► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

Beskerming van kraanvoëls as bedreigde spesie

Ter viering van Bedreigde Spesies Dag op 18 Mei 2018 fokus die Bedreigde Wildlewe Trust (EWT) in SA op die verskillende spesies van die kraanvoël, in besonder die bloukraanvoël as die nasionale voël van SA. In SA word drie spesies van die kraanvoël aangetref, nl. die bloukraanvoël, die gryskroonkraanvoël en die lelkraanvoël.

Die bloukraanvoël word feitlik uitsluitlik in SA aangetref, met slegs Namibië as nog 'n land waar dit teenwoordig is, na raming slegs sowat 20-25 voëls. Die gryskraanvoël is die nasionale voël van Uganda, waar dit ook geklassifiseer is as 'n bedreigde spesie. Hoewel die getalle van kraanvoëls in SA die afgelope sowat 50 jaar gehalveer is, is d.m.v. intensiewe bewaringsprogramme daarin geslaag om die gety te draai en is hul bevolkings weer besig om toe te neem.

Vir meer besonderhede, besoek http://www.ewt.org.za.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top