meer besonderhede by Karin Iten van SAIGR by (011) 621 6913 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

In een van die sterkste uitsprake nóg oor rassekwotas het die Appèlhof op 2 Desember 2016 bevind dat rassekwotas ongrondwetlik en irrasioneel is. Dit was in ‘n saak waarin die Minister van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling en die Meester van die Hooggeregshof die appèllante was, terwyl Solidariteit, verskeie verenigings wat namens besorgde insolvensiepraktisyns opgetree het en die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) die respondente was. Die saak het gehandel oor ʼn beleid oor die aanstelling van insolvensiepraktisyns wat die Minister Februarie 2014 in die Staatskoerant gepubliseer het en wat erge bepalings bevat het oor onbillike kwotas vir verskillende rasse in die werksplek. In reaksie sê Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit: “Dit is ʼn baie ernstige aanklag teen ʼn regering wat wil hê dat rassisme deur wetgewing tot misdaad verklaar moet word.” In hul uitspraak het regters Mathopo, Mpati, Swain en Van der Merwe bevind dat hierdie beleid en stelsel ongrondwetlik en irrasioneel is en het dit onwettig en ongeldig verklaar. ʼn Kostebevel is teen die Minister en die Meester.”

In ‘n mediaverklaring sê die Vereninging van Regslui vir Afrikaans (VRA): “Dit het tot ons kennis gekom dat die National Forum wat tans aandag gee aan die samestelling van die Legal Practice Council (LPC) wat kragtens die Legal Practice Act 28 van 2014 tot stand moet kom, oorweeg om by die Minister van Justisie aan te beveel dat die LPC ooreenkomstig streng ras- en geslagskwotas saamgestel moet word. Terwyl ons van mening is dat die samestelling van nasionale liggame soos die toekomstige Legal Practice Council die demografie van die land moet verreken, is ons sterk gekant teen die idee dat ʼn rasse- of enige ander kwota as beginsel aangewend word in die samestelling en verkiesing van die LPC. Sodanige kwotastelsel is klaarblyklik strydig met die Wet self en met die Grondwet en druis in teen die vrye uitoefening van keuse in ʼn demokratiese verkiesing. Instede daarvan behoort ʼn gesonde en buigsame formule eerder as gewraakte kwotas aangewend te word.” Vir meer besonderhede, kontak Tiaan van Dyk van die VRA by 082 825 8876.

Sedert pres. Jacob Zuma met die ASNC 105-jarige viering in Soweto op 8 Januarie aangekondig het dat die ANC deur die regering vanjaar radikale ekonomiese transformasie gaan versnel deur die aanvaarding en toepassing van die Wetsontwerp op Onteiening, is daar opvallende angstigheid onder talle swartmense dat die tyd vir grondgryp en uitdrywing van blankes uit die hoofstroom ekonomie aangebreek het. Zuma het sy aandrang herhaal by ‘n verdere ANC-viering te Burgersfort, Limpopo, op 22 Januarie en bygevoeg: “Die ANC is aan die mense se kant en God aan die ANC se kant. Ons kan nie verloor nie.” Wat duidelik hierdeur aangeblaas word, is ‘n haatveldtog teen blankes en in effek propagering van die beweerde regverdiging vir ‘n burgeroorlog.

Dit is ongelooflik om te ervaar hoe DStv kanaal 405 van ANN7 wat onder eienaarskap van die veelbesproke Gupta-familie is, feitlik 24/7 haatspraak teen blankes pomp. In nuus en kommentaar word voortdurend gewys op die sg. immoraliteit van “white monopolistic capitalism” wat die rede sou wees vir die verontregting van swart mense in die land ook veral oor die afgelope 22 jaar. Dit word uitgesaai aan die hand van onderhoude wat TV-aanbieder Sindy Mabe met paneellede voer en waar ‘n paneellid dikwels tot 15 minute per spreekbeurt kry om erge haatspraak teen blankes uit te rammel, soos dat swart mense onmiddellik grond en eiendom van blankes moet oorneem sonder vergoeding en die blankes uit die land verdryf. Een van die paneellede wat gereeld gebruik word, is die verbete swart aktivis Andile Mngxitana, wat deur en deur kwalifiseer om vir haatspraak aangekla te word. 

Bladsy 5 van 5
Go to top