► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

Met sy nooienstoespraak in die Parlement het dr. Wynand Boshoff ook as Noord-Kaapse VF Plus leier gefokus op die SKA-teleskoopprojek by Carnarvon as wetenskaplike pronkstuk, maar wat in moontlike newe-effekte min vir die Noord-Kaap as provinsie beteken. Die probleem is eerstens dat die SKA met sy wetenskaplike kennis slegs werksgeleenthede tydens die konstruksiefase in die gebied geskep het en dat kennisgebaseerde werksgeleenthede uit die projek in universiteitstede en in die buiteland geskep word.

Weens die vereiste radiostilte wat die staking van alle boerderybedrywighede noodsaak, is groot dele produktiewe weiding uit die ekonomie onttrek en is daar bv. 16 000 minder ooie in die gebied. Ook die wildlewe ly omdat in die verlate dele van die omgewing waterbronne nie meer deur veeboere onderhou word nie.

Volgens Boshoff rapporteer gemeenskapslede rapporteer dat die openbare deelnameproses vooraf frustrerend was. Diegene met die nodige inligting was nie beskikbaar nie en beloofde opvolgwerk het agterweë gebly. Die projek het ook vereis dat meer grond van veeboerdery onttrek word as wat aanvanklik gesê is.

In reaksie het die Minister van Wetenskap en Tegnologie gesê dat daar meer byvoordele was wat uit die SKA-projek voortgevloei het, maar nie veel substantiewe gegewens verskaf nie. Hy het ook aangedui dat meer positiewe aspekte na vore sal kom soos die projek verder uitgerol word.

Die volgende is ʼn beoordeling deur dr. Anthony Turton, bekende waterkundige, in Afrikaans vertaal:

“Wat my skok, is die koers van de-industrialisasie in SA. Word daar onthou dat slegs 25 jaar gelede:

  • Ons spesialisentiteite gehad het soos Usco wat gesofistikeerde staalprodukte vervaardig het, bv. geweerlope.
  • Ons was leiers in die vervaardiging van brandstof uit steenkool.
  • Ons was met Yskor die enigste staalprodusent op die kontinent.
  • Ons het met African Cables koperkabels gemaak.
  • Daar was ʼn groter energiekonsentrasie in ʼn 100 km2 in Vereeniging as in enige ander Afrikastaat se totale energie verbruik per uur.
  • Samancor het gespesialiseerde allooie vervaardig, terwyl Stewarts & Lloyds gesofistikeerde presisieprodukte soos pompe vervaardig het.
  • Dorbyl het swaar ingenieurskomponente vervaardig.
  • Aan die militêre kant het ons oor ʼn kernvermoë beskik en was ons op die drumpel om kernplofkoppe te vervaardig soos wat Noord-Korea vandag doen.

“Dit alle was moontlik – en ek sê nie dit was goed of sleg om kernvermoënd te kon wees nie – slegs omdat ons oor toptegnologiese kapasiteit beskik het.

“Binne twee dekades het hierdie wêreldklas kapasiteit verlore gegaan en nou oorvloei rou riool die kelderverdiepings van geboue.

“Die ineenstorting was totaal en snel. Die episentrum van die mees gekonsentreerde vorm van primêre produksie op die vasteland van Afrika is met een veeg uitgewis.

“Die land wat die pioniers van hartoorplantings gelewer het, kweek nou nuwe patogene wat waarskynlik ʼn gesondheidskatastrofe van ongekende afmetinge tot gevolg gaan hê.

“Dit getuig van die onvermoë van ʼn vryheidsbeweging om te regeer.

“Dit is die skokkende waarheid wat min bereid is om te erken.

“Die weermag wat slegs 25 jaar gelede die mees gesofistikeerde artillerie geproduseer het, wat op ʼn stadium gereken is as die mees gevorderde militêre mag in die wêreld naas Israel en wat ʼn aanvalshelikopter ontwikkel het gelykstaande aan die Apache, trek nou terug van Emfuleni Munisipaliteit nie in staat nie om sy missie van verlede jaar uit te voer nie.

“Cry the beloved country.

“Moontlik sal SA binnekort net nog ‘n patetiese samelewing wees soos Zimbabwe en Mosambiek waar mense broodtrokke kaap om kos te kry en waar verhongerde kinders rotte jag en eet.”

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sit met ’n R9,2 miljard ondiensbare lening en het die regering gevra vir ’n verdere reddingsboei van R4 miljard omrede ’n R3,5 miljard korttermynlening einde vandeesmaand verval. Raadslid Martin Kingston sê dat die lugredery enorme finansiële uitdagings in die gesig staar weens enorme skuld, maar indien hulle die R3,5 miljard terug betaal, sal dit deure oopmaak vir addisionele likiditeit.

Die bedryfskostes van die redery beloop ongeveer R450 miljoen per maand en word die staatsonderneming sedert 2011 teen ’n verlies bedryf, met totale uitstaande skuld wat alreeds meer as R20 miljard beloop. Die inkomste gedurende 2016-17, het R30,4 miljard opgelewer, terwyl bedryfskoste R30,9 miljard bedra het. Finansieringskoste beloop tans R835 miljoen, terwyl die bedryfsverlies R533 miljoen te staan gekom het. Verliese op die lopende bedryfsrekening word voortgesit met 'n verlies van R734 miljoen aangeteken in die eerste maand van die 2017-18 finansiële jaar.

