► Pres. Cyril Ramaphosa vra nasionale dialoog oor moontlikheid om pensioenfondse in bankrot staatsondernemings te belê – “Ons finansiële bronne is uitgeput, terwyl ons ontwikkelingsbehoeftes enorm is” ► Vraag op sosiale media: Hoekom kry regering nie die miljarde staatsgeld wat gesteel is terug nie, maar wil nou die pensioengeld vat van mense wat hard gewerk het daarvoor en toegewyd gespaar het? ► Menseregtekommissie oorweeg stappe teen Ernst Roets van AfriForum oor vertoon van vorige landsvlag op sosiale media, word as “verdelend” beskou ► Petroljoggies landswyd dreig om volgende week te staak oor salarisse, eis verhoging van 12%, maar werkgewers bied slegs 5% ► Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, moes gister meer as R10 miljoen aan Eskom pensioenfonds terugbetaal as onwettig ontvang, maar nog geen teken daarvan nie ► Veldbrand wat versprei tot in St. Francisbaai verwoes 12 huise tot die grond toe ► Storm oor aanranding van blanke kleuters deur swart personeel by Myne Maatjies Dagsorg Sentrum in Randfontein, ouers woedend, drie persone gearresteer, MRK swyg soos graf ► Lastereis van oud-minister Derek Hanekom van R500 000 teen oud-pres. Jacob Zuma, vandag in hooggeregshof in Durban aangehoor, eis omdat Zuma Hanekom “apartheidspioen” genoem het ► Curriebekerreeks word hierdie naweek voortgesit, met slegs Griekwas wat verseker is van plek in halfeindstryd ►

Beplande hersonering van parke in Potchefstroom

Tydens die raadsvergadering van die JB Marks Munisipaliteit (Potchefstroom, Ventersdorp) op 31 Julie is besluit om die openbare parke in Bailliepark, Van Der Hoffpark en Miederpark te hersoneer “vir die bou van mediumkoste-behuising vir die bevordering van radikale sosio-ekonomiese transformasie.” Tot op hede is egter nog geen kennisgewing uitgereik nie en is inwoners nog nie in die saak geken nie.

Die VF Plus was die enigste party wat teen die besluit gestem het en wys in 'n mediaverklaring daarop dat “die bestaande infrastruktuur by die parke nie die addisionele las sal kan dra nie. Die raadsbesluit is eenvoudig gestoomroller met die verskoning dat daar te veel teenstand ontvang is met die Mooibank- en Vyfhoek-ontwikkelings. Die proses is prosedureel verkeerd volgens die Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuurswet (Spatial Planning Act).”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top