►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Verwagte kommandowurms landswyd

Kundiges verwag dat die herfskommandowurm oor Suid-Afrika heen sal versprei, met die moontlike uitsondering van die Wes-Kaap. Reeds is besmetting in vyf distrikte in Limpopo, dele van Mpumalanga asook in die Oos-Kaap aangemeld. Die Dept. van Landbou, Bosbou en Visserye versoek dat boere en landbou-organisasies hul monitering- en aanmeldingspogings t.o.v. hierdie plaag landswyd opskerp.

Daaglikse en weeklikse verslae moet aan die departement voorgelê word vir alle nuwe gebiede waar die plaag voorkom. Agri SA maak boere egter daarop attent dat die aanwending van chemikalieë in konsultasie met die betrokke verteenwoordigers moet geskied. Alhoewel hierdie wurm meestal mielieplante aanval, kom dit ook soms voor in katoen, koring, sorghum, sojabone, aartappels en grondbone.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top