Aletheim 1

►►► ANC wou moderne stad ter ere van Nelson Mandela in Transkei laat bou Quna City, tot hede R46 miljoen staatsgeld aan “konsultasiefooie” gespandeer, daarvoor nie eers naambord te wys nie ► Trompsburg en Springfontein in Suid-Vrystaat al week geen drinkwater vanweë Kopanong Munisipaliteit skuld van R200 miljoen aan Bloem Water ► Gauteng LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi laat 16 blanke onderwysers by Hoërskool Generaal Smuts in Vereeniging afdank “weens finansies”, maar stel swart personeel in hul plek aan ► In Wes-Kaap erge betogings en skade aan geboue brei uit na Vredenburg, ontwrig tradisioneel blanke en bruin woonbuurte; ooglopende poging om Wes-Kaap onregeerbaar te maak ► Plaasmoord Sondag 11 November 2018, boer, sy lewensmaat, ma en 3 kinders deur gewapende aanvallers oorval, 13-jarige dogter met pistool teen kop aangehou, boer agt keer geskiet voor almal ► Beefmaster van Marquard, Vrystaat, voer al meer beesvleis uit na China, totale Chinese invoer van beesvleis styg 20-voudig vanaf 23 702 ton in 2010 tot 460 000 ton in 2015 ► Vieslike smeerboek oor dr. Verwoerd en die Afrikaner getiteld The man who killed apartheid deur Harris Dounsemetzis tans op winkelrakke ►►►

Afrikaner Opheffing (19)

“Afrikaanse skole moet hulself posisioneer om ten volle te privatiseer om sodoende te verseker dat onderrig in Afrikaans steeds in 2030 sal plaasvind.” Dit is een van die kernaanbevelings wat ’n span Afrikaanse kundiges maak in ’n verslag getiteld Afrikaans: Visie 2030. Die verslag sal in detail bespreek word tydens ’n beraad van Afrikaanse organisasies wat in November gehou word. Afrikaans: Visie 2030 kan hier afgelaai word.

Die outeurs van Visie 2030, Bertus de Villiers, Deon Geldenhuys en Heinrich Matthee, is kundiges op die terreine van vergelykende staatkunde, politieke dinamika en strategiese studies. Hulle het die werk onderneem in opvolging van ’n beraad van Afrikaanse organisasies wat in 2017 plaasgevind het. Tydens die 2017-beraad is die behoefte uitgespreek dat ’n oorhoofse visie vir die behoud en ontwikkeling van die Afrikaanse taal en kultuur vir 2030 daargestel word.

Die outeurs beklemtoon dat Afrikaanse onderwys vanaf kleuteronderrig tot universiteitsopleiding dié belangrikste vereiste vir die behoud en ontwikkeling van die Afrikaanse taal en kultuur is. Vanweë die koste verbonde aan onderrig en die verwagte afname in regeringsubsidies vir Afrikaanse onderrig stel hul die volgende voor:

  • Vestiging van Afrikaanse kleuterskole vir elke woonbuurt of dorp waar dit geregverdig kan word. Die ideaal is om ʼn selfgefinansierde kleuterskool wat in Afrikaans onderrig aanbied, op plaaslike vlak daar te stel. Kerke en kerkterreine kan ’n baie nuttige basis hiervoor wees.
  • Vestiging van Afrikaanse laerskole vir elke plaaslike gebied wat dit kan regverdig. Die ideaal is om ʼn selfgefinansierde laerskool te vestig in elke omgewing waar ongeveer 5 000 tot 7 000 Afrikaanssprekendes woon. Sakelui kan betrek word om fasiliteite te ontwikkel en te verhuur.
  • Vestiging van Afrikaanse hoërskole vir elke gebied wat dit kan regverdig. Die ideaal is om in elke omgewing waar ongeveer 10 000 – 12 000 Afrikaanssprekendes woon, ʼn selfgefinansierde sekondêre skool te vestig of om met bestaande onafhanklike skole saam te werk.
  • Die aanbied van onderwysopleiding om onderriginstellings op alle vlakke te bedien. Sodanige sentrum sal vanweë skaalbesparing waarskynlik slegs op nasionale vlak aangebied kan word.

’n Onvermydelike implikasie van hierdie voorstelle is dat Afrikaanse onderrig nie in elke dorp of elke woonbuurt sal kan plaasvind nie. Keuses sal gemaak moet word waar dienste aangebied kan word en hoe verblyf en vervoer ontwikkel kan word vir kinders wat reis. Die outeurs beveel ook aan “dat ʼn kultuurakkoord met die regering onderhandel word waarvolgens die plek van Afrikaans in die samelewing erken word, die bydrae van die Afrikaanse kultuur waardeer word en ’n gedeelde patriotisme bevestig word.”

Ten slotte word voorgestel dat “plaaslike diensverskaffingsbesighede” gestig word om basiese dienste op ’n kontrakbasis aan plaaslike owerhede te verskaf. Sodoende kan plaaslike gemeenskappe saamwerk om hul lewensgehalte te verbeter.

Die outeurs huldig die mening dat Afrikaanse organisasies hulself dringend moet herposisioneer met die oog op 2030. Die tyd het aangebreek om die regte dinge te doen en om dié dinge reg te doen. “Indien daar nie nou opgetree word nie, sal die prentjie vir die Afrikaanse taal en kultuur in 2030 droewig daar uitsien,” aldus die verslag.

Visie 2030 word bespreek tydens ’n driedaagse beraad wat vanaf 1 tot 3 November 2018 plaasvind en wat geborg word deur die Solidariteit Navorsingsinstituut om kritieke gesprekvoering oor Visie 2030 te bevorder.

Die Volksraadverkiesingkommissie (VVK) het bekendgemaak dat weens verslegtende landsomstandighede besluit is om die datum vir die verkiesing van die volgende Volksraad uit te stel vanaf 13 Oktober na 23-24 November 2018.

In die lig hiervan sê die VVK in 'n mediaverklaring: “Dit is noodsaakliker as ooit dat elke volksgenoot met inligting oor die komende Volksraadsverkiesing bereik moet word en tydige geleentheid ontvang om daaraan deel te neem; hetsy as kandidaat of as kieser. Gevolglik is besluit om die Volksraadverkiesing uit te stel na 23-24 November en die proses om kandidate te nomineer te verleng tot en met Saterdag, 15 September 2018.”

Vir meer besonderhede: 083 538 8777 / 012 803 0712 / 079 740 7214 / Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. / www.vvk.co.za.

ToekomsVonk is 'n burgerregte-organisasie wat in September verlede jaar te Pretoria gestig is met die visie om die Afrikaner as “‘n gebroke volk / nasie te herstel na ‘n selfstandige, onafhanklike en trotse volk.” As sulks het ToekomsVonk volgens 'n mediaverklaring ten doel om “ons mense te versterk en ons kinders ‘n toekoms te gee, nie met leë beloftes nie, maar met daadwerklike programme soos werkskepping, veiligheid, onafhanklike volksplase, skole en media.”

Volgens hul webwerf streef ToekomsVonk die volgende waardes na: Christelike waardes / Familie- en gesinswaardes / Integriteit / Volkstrots / Morele standaarde / Respek. Die direkteure is Helga Swart (besturend), Marius Coertze, Wessel Basson, Englie Botha, Amor Gerber en Steve Hofmeyr (nie-uitvoerend).

Vir meer besonderhede, www.toekomsvonk.co.za, epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of tel. 087 654 2899.

Dat die verguising waaraan blanke Suid-Afrikaners, in besonder die Afrikaner, onderwerp word, propagandistiese snert is, staan soos 'n paal bo water indien die ware feite in ag geneem word. Die voorgeslagte van die Afrikaner het beskawing na die donker sub-kontinent gebring, geen grond gesteel nie en effektiewe besetting van onbewoonde en onbenutte grond daargestel.

Veral die afgelope twee eeue het blanke Suid-Afrikaners feitlik uitsluitlik die leiding geneem om Suid-Afrika te ontwikkel in die enigste moderne nywerheidsland op die vasteland. Hieruit kan moed geskep word, asook uit die feite verder soos hieronder.

Blankes het, toegegee met nie-blanke arbeid, infrastruktuur gebou, paaie beplan, fabrieke ontwerp, voedsel gekweek vir die nasie, myne ontwikkel al het hulle dit nie besit nie, skole en hospitale opgerig en ordelike regering gevestig. Almal het toegang gehad tot skoolonderrig, verdere opleiding, gesondheidsorg, kos en polisiëring.

Al die hoekstene van enige beskaafde samelewing was in die land teenwoordig, voordat dit aan die swart terroristiese ANC oorhandig is – met die res ná 24 jaar geskiedenis. Nou blyk dit die swart regering en talle van hul volgelinge kan nie rykdom skep sonder om van iemand anders te steel nie. Hulle is steeds nie in staat om voedsel te produseer nie, hospitale en skole in stand te hou nie en te keer dat misdaad soos 'n golf oor die land spoel.

Kortom, die ANC het die gans wat die goue eiers gelê het, doodgemaak. Miljoene wit Suid-Afrikaners sit buite die land en dophou, afwagtend vir die gety om te draai. Honger vergete swartes kyk met groot oë na hul leiers wat in onwelvoeglike luuksheid leef terwyl hulle in die stof vir kos krap. Dit is ook die patroon van Afrika.

Daarenteen weet blanke Suid-Afrikaners wat nodig is om 'n veilige en vrye samelewing te skep binne die struktuur van 'n geordende staat met 'n volhoubare ekonomiese en maatskaplike vooruitgang. Dit is teen hierdie agtergrond dat moed geskep kan word uit die gevleuelde woorde van dr. DF Malan feitlik presies 70 jaar gelede: “Glo in jou God, glo in jou volk, glo in jouself.”

Projek VatVyf is ‘n aksie vir maatskaplike opheffing van Afrikaners op ‘n wyse wat mense help om hulself te help - om spreekwoordelik te leer om self vis te vang. Die bestuur van Projek VatVyf is te Orania gesetel, waar baie ontwortelde Afrikaners opdaag, dikwels in armoede en moreel verval en waar daar 'n groot behoefte aan maatskaplike opheffing en ekonomiese bemagtiging is.

Projek VatVyf bied die volgende dienste:

  • Bystand aan voorgenome nuwe intrekkers in Orania
  • Christelike leiding om persoonlike identiteit te besef / te ontdek
  • Professionele Bybelse berading 1:1
  • Beroepsvoorligting
  • Ondersteuning m.b.t. tersiêre opleiding - tegnies sowel as akademies
  • Advies en ondersteuning aan entrepreneurs en kleinsake

Die projek het 'n handves waarvolgens dit bedryf word, terwyl dit beskik oor 'n Facebookblad en bankrekening by OSK, die geregistreerde gemeenskapsbank van Orania, wat funksioneer d.m.v. 'n bankrekening by Standard Bank, Hopetown tak.

Projek VatVyf het tans 'n nypende behoefte aan fondse om die ondersteuning wat gebied word, te finansier. Streng boekhouding word gedoen en terugvoering word aan donateurs gegee. Enige persoon of instansie wat Projek VatVyf finansieel of andersins wil ondersteun, kan dr. Johann Dannhauser skakel by 082 773 2150 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Inbetalings vir Projek VatVyf kan soos volg gedoen word:

OSK (die begunstigde)

Standard Bank

Rekening 041 712 617

Verwysing: Projek VatVyf GP092

Inbetalings moet asb. by die kontakbesonderhede hierbo gekommunikeer word.

'n Groep sakemanne vanuit België het Suid-Afrika verlede week besoek om hulself op hoogte te stel van blanke armoede en plaasmoorde. Die groep, wat nie van 'n politieke organisasie is nie, het spontaan besluit om self met 'n bewusmakingsveldtog in Europa te begin oor wat werklik met minderhede in Suid-Afrika aan die gang is en hoe o.m. SEB en ander rassistiese wetgewing blanke Suid-Afrikaners die afgelope 24 jaar in armoede gedompel het en ook hoe plaasboere aangeval en vermoor word.

Die afvaardiging het by die VF Plus in Gauteng kom aanklop, wat hulle toe gaan wys het hoe lyk blanke armoede in die weste van Pretoria, die Meyerton-omgewing asook blanke plakkerskampe aan die Wes-Rand van Gauteng.

Slagoffers wat plaasaanvalle oorleef het in die provinsie, is ook besoek en het slagoffers die afvaardiging meegedeel dat die aanvallers heeltyd woorde aan hul geuiter het soos:  "We are going to kill you! You stole our land! You will be taught a lesson!".

Die besoekers het aangedui dat hulle 'n opvolgbesoek later in die jaar beplan met 'n groter afvaardiging. Die besoek volg ook op besoeke deur die VF Plus die afgelope tyd aan Europa, Amerika en Australië. Vir meer besonderhede, kontak Philip van Staden by 060 556 4347.

 Dit is vanjaar 100 jaar gelede dat CJ Langenhoven Die Stem gedig het, soos dit in daaropvolgende jare in al sy verse voltooi is en deur ML de Villiers getoonset is. As sulks bly dit steeds ‘n literêre en musikale produk van sowel diepe as hoëre kwaliteit, sprekende van die psige van ‘n volk en ‘n kosbare kultuurerfenis. Daarom word dit regmatig gekoester, sonder om afbreuk te doen aan respek vir die huidige amptelike volkslied.

Teen hierdie agtergrond doen Ditsem Nuus in sy Mei 2018 uitgawe ‘n spesiale fokus op die ontstaan, rol en betekenis van Die Stem, ‘n basiese uitleg waarvan ter illustrasie by hierdie skakel besigtig kan word. Vir ‘n kort klank- en visuele beeld van Die Stem, soos geproduseer deur die FAK, kliek op hierdie skakel.

