►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Shell het aangekondig dat dit die kleim van die maatskappy om hidrobreking vir skalugas in die Karoo oor 'n gebied van sowat 90 000 km2 laat vaar. As redes word aangevoer die lae olieprys en omdat Shell nog nie van die Dept. van Minerale Bronne die nodige groenlig ontvang het nie.

Oor die algemeen word die omtrekking van Shell gesien as die gevolg van die druk wat die Treasure the Karoo Action Group (TKAG) toegepas het.

Inmiddels het die Australiese maatskappy Peninsula Energy ook aangekondig dat dit planne vir uraanontginning op 700 000 ha naby Beaufort-Wes laat vaar het.

 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top