► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Stortings-terreinverslag nou bekend

AfriForum het sy stortingsterreinouditverslag aan Minister van Omgewingsake Edna Molewa en haar topamptenare oorhandig, nadat hull vanjaar stortingsterreine geoudit het. Volgens toepaslike wetgewing en regulasies, onder meer die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis, 59 van 2008, moet ’n stortingsterrein aan bepaalde vereistes voldoen, aan die hand van welke vereistes die oudit gedoen is. Die bevindinge toon dat slegs 15 uit 83 van die stortingsterreine wat geoudit is, oftewel 18%, aan die minimum vereistes voldoen. Van die probleme wat geïdentifiseer is, sluit in onwettige mediese afval word op die terreine gestort, met die gevolg dat ondergrondse water besoedel word; families met kinders is woonagtig op sommige van die terreine; diere wat op stortingsterreine wei en van die afval vreet; dierkarkasse wat onwettig gestort word en swak rehabilitasie en kompaksie op terreine. Voorts is oudits ook gedoen op drie privaatbeheerde stortingsterreine en is bevind dat twee van hulle 100% aan die regulasies voldoen, terwyl die derde ’n persentasie van 76 behaal het - dit teenoor staatsbeheerde stortingsterreine wat ’n gemiddeld van 44,3% tydens die oudit behaal het. Vir meer besonderhede, kontak Chris Boshoff by 072 535 6130 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top