►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Meerkat Hidroëlektriese projek in Oranjerivier goedgekeur

Die Meerkat Hidroëlektriese Projek in die Oranjerivier 44 km noordwes van Hopetown oppad na Douglas is pas finaal goedgekeur. Geleë op die plase Tulloekgorum en Farm Lot 271, behels die projek 'n keerwal 40 m hoog, 400 m lank en 55 m breed by sy fondament. Die projek is ontwerp om sowat 60 MW krag op te wek, met die plan om dit in die Eskom-netwerk te stoot. Die eienaars van die projek is Meerkat Hydropower (Pty) Ltd, 'n SA-gebaseerde maatskappy. Die projek is deur al die nodige wetlike fases, maar dit moet nog die finale groenlig kry om by die Hernubare Energie Onafhanklike Produsente Verkrygingsprogram van die regering in te skakel.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top