► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Sedert die begin van die jaar het sowat 19 verskillende verwoestende veldbrande in die Wes-Kaap na raming sowat 50 000 ha waardevolle weiveld, landerye, wingerde, huise, geskiedkundige geboue en vee verwoes met die totale skade op hierdie stadium geskat op honderde miljoen rand. Dorpe en distrikte wat deurgelooop het, sluit o.m. in Paarl, Caledon, Overberg, Somerset-Wes, Drakenstein en selfs tot by Stilbaai en o.a. het die Calais Wynlandgoed in die slag gebly, terwyl ook Oryx helikopters ingespan is om te help met brandbestryding. Talle mense het vreesbevange uit hul huise gevlug, maar genadiglik was daar nog geen menselewensverlies nie. Dringende gebedsgroepe is landswyd gestig en teen gister het reën begin uitsak in die streek en het dit gelyk asof die brande onder beheer gekom het. Getuienisse van inwoners doen op sosiale media die rondte van huise en mense wat eenvoudig wonderbaarlik gespaar is. Die tragiek van die brande is egter dat daar oorvloed van ooggetuienis is dat die brande opsetlik gestig is – feite wat deur Wes-Kaap Landbou gestaaf word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top