► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Snelnuusbaan (285)

'n Selfverduidelikende promosie-artikel van VONK Musiek lui soos volg: “Sedert die Kannie Warries Dansorkes in 2000 gestig is, het van die orkeslede gekom en gegaan,…
Dit is deur Minister van Energie Jeff Radebe dat die vyfde rondte van die bod-program vir hernubare energieprojekte met 'n totale vermoë van 1 800 MW…
Die bekende broodhandelsmerk Albany is met mening terug in die mark en verlede jaar is die groot bakkery van die firma in Belville, Wes-Kaap, splinternuut…
In 'n mediaverklaring vra die vakbond Solidariteit ʼn verduideliking oor hoekom Victor Xaba, die voormalige waarnemende uitvoerende hoof van SA Express, nou aangestel is as…
Die afgelope naweek het dit aan die lig gekom dat politieke verdeeldheid verdiep in sowel die regerende party as die amptelike opposisie. Die Sondagpers berig…
Ernstige bedenkinge word in sowel die hoofstroommedia as op sosiale media uitgespreek oor die nuwe Geskiedenis-leerplan vir skole wat Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga…
Bladsy 1 van 36
Go to top