► OB Busisiwe Mkhwebane ondersoek nou ook pres. Cyril Ramaphosa vir bedrog voor Parlement en geldwassery met skenking ► Nuwe Minister van Gesondheid dr. Zweli Mkhize sê Nasionale Gesondheid Versekering (NGV) plan gaan geïmplementeer word – “Apartheid het gesê waaraan jy sal doodgaan, maar ANC regering gaan mediese behandeling bekostigbaar en toeganklik maak vir alle Suid-Afrikaners” ► Jongste verslag oor terreur op plase ► 27 Mei Joekie Nortje (80) en haar seun Johan (62) op plaas Nooitgedacht, Soutpansberg deur 5 aanvallers erg aangerand, o.a. met panga, Johan moet breinskandering ondergaan en Joekie fisio vir haar hande ► 5 Junie by Louis-Trichardt plaasbestuurder Ferdi Jacobs (35) deur 2 aanvallers met mes gesteek en oor kop geslaan, veg terug en aanvallers vlug ► Mediese Fakulteit van UV staak opleiding van studente van Pelonomi Hospitaal weens misdadige aanvalle deur inbrekers op dokters en mediese personeel ► Capitec nou grootste bank in SA volgens takke (840); Absa egter die meeste kitsbanke (8 961), met Standard Bank 2de meeste kitsbanke (7 140), Capitec 5 000 kitsbanke ► Gerda Steyn eerste vrou in Comrades Marathon oor 68,83 km in rekordtyd van 5:58:53 en algeheel 17de uit totaal van 21 625 atlete wat begin het ► Rafael Nadal wen Franse Tennis Ope vir rekord 12de keer – eerste keer dat tennisspeler dieselfde grand slam titel 12 keer wen ► Groot betogings in Hong Kong omdat Chinese regering op vasteland uitleweringswet wil implementeer vir Chinese in Hong Kong wat hulle soek vir “misdade” ► Krieket Proteas in Wêreldbeker vandag in reg of weg wedstryd teen Wes-Indië ►

Oos-Kaap vermors miljarde liter water

In antwoord op ʼn parlementêre vraag deur die VF Plus aan Minister van Samewerkende Regering dr. Zweli Mkhize blyk dit dat weens gebrekkige instandhouding en wanbestuurvan infrastruktuur in die Oos-Kaap waterverliese in die vorige boekjaar in die provinsie meer as 113 miljard liter beloop het. Die vermorsing het daagliks meer as 309 miljoen liter water beloop.

Uit die minister se antwoord blyk dit dat die Nelson Mandelabaai Metro (Port Elizabeth, Despatch en Uitenhage) die grootste sondebok was met meer as 48 miljard liter wat in die tydperk verlore gegaan het. Die metro het in die tydperk 131 miljoen liter water per dag aan lekkasies verloor.

Konserwatief geskat, het Nelson Mandelabaai R660 miljoen se water vermors weens gebrekkige instandhouding en swak infrastruktuurbestuur. Wat die situasie des te erger maak, is dat die vermorsing van die miljarde liter water het geskied het gedurende ernstige droogte in die provinsie die afgelope paar jaar.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top