► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane is Maandag geroskam in Pretoria se Hooggeregshof nadat daar bevind is dat sy haar plig versuim het om die Guptas se Estina-suiwelprojek by Vrede in Vrystaat behoorlik te ondersoek. Daar is onder meer bevind dat haar verslag oor die projek ongrondwetlik en ongeldig is. Die DA glo dat Mkhwebane se ondersoekende verslag ʼn toesmeerdery is, omdat politici wat daarby betrek is nooit uitgevra is oor hulle betrokkenheid en dus meer noukeurige ondersoek vrygespring het.

Mkhwebane het geen bevindings in haar verslag gemaak oor die rol van die vorige Vrystaatse premier, Ace Magashule, en die destydse LUR vir landbou, Mosebenzi Zwane, omrede dit nie deel van haar ondersoek uitgemaak het nie. Minstens R200 miljoen se staatsgeld, wat geoormerk was vir die ontwikkeling van opkomende swart boere in die Vrede-omgewing, is na Estina gekanaliseer, wat verbind word met die omstrede Gupta-familie. Van dié geld is glo selfs gebruik om in 2013 vir ʼn weelderige Gupta-troue van ongeveer R30 miljoen by Sun City te betaal.

Dit is die tweede keer dat ’n verslag van Mkhwebane verwerp word ná haar ondersoek na die reddingsboei vir die destydse Bankorp, wat later deur Absa gekoop is, ook nie aanvaar is nie. Dit is egter haar bedenklike Estina-verslag wat opposisiepartye laat aandring op die bedanking van Mkhwebane as Openbare Beskermer.

Te midde van 'n landbousektor in die land in krisis vanweë plaasmoorde, droogtes, vyandige regering, dreigende grondgryp en swak algemene ekonomiese groeikoers, het die 2019 Nampo Oesdag bewys hoe innoverend, veerkragtig en toegewyd die SA boerderysektor is. ’n Rekordgetal van sowat 85 000 besoekers het gedurende die vier dae 14-17 Mei deur die reuse ekspo beweeg, terwyl net op die eerste dag 48 helikopters en 192 vliegtuie op die aanloopbaan neergestryk het.

Die ekspo, wat jaarliks ​in Mei naby Bothaville in die Vrystaat gehou word, word beskou as een van die grootste privaatgeorganiseerde uitstallings in die wêreld en is die grootste landbou-, masjinerie- en veeskou in die Suidelike Halfrond. Die tema vanjaar was Platform vir jou landboutoekoms, met die fokus op samewerking, gesprekvoering en die gebruik van die beste toerusting.

Op hierdie massiewe uitstalgeleentheid word alles aangetref wat enigsins “plaas” is – vanaf monstertrekkers tot stoetvee en vanaf melktert tot boerepatente en nog veel meer. Die getal uitstallers het vanjaar toegeneem tot 775 teenoor verlede jaar se 746.

Vanjaar is Nampo se bywoning van mense wat per vliegtuig en helikopter besoek gebring het is meer as vorige jare en grondpersoneel moes bontstaan om lugverkeer te reël, daar het letterlik ’n gemiddeld van een vliegtuig of helikopter elke minuut op die aanloopbaan geland.

Volgens Danie Minnaar, voorsitter van Nampo Ooesdag, groei die ekspo jaarliks in gewildheid en bied dit 'n vertoonvenster waarop alle Suid-Afrikaners met reg trots kan wees.

Volgens die Vrystaatse provinsiale begroting wat vroeër vandeesmaand deur LUR vir Finansies Elzabe Rockman ter tafel gelê is, sluit die voorgestelde herstelwerk- en konstruksieprojekte van paaie in die Vrystaat die volgende in:
• R56 (Kroonstad - Vredefort), 12km, Fase 3, R40 miljoen
• P79 / 1 en S85 (Bothaville - Kroonstad), 49km, R58,5 miljoen
• P21 / 3 (Hoopstad - Bultfontein), 62km, R58,5 miljoen
• S44 (Deneysville - Heilbron), 36 km, R58,5 miljoen
• P40 / 2 (Senekal - Marquard), 43km, R36 miljoen
• P9 / 4 (Sasolburg - Heilbron), 50km, R45 miljoen
• P33 / 3 (Vredefort - Viljoenskroon), 51km, R30 miljoen
• P39 / 1 (Bultfontein - Welkom), 69km, R45 miljoen
• P42 / 1 (Bethlehem - Reitz), 48km, R45 miljoen
• P33 / 2 (Bothaville - Viljoenskroon), 38km, R36 miljoen
• P14 / 2 (Wesselsbron - Hoopstad), 49km, R36 miljoen
• p44 / 2 (Jim Fouche - Deneysville), 39km, R45 miljoen
• P6 / 1 (Dewetsdorp - Wepener), 39km, R45 miljoen
• P23 / 1 (Kroonstad - Steynsrus), 45km, R31,5 miljoen
• P62 / 1 (Bultfontein - Wesselsbron), 51,9km, R31,5 miljoen

Benewens hierdie projekte, is daar ook 'n bedrag van R75 miljoen begroot vir hergruis van ongeteerde paaie in die provinsie.
Hoe beter die kwaliteit van padinfrastruktuur, hoe makliker is dit om goedere en dienste te vervoer, wat die ekonomie van die provinsie merkwaardig verbeter, veral m.b.t. werkskepping. Goeie paaie maak dit ook moontlik vir die SAPD en ander nooddienste om vinniger te kan reageer.

Go to top