►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

afval-tot-energie-aanleg vir WK

'n Afval-tot-energie-aanleg wat feitlik enige afval in energie kan verwerk – die eerste van sy soort in Afrika – is in Athlone, Kaapstad, deur Wes-Kaap premier Helen Zille geopen. Die aanleg, ontwikkel teen 'n koste van R400 miljoen, kan 500 ton munisipale afval (“waste”) van baie soorte per dag verwerk in biogas en koolstofdioksied (11 000 liter), alles vir Afrox en kompos en herwinde produkte (40 – 50 ton). Die projek word beheer deur New Horizons Energy in samewerking met Green Cape.
Nege munisipaliteite in die Wes-Kaap is ook by die projek ingeskakel, wat gesien word as 'n groot stap vorentoe om Kaapstad te plaas op 'n pad van omgewingsvriendelike energie.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top