Van Niekerkshof Kennels

► Ope twiet aan die staatshoof: “Mnr. die President, hoe is dit dat u noem glad nie in die Parlement gruwelike plaasmoorde nie, maar u sê u gaan die grond van die oorblywendes vat sonder vergoeding?” ► Ope twiet aan pres. Ramaphosa: “Dis 'n leuen, mnr. die President, blankes het nog nooit grond van swartmense gesteel nie.” ► Bewyse en nogmaals bewyse word gevra vir die bewerings dat blankes grond van swartmense gesteel het ► Blankes het vanaf die 1700’s in grootliks onbewoonde gebiede ingetrek en in onbesette gebiede gevestig ► Blankes en swartmense het suidelike Afrika vanaf die 1700’s gelyktydig bevolk – een uit die noorde en die ander uit die suide ► Met bevolking van die land het blankes swartes voorgestel aan die alfabet, die wiel en die reg van die wet ► Vyf Polisielede in gewapende aanval op Ngcobo Polisiestasie naby Queenstown

burgerlike journalistiek banier  Photo and Frame Banier 2018

In die Parlementêre debat gister handelende oor repliek op die Staatsrede wat pres. Cyril Ramaphosa Vrydagaand gelewer het, het dit weereens geblyk hoe diep die gaping is tussen wat as normale verwagtinge van blankes en ander gematigdes beskou kan word, aan die een kant en aan die ander kant die siening en eise van swart politieke radikalisme. Wat die grootste gonsterm in die debat was, was “expropriation of land without compensation” of dan wel grondonteiening sonder vergoeding.

Verskeie sprekers aan radikale kant (ANC, EFF, PAC, ens.) het groot gewag gemaak van hul eise in hierdie verband, terwyl 'n gematigde politikus soos Mosiou Lekota, leier van Cope, gevra het: “You want to give the land back to our people. Who is our people? And who is not our people?” Hierop is hy uit swart geledere uitgejou as reaksionêr en 'n verraaier. Van sy kant het leier van die VF Plus dr. Pieter Groenewald gesê grondonteiening sonder vergoeding is eenvoudig onaanvaarbaar.

'n Wetsontwerp oor verkeersoortredings getiteld AARTO Amendment Bill, wat daarop gemik is om die sg. AARTO Act ingrypend te wysig, word tans gesirkuleer vir openbare kommentaar tot en met 30 Maart 2018. Volgens die voorgestelde wetsontwerp kan o.a. dagvaardigings vir verkeersoortredings per enige elektroniese pos gedien word en is dit geldig ongeag of daar 'n bewys van ontvangs is, word in gevalle die reg opgeskort om 'n dagvaarding in die hof te betwis en kan bestuurslisensies maklik en sonder veel geleentheid vir beswaar opgeskort word.

Dit lyk of hierdie wetsontwerp dramaties inbreuk maak op basiese regte van landsburgers en totaal Kommunisties van aard is. Vir meer besonderhede oor hierdie drakoniese wetsontwerp, volg gerus hierdie skakel en neem die nodige aksie.

Met die uiteindelike bedanking van Jacob Zuma as staatshoof en die inhuldiging van Cyril Ramaphosa as sy opvolger, is op dramatiese wyse geskiedenis gemaak. Nog nooit het 'n SA staatshoof in soveel omstredenheid en te midde van soveel kriminele aanklagte bedank nie en nog nooit het opvolging in die pos met soveel drama gepaardgegaan nie.

Die reaksie in die Parlement, in die hoofstroommedia en op sosiale media is oorwegend positief, maar daar was ook vals note en vrae.Een van die aanvanklike vals note was die standpunt van die EFF dat die Grondwethof destyds beslis het dat sowel Zuma as die Parlement die Grondwet verkrag het en dat dit by implikasie beteken dat, eerstens, Zuma as staatshoof moes vertrek deur te bedank en, tweedens, dat die Parlement ontbind moes word en dat 'n vervroegde algemene verkiesing gehou moet word. Oor hierdie punt het die EFF uit die Parlement gestap en geweier om aan die verkiesing van 'n opvolger vir Zuma deel te neem.

Hoewel hierdie beswaar van die EFF deur al die ander partye in die Parlement geïgnoreer is, klink dit na 'n geldige punt en kan dit wees dat regstegnies die verkiesing van Zuma en al die Parlementêre aktiwiteite onwettig kan wees. Sedertdien het die EFF egter lustig meegedoen in Parlementêre prosedures tydens die Staatsrede en sodoende klaarblyklik die regstegniese beswaar gekondoneer.