Ekonoom Mike Schussler meen dat die lugredery nou so in skuld verval het dat die einde in sig is en meen dat 'n verdere staatsreddingsboei aan SAL ‘n afgradering kan bespoedig van die kredietwaardigheid van die land deur agentskappe soos Moody’s.

Intussen peul in getuienis voor die Zondo-kommissie na staatskaping die wurms uit die kas van die skrikbewind wat voormalige voorsitter van die SAL-direksie Dudu Myeni by die redery gevoer het en waartydens letterlik miljarde rand in korrupsie en wanbestuur verkwis is. Volgens hierdie getuienis het sake selfs verder verswak toe Malusi Gigaba minister van staatsondernemings geword het.

In 'n opsienbare verwikkeling het die Nederlandse parlement pas 'n mosie aanvaar van veroordeling van onteiening van grond sonder vergoeding in Suid-Afrika. ʼn Meerderheid in die Tweede Kamer in die Nederlandse parlement het ten gunste van die mosie gestem en daardeur opdrag aan die Nederlandse regering gegee om deur bilaterale en ander internasionale prosesse duidelik standpunt daaroor in te neem. 
 
Die mosie is deur Martijn van Helvert van die Christen-Democratisch Appèl (CDA) en Kees van der Staaij, leier van die Staatkundig Gereformeerde Partij (SGP), ingedien. Volgens Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, het hulle reeds in Februarie met verskeie politici, insluitende Van Helvert en Van der Staaij, hieroor vergader.

 
Die mosie lê klem op die feit dat sowel die Internasionale Deklarasie van Menseregte as die Afrika-Handves oor Mense- en Volkereregte die onteiening van eiendom op grond van velkleur verbied. Die mosie wat in Februarie verlede jaar in die SA parlement aanvaar is, was duidelik ten gunste van onteiening op grond van velkleur en oortree dus hierdie belangrike handveste.

Volgens Kleynhans gaan die Solidariteit Beweging hierdie deurbraak opvolg deur verdere internasionalisering van hoogs onregmatige praktyke in die SA samelewing, soos grondgryp, landelike veiligheid, e.s.m., aspekte waaraan die regering nie aandag gee nie of doelgerig bevorder nie.

Foto: Die Nederlandse parlementslid, Martijn van Helvert.

Hongarye - land van die eenheid en hoop

  • Hierdie artikel is die eerste in 'n reeks deur 'n vryskutjoernalis in Hongarye, Bálint Mészáros (43), wat spesiaal vir Ditsem Nuus in Afrikaans skryf. Hy woon in die dorp Nagykanizsa en het besluit om Afrikaans te leer – iets wat hy in skryfformaat binne twee maande redelik onder die knie gekry het. Hierdie is sy eerste aflewering, net so hier en daar geredigeer.

Hongarye is my land. Dit beteken alles vir my en nou wil hulle dit van my en van van ons wegneem, alles waarvoor ons geveg het. Eers was dit Moskou en nou is dit Brussel. Ja, nou is dit die EU en hulle praat van verpligte kwotas vir immigrante, oor aanvaarding, integrasie, humanitêre optrede en as ons nie wil nie, dan sê hulle ons is xenofobies.

Hulle verstaan egter nie. Ons is reeds die eenheid en krag in Sentraal-Europa. Ons is die ware demokrate. Hongarye sien 'n Europese Unie wat nasionale identiteite, geskiedenis en godsdienstige erfenis respekteer. Ons regering onder eerste minister Viktor Orbán van die Fidesz Party, aan die stuur sedert 2010, wil sterk grense hê wat immigrante uit die Midde-Ooste en Afrka uithou en ons nasionale kultuur en erfenis beskerm.

Immigrante is meesal Moslems wat nie bereid is om aan te pas nie. Islam gebruik vaardig die Wes-Europese liberale kultuur om na die vasteland 'n godsdiens te bring wat nie die individu respekteer nie. Al hierdie dinge kan lei tot die konfrontasie van Christelike en Moslem-geïnspireerde samelewings, ‘n herhaling van die botsing tussen Oos en Wes.

In die onlangse verkiesings vir die EU parlement het Hongarye deur die Fidesz Party verteenwoordigers na die EU gestuur om te veg teen immigrasiestroom, om die veiligheid van Europa weer op te kry, om die Europese Christelike kultuur te beskerm, en om die nasies te respekteer. Sentraal-Europese leiers verteenwoordig saam 62-63 miljoen mense.

Die Hongaarse volk staan meer verenig as ooit tevore. Dit maak pyn vir Brussel en die grootmagte wat hom help, maar Hongarye is 'n land van eenheid, vrede en hoop! Ja, die hoop van 'n Christelike Europa!

Op die internasionale front is die grootste verwikkeling die handelstariefoorlog waarin die VSA en China tans indryf, met die VSA wat sy algemene invoertariewe op Chinese goedere verhoog vanaf 10% na 25%. Dít nadat intense onderhandelinge tussen die twee moondhede misluk het. Die volgende twiet van pres. Donald Trump sê dit alles: “We have lost 500 Billion Dollars a year, for many years, on Crazy Trade with China. NO MORE!” – Trump 10 Mei 2019.

Inmiddels, soos die spreekwoord lui, as die olifante stoei, dan moet die gras ly – wêreldwyd sidder internasionale geldmarkte, terwyl die pryse van kommoditeite soos klere styg. Dit geld ook vir Suid-Afrika.

Go to top