► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

Vordering met herwinning van plastiekbottels

PETCO as die nasionale liggaam vir die bestuur van plastiekafval in die land het bekendgemaak dat in 2017 'n rekordgetal van 2,15 miljard plastiekbottels met 'n totale gewig van 93 235 ton herwin is. Daardeur is 'n totale ruimte van 578 000 m3 i.t.v. stortingsterreine gespaar, terwyl in die proses 64 000 inkomstegewende werksgeleenthede geskep is.    

Dit kom neer op sowat 5,9 miljoen plastiekbottels wat elke dag in SA herwin en verwerk word d.m.v. 'n geïntegreerde netwerk van huishoudings, besighede, straatwerkers, maatskaplike instansies en PETCO. Sedert die stigting van PETCO in 2004 is al 'n totaal van R2,3 miljard as vergoeding betaal aan gekontrakteerde herwinners.

Vir meer besonderhede, besoek www.petco.co.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top