Intussen tydens die Parlementêre debat verlede Donderdag voor die Staatsrede was opmerklik die kommentaar van die verteenwoordiger van die PAC en weerspieëlend van die siening en verwagting van die radikale swart politieke spektrum: “We congratulate you Mr. President, but we need to remind you that this is merely the beginning of a process and that uhuru has not as yet been attained.” Ramaphosa is duidelik deur radikale swart politiek in 'n hoek gedruk oor veral grondonteiening sonder vergoeding en hoe hy dit mettertyd gaan hanteer, is 'n sleutelvraag.

Die Boere-Afrikanervolksraad wat hul beywer vir selfbeskikking vir die Afrikaner, ongeag hoe verteenwoordigend hulle ook al mag wees, het vroeër in 'n verklaring daarop gewys dat 'n afvaardiging van hulle in Augustus 2014 vir Ramaphosa as adjunk-president in die Uniegebou ontmoet het om oor selfbeskikking te onderhandel. Hy het hulle vriendelik ontvang, akkommoderend voorgekom en het in die teenwoordigheid van Minister van Justisie Michael Masutha en 'n paneel amptenare onderneem om te reël vir opvolggesprekke met die ANC direk en ook met regeringsinstansies. Van al hierdie beloftes het egter tot op datum dadels gekom.

'n Geraamte wat pas weer uit die kas geval het, is die gerapporteerde kommentaar van Ramaphosa in 1994 teenoor destydse IVP LP wyle Mario Oriani-Ambrosini tot die effek dat die strategie om met die blankes te werk, is soos om die water waarin 'n padda is, geleidelik warmer te maak tot kookpunt en totdat dit te laat is om in opstand te kom of terug te veg. Vir meer besonderhede, sien die foto met onderskrif hierby.

Op hierdie stadium lyk dit of Ramaphosa die leisels met 'n stewige hand oorgevat het en die land oppad kan wees na 'n nuwe, beter era, veral soos blyk uit die feit dat hy na berig word die poging van Zuma gefnuik het om met die SA Nasionale Weermag 'n staatsgreep en krygswet te wou bewerkstellig het. Nietemin die metafoor van die blankes en die padda sweef steeds in die lug.

Vir die onmiddellike toekoms is die vrae hoe gaan die nuwe kabinet van Ramaphosa met portefeuljes daaruit sien en wie gaan hy aanwys as sy adjunk-president, asook wat gaan die nasionale begroting vandeesweek meebring? Dit kan verdere rigtingwysers wees wat verder in die ampstermyn verwag kan word.

Ná bykans vier maande het kanselier Angela Merkel dan geslaag om 'n funksionerende koalisieregering in Duitsland tot stand te bring. Sedert die laaste verkiesing het haar steun onder die Duitsers afgeneem vanaf sowat 80% na minder as 50%, hoofsaaklik a.g.v. haar pro-immigrasiebeleid jeens Moslems. In hierdie proses het veral die nasionalistiese Alternative für Deutschland sterk veld gewen.

Verlede week het Merkel met haar Christen-Demokrate (CDU), 'n ooreenkoms bereik met die Sosial-Demokrate (SPD) en die Christen-Sosiale Unie (SCU), maar teen 'n prys, want sy moes die Duitse portefeuljes finansies, arbeid en buitelandse sake aan haar koalisievennote afstaan.

Britse premier Theresa May het pas 'n ampsbesoek aan China voltooi, waar sy gul ontvang is deur die regering van Xi Jinping . Laasgenoemde het aangedui dat China nie 'n probleem met Brexit het nie en daarna uitsien om met Brittanje buite die EU saam te werk. Op haar beurt het May gesê haar land sal ná Brexit beter beheer oor hul sake hê en ook selfstandige handelsbesluite kan neem.

Opmerklik omtrent hierdie besoek is dat May nié Hong Kong as voormalige Britse gebied en nou onder China aangedoen het nie. Dit is veral betekenisvol omdat sy, enersyds, blykbaar nie die Chinese regering wou affronteer nie en, andersyds, nie solidariteit met die huidige pro-demokratiese betogings in Hong Kong wou betoon nie.

Die jongste outonome gebied waar die inwoners verklaar dat hulle selfbeskikking opeis, is Korsika, 'n eilandgebied van Frankryk in die Middellandse See, suidoos van Frankryk, wes van Italië en noord van Sardinië. Korsika is die vierde grootste eiland in die Middellandse See ná Sisilië, Sardinië en Siprus.

Korsika met 'n oppervlakte van 8 680 km2 het ongeveer 330 000 inwoners. Die hoofstad is Ajaccio, terwyl die amptelike tale Korsikaans en Frans is.

 

In die verkiesing wat in Desember verlede jaar gehou is, het die pro-nasionalistiese beweging onder Jean-Guy Talamoni 56,3% van die stemme getrek. Hulle maak nou hul stem dik ten gunste van selfbeskikking.

VVK2 banier