► MRK besluit om sy hoof van regsdienste Buang Jones te ondersoek en te verbied om weer met media te praat oor sy voortydige en rassistiese kommentaar oor Eben Etzebeth-saak ► Volgens die organisasie ToekomsVonk was daar vanaf 1 Januarie vanjaar tot 30 September 350 plaasaanvalle en 41 plaasmoorde in SA, oudste slagoffer 96 jaar, gemiddeld 4 aanvallers per voorval, met in een geval 20 aanvallers ► Volgens syfers van Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga is daar tans 1 126 openbare enkelmedium Afrikaanse skole in die land, teenoor 1 279 in 2017; 1 112 openbare skole dubbelmedium in Afrikaans en Engels, dus tans 2 238 skole wat onderrig in Afrikaans ► Universiteit van Vrystaat weier om erflating te aanvaar vir ’n “blanke, behoeftige, talentvolle student”; hooggeregshof in Bloemfontein staan aansoek van FNB toe dat “blanke” uit die testament geskrap word ► NG Kerk Algemene Sinode besluit om formulering van beleid oor selfdegeslagverhoudings van heel vooraf te begin ► Terwyl sommige banke takke sluit, kondig FNB aan dat dit vanjaar 7 takke gaan open in Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Wes-Kaap ► Ter viering van 70-jaar van Kommunisme in China vertoon Chinese weermag in Beijing skrikwekkende interkontinentale wapentuig – sien videogreep ► Ditsem Nuus besig om spesiale fokus saam te stel getiteld Tuisskoling: Oplossing vir onderwyskrisis in die land – enige diensverskaffer of rolspeler in die bedryf wat inset wil maak, skakel 082 773 2150 of advertensies@ditsem.net ► Projek VatVyf kry reaksie op beplande projek Operasie Brandhout om blanke Afrikanermeisies en -vroue in Nigeriese seksslawehandel in die land te probeer bevry, nog medewerkers / ondersteuners / finansiering benodig – skakel 053 207 0127 of epos projekvatvyf@gmail.com – sien videogreep ►

Ongelooflike stroping van seelewe

Die ongelooflike stroping van die seelewe in die oseane van die wêreld blyk uit die feit van vistreilers wat inderwaarheid drywende verwerkingsfabrieke is, wat so groot is as 'n rugbyveld en wat tot maandelank op see opereer. Hulle maak gebruik van die volgende vier stropingsmetodes:

  • Langlyne of sg. “longlining” waardeur vislyne met hoeke met aas tot in lengte van 80 km deur die see dag en nag gesleep word en sodoende ontelbare vis op 'n slag ingekatrol word. Op hierdie wyse word ook veral groot vis sos swaardvis en geelvintuna geoes. Wanneer hierdie vis aan boord gekatrol word, vind 'n ontsettende slagting plaas soos met die verwerkingsproses begin word.
  • Kiefnette of sg. “gill nets”, in lengte van 100 m tot 12 km, met vlotte bo en gewigte onder, word hulle in die see gespan en vir 'n tyd gelaat, om dan later deur die treilers gehaak en ingekatrol te word. veral op hierdie wyse word massas vis en seelewe “geoes”.
  • Beursnette of sg. “purse seines”, wat meer gespesialiseerde toerygnette is en waardeur spesifieke gesogte visspesies soos tuna en andere gevang word
  • Bodemnette of sg. “bottom trawlers”, wat swaar nette is wat oor die bodem van die see gesleep word en omtrent letterlik alles op die bodem van die see skep, tot selfs stukke rots. Hierdie nette is al hoogs gemeganiseerd ontwikkel en het onder en aan die kante staal versterkings wat keer dat die nette skeur.

Al hierdie metodes is natuurlik ook tegnologies gekoppel en word gerekenariseerd gemonitor en bestuur. Dit het tot gevolg dat van groot visbevolkings na raming reeds sowat 90% uitgewis is. In die proses ly ook ander seelewe soos voëls, pikkewyne, ens. geweldig skade, terwyl die eko-seelewe ontsaglik beskadig word.

Hoewel daar baie nasionale wetgewing en internasionale verdrae is wat hierdie wanpraktyke verbied en reguleer, kom daar in die praktyk min van tereg. Dit geld veral 'n land soos Suid-Afrika wat nie sy seegrense oppas en sy gebiedswaters patrolleer nie.

Om vere 'n idee te kry van hierdie stroping van die seelewe, volg hierdie skakel.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top