Aletheim 1

►►► Solidariteit Jeug gaan regstappe neem namens een van sy lede, Danie van der Merwe, wat werkloos is en uitgeluit is uit die presidensiële program YES4Youth ► Eskom skuldlas kan binne afsienbare tyd eskaleer vanaf R400 miljard na R550 miljard – HUB Phakamani Hadebe ► AfriForum verklaar dispuut met Parlement oor grondonteiening sonder vergoeding, Parlement sê dit sal dit opponeer ► Volgens Ouditeur-generaal wys jaarverslae van staatsdepartemente en staatsondernemings vir 2017/18 korrupsie van R51 miljard, uitgesluit Eskom en Transnet, wat gesamentlik sowat R28 miljard korrupsie kan oplewer ► Voormalige kantore van The New Age koerant van Guptas in Johannesburg word op 28 November 2018 deur Park Village Auctioneers opgeveil ► Minister Pravin Gordhan getuig voor Zondo-kommissie dat oud-pres. Jacob Zuma destyds aanhoudend vir kabinet gelieg het oor staatskaping en Guptas en “hom sodoende aan grofste vorm van korrupsie skuldig gemaak het” ► Elektrisiteit van perseel van Vrystaatse Wetgewer vir tweede agtereenvolgende dag afgesny weens wanbetaling deur verhuurder aan Centlec elektrisiteitsverskaffer ► Verwagting dat pres. Cyril Ramaphosa vanmiddag kabinetsskommeling gaan aankondig ná afsterwe van Edna Molewa en bedanking van Malusi Gigaba ► Gewapende rowers skiet drie vrouedokters by Letaba Hospitaal, Tzaneen, een kritiek in waakeenheid ►►►

SA Weermag kry opdrag om Vaalrivier te help red

'n Veelpartykomitee het opdrag gekry om toe te sien dat die geld wat die Nasionale Tesourie bewillig het om die 46 stukkende pompstasies van die Emfuleni-raad (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark en Vereeniging) te herstel en opruimingswerk te doen, oordeelkundig spandeer word.

Die SA Nasionale Weermag Geniekorps, tesame met rolspelers van die Gauteng provinsiale regering en die Emfuleni Munisipaliteit, maak deel uit van die reddingaksie, wat so omvangryk is dat dit maande of selfs ’n jaar sal duur om die infrastruktuur te herstel en die besoedeling in die Vaalrivier op te ruim. Minister van Finansies Tito Mboweni het die wiel aan die rol gesit, waarna R200 miljoen vir die projek bewillig is.

Die betrokke rolspelers het besluit om plaaslike inwoners in diens te neem en op te lei wat  gaan help met basiese instandhouding. Hulle sal ook omsien na die projek wanneer die Weermag se taak afgehandel is. Genl.maj. Thembelani Xundu, hoofdirekteur van koöperatiewe dienste, het bevestig deel van die weermag se taak is om die pompstasies te omhein en te beveilig.

Dit word as skrikwekkend beskou dat die hulp van die Weermag ingeroep moes word in 'n geval waar die ANC-regering nie die mas opkom om dorpe suksesvol te bestuur nie. Die ineenstorting van die infrastruktuur en daarmee saam ’n bankrot munisipaliteit het ’n dreigende humanitêre krisis laat ontstaan.

Vir meer besonderhede, skakel 076 616 2124.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • P[IET ROODT - Woensdag, 12 Desember 2018

    Ek bly in Vereeniging en beleef die totale ineenstorting daagliks.
    Dit help nie veel om die pompstasies langs die Vaalrivier te herstel, maar die rioolinfrastruktuur van Vereeniging (veral Drie Riviere) bly soos dit is nie. As dit reen vloei daar strome rou riool uit mangate oral in die dorp - reguit Vaalrivier toe. By die Spar winkel in Hertzogstraat, is die parkeerterrein wit van die toiletpapier na n reenbui.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier