►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Groot vordering met herwinning van papier

In 'n gesamentlike mediaverklaring deur die Paper Recycling Association of SA (PRASA) en die Paper Manufacturers Association of SA (PAMSA), word aangtoon dat groot vordering gemaak word met die herwinning van papier in die land. So is in 2017 1,3 miljoen ton papier en papierverpakkingsmateriaal weggekeer van stortingsterreine en vir herwinning benut. Dit kan 1 539 Olimpiese standaard swembaddens vul. 

Dit verteenwoordig 70% van die 1,8 miljoen ton totale hoeveelheid papier beskikbaar in die land vir herwinning, uitgesluit boeke, argiefrekords en onherwinbare papier soos toiletpapier. Die papierherwinningsbedryf het vir hulself 'n teiken gestel van 70% herwinning teen 2020 en dit is nou drie jaar vroeër bereik. 

Vir meer besonderhede kontak woordvoerder Samantha Choles by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 011 425 3001 of 082 452 2566 of volg hierdie skakel: www.recyclepaper.co.za

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top