Soos gesien kan word op die uitleg van die fokus, is daar verskillende spasies met pryse van so min as R300 beskikbaar vir instansies en besighede ter ondersteuning van die fokus en waarin hulle hul korporatiewe besonderhede, kontakdetail en kort boodskap kan plaas.

Teen hierdie agtergrond word besighede en instansies wat positief is oor Die Stem as Afrikaner-kultuurerfenis genooi om van hierdie geleentheid gebruik te maak om ‘n spasie in die fokus te neem volgens die grootte en prys van keuse. Indien vir hierdie doel Ditsem Nuus voorsien word van die basiese inligting vir die advertensie, sal die koerant ‘n proef saamstel en voorlê ter finalisering. Alternatiewelik kan drukgereed materiaal in Pdf formaat voorsien word.

As agtergrondsinligting word bevestig dat die gedrukte formaat van Ditsem Nuus as volkleur koerant, in bedryf sedert 2008, gratis versprei word te Kimberley, Bloemfontein en 12 dorpe in die sentrale deel van SA. Die gedrukte formaat van die koerant word ook aanlyn gepubliseer op die webwerf www.ditsem.net, met alle advertensies in die digitale formaat wat elk ‘n interaktiewe skakel het na óf die webwerf of die Facebookblad van die adverteerder.

Voorts stuur Ditsem Nuus ook die elektroniese nuuspakket DitsemBlits uit met sy weeklikse Nuusbrief en daaglikse Nuushooftrekke, terwyl die koerant ‘n uitgebreide Facebookblad gekoppel aan Twitter bedryf, albei wat daagliks opgedateer word.

Dus is Ditsem Nuus 'n onafhanklike Afrkaanse nuusmedium, in gedrukte formaat sowel as met digitale platforms, met nuus wat saakmaak spesifiek vir die Afrikaner. Dit is waarom hierdie fokus op Die Stem dan ook gedoen word en waarom vrymoedigheid geneem word om hierdie ope uitnodiging aan goedgesinde besighede en instansies te rig vir ondersteuning.

Om hierdie fokus op Die Stem te ondersteun, kontak Johann Dannhauser by 082 773 2150 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Nelius Ferreira (37), van die plaas Grootdraai naby Harrismith is aangewys as die Vrystaatse Jongboer van die Jaar. Ferreira stap onder meer weg met ’n oorsese reis danksy Case IH/Northmec en sal ook outomaties aan die Toyota Agri SA nasionale Jongboer van die Jaar kompetisie deelneem.

Ferreira die o.a. op die bestuur van die Eeram boerevereniging en is voorsitter van die Rooivleis Produsente Organisasie in die Vrystaat. Hy boer met stoet- en kommersiële Bonsmara-kuddes, appels en 'n voerkraal en boer reeds 15 jaar as deel van ’n familiebesigheid.

Dit is moontlik dat Afrikaans vir jou belasting kan werk en wel met ’n Artikel 18A- belastingvrystellingssertifikaat vir individue en organisasies wat die FAK se Internasionale Afrikaans-Ekspo finansieel ondersteun. Die FAK sê in 'n mediaverklaring: “Deur jou belasting vir ’n slag Afrikaans te laat praat, help jy nie net om ons Afrikaanse erfenis onder ons jeug te bevorder nie, maar gee die keiser jou boonop belastingafslag daarvoor!”

Kontak Ziegfried van Huyssteen by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. om jou Artikel 18A-belastingvrystellingssertifikaat te kry.

Ditsem Nuus beplan om in die April 2018 uitgawe van die koerant te begin met 'n fokus op ekonomiese bemagtiging van die Afrikaner, met spesifieke verwysing na wedersydse ondersteuning, die bevordering van entrepreneurskap en die handhawing van Afrikaans as besigheidstaal. Gekoppel aan hierdie fokus is die doelwit om 'n databasis van goedgesinde besighede op te bou en hulle te kry om elektronies met mekaar te kommunikeer.

Terselfdertyd is die breër doelwit om 'n kontaklys te vestig van regsinnige en welwillende Afrikaners en wel d.m.v. die uitbreiding van die intekenarelys van DitsemBlits as weeklikse elektroniese nuusbrief met inligting wat saakmaak spesifiek vir die Afrikaner.

Dit is so dat daar reeds georganiseerde pogings bestaan om Afrikaner-sakelui saam te bring op georganiseerde platforms of in sakekamers en die doel van Ditsem Nuus is om op 'n breë front met hierdie persone en instansies saam te werk.

Vir verdere inligting in hierdie verband of vir navrae en voorstelle, kan Johann Dannhauser by Ditsem Nuus geskakel word by 082 773 2150 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Bladsy 1 van 2

VVK2 